Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

South African Halo League – Logistics van mense se lewe buite Halo

Halo 5 Carnage Report StixGevaaalik

In die Bronze rank het dit soms goed gegaan met my

Ek is nou al vir so paar weke deel van die Halo South Africa 4v4 random League. Dit is ‘n game wat ek sowat 2 maande gelede begin speel het en nou is ek deel van ‘n span van vier wat probeer om ander spanne se gatte te skop. Wat kan meer fun wees as games speel en moontlik so paar Rand wen aan die einde?

https://youtu.be/Ry6ifVP05qk

 

As dit maar net so maklik was soos games speel

Eerstens Halo speel is nie maklik nie. Dit vat oefening, ure se speel en daar is altyd iemand daar buite wat beter is as jy. Veral as jy op my vlak is, waar my gat konstant geskop word deur ouens wat net beter is as ek.

Die ander groot probleem is om albei spanne bymekaar te kry om te kan speel. Ja, danksy Xbox Live kan elke een van ons gemaklik by ons eie huis sit en teen mekaar Halo speel, maar ongelukkig is dit nie altyd so maklik nie. Sover is die grootste probleem om jou hele span en die hele ander span te kry om saam te besluit op ‘n tyd om teen mekaar te speel. Ek moes byvoorbeeld ons eerste match mis omdat ek Iron Maiden gaan kyk het.