Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Battlefield 1 – Multiplayer pret vir almal

Kom ek begin sommer deur te sê dat ek nog nie enige van die vorige Battlefield titels gespeel het nie. Dus was ek nie bereid om baie naby aan R1000 te spandeer op ‘n game wanneer ek reeds Star Wars Battlefornt en Halo 5 het nie. Vir my het ek reeds twee van die beste multiplayer shooters  wat daar is in daardie twee titels.

Gelukkig vir my was een van my Xbox vriende gaaf genoeg om vir my sy ekstra digital code wat hy vir Battlefield 1 gehad het, vir my te gee. ‘n Geskenk. Twee ander ouens wat ek ontmoet het via Xbox Live en multiplayer op Halo 5, het gehelp dat ek Battlefield 1 se install met ‘n external hard drive na my Xbox One. Dus spaar ek myself ‘n 50 gig download.

Om Battlefield 1 te koop sal makliker wees

Dankie aan Jake, Heinrich en Duwaine, want Battlefield 1 sou verserker die moeite werd gewees het, al moes ek dit self koop. Dit is nou nog beter, juis omdat dit gratis was.

Kom ek verduidelik.

Die Battlefield 1 Campaign

Die game was vir my scarier as enige ander first person shooter wat afspeel tydens ‘n oorlog tydperk wat ek gespeel het. Battlefield 1 het my net weer herhinder hoe dankbaar ek kan wees dat ek nog nooit betrokke was in enige oorlog nie. Die campaign wat opgedeel is in vyf verskillende chapters, maak dit reg van die begin af duidelik dat daar niks mooi aan oorlog is nie. Tog, met die ongelooflike graphics tydens gameplay kan ek nie anders as om te sê dat Battlefield 1 een van die mooiste games is wat ek al gespeel het. Die cutscenes is goed aanmekaar gesit en help om jou dadelik te laat begin cheer vir die karakter wat jy beheer.

Die campaign is nie net in storm en alles verwoes nie (hoes, hoes, Call of Duty, hoes hoes). Jy sal beter af wees as jy jou tyd vat en dink oor wat jy doen. Daar is selfs ‘n lekker stealth aspek ingebou in die single player campaign in. Die campaign het my vir so ses tot agt ure besig gehou en ek het dit op normal difficulty gespeel. Die campaign is cool, maar waar die aksie regtig lê is in die multiplayer.

Battlefield 1 Multiplayer

Battlefield 1 het ‘n hele paar verskillende game modes. Van tien spelers teen tien spelers in goed soos Team Death Match, tot die epic en mal 32 teen 32 spelers in Conquest. Jy kan ook kies watse klas jy wil speel, elke klas met sy eie voordele en nadele. Persoonlik het ek dadelik gegaan vir Scout, wat eintlik net ‘n ander naam is vir Sniper. Ek speel ook as Medic en soms Assault.

As jy Star Wars Battlefront al gespeel het gaan jy dadelik gelaatstrekke van die game optel in Battlefield 1. Tog wil dit voorkom of DICE bietjie meer werk ingesit het met Battlefield 1. Battlefront is ‘n uitstekende game, maar dit wil voorkom asof Battlefield 1 alles van Battlefront gevat het en dit verbeter het.

Die Scout klas het verskillende rifles om van te kies. Elke rifle is anders in terme van bullet speed, recoil en damage maar elke rifle het ‘n “sweet spot”. Hierdie “sweet spot” is ‘n afstand waarop jy ‘n one shot kill kan kry as jy ‘n torso-shot in kry. Ek speel met die Gewehr 98, en sy “sweet spot” is tussen 80 en 110 meter. Headshots is natuurlik ‘n instant kill, maar jy gaan jou klas en wapen keuse wil leerken en kies wat beste werk vir jou, want elke ou gaan anders speel. As jy ‘n freak is vir data en jy meer wil weet oor elke Sniper rifle se stats, gaan loer hier.

Hier onder is ‘n 30 sekonde video om jou een van my beste Sniper Shots te wys.

Die Conquest mode speel af op massiewe maps waar jy 5-6 verskillende punte moet capture en behou. Die battles is op ‘n epic skaal en dit het aan die begin my nogal oorweldig. Daar is tanks, daar is ouens op perde, daar is vliegtuie en ook al die ander spelers op die grond, dinge raak vinnig mal. Goed ontplof, daar is gas, daar is flamethrowers en skote gaan ooral om jou af. Daar is verseker ‘n learning curve en elke keer as ek Battlefield 1 speel, leer ek iets, en ek speel nou al vir meer as ‘n week.

Battlefield 1 is meer pret saam met vriende

Ek het natuurlik saam met my Amerikaanse vriende gespeel, maar dit was nie lank nie toe speel ek saam met GoldenArno. Battlefield 1 is moerse baie pret as jy in ‘n squad speel saam met jou vriende, veral as ons met mekaar kan praat in Afrikaans. GoldenArno het my ‘n hele paar tips gegee vir Scout speel en dit het dadelik vir my duidelik geword dat Battlefield baie meer geooreenteerd is na spanwerk as wat ander first person shooters is (hoes hoes, Call of Duty, hoes hoes).

Ons gaan binnekort bietjie squads bymekaar kry om saam Battlefield 1 te speel. So hou ‘n ogie op Xbox South Africa Club, ons Twitter en gaan like die Xbox South Africa Club Facebook page as jy saam wil speel in ons squad. Afrikaans en Engels is welkom, maar een ding is verseker: Battlefield 1 is baie meer pret as jy saam met vriende speel. Dit is ook lekker om Afrikaans te hoor op WW1 battlefields.

Is Battlefield 1 die kopie werd?

Verseker. Battlefield 1 is nie een van die goedkoopste games nie, maar dit is die prys werd, veral as jy gaan speel saam met vriende. Jy kan die game for free try as jy EA Access het, of jy kan dit direk van die Xbox Store af koop, waar dit tans die goedkoopste is. Maar hou maar ‘n ogie op CDkeys.com ook, want jy mag dit dalk daar ook kan kry vir ‘n goeie prys.

As jy saam ons wil speel op Xbox One, los asb ‘n comment hier onder met jou gamertag. Ons gaan binnekort ‘n speel datum organise om bietjie saam te speel, en the more the merrier. My gamer tag is StixGevaaalik as jy my wil add ook, maar as jy belangstel om saam ons te speel, laat weet my net sodat ek jou kan laat weet wanneer ons gaan speel.

Battlefield 1 is baie beter as wat ek verwag het, en al suck ek daarmee tans, is dit nogsteeds moer lekker om te speel. Die graphics en game play is ongelooflik goed en ek kan sien dat ek nog baie ure in die game in gaan sit. Sien jou op die battlefield van Battlefield 1 op Xbox One.

You may also like...

4 Responses

  1. January 4, 2017

    […] jy al Battlefield 1 gespeel? Hier is so paar redes hoekom jy Battlefield 1 gaan wil speel, en hoe jy saam ons kan […]

  2. January 11, 2017

    […] Battlefield 1 is belaglik baie pret, veral as jy saam met jou vriende die Multiplayer begin speel. Veral as jy ‘n vol squad van 5 ouens het saam met wie jy kan speel, raak dinge baie fun. Maar, net soos met enige goeie game is daar ‘n learning curve in Battlefield 1 wat kan veroorsaak dat jy tou opgooi voordat jy die game regtig kan begin geniet. […]

  3. February 21, 2017

    […] 1 is een van die coolste FPS games wat ek al gespeel het. Ek praat baie daaroor in hierdie post. Maar soos met meeste online multiplayer ervarings sukkel ons in Suid-Africa met lag. Maar vandag […]

  4. April 6, 2017

    […] ding wat ek nou al agtergekom het deur die laaste paar maande se speel van Battlefield 1 is dat daar baie ander Afrikaanse ouens (en seker vrouens ook) wat Battlefield 1 speel. Veral […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *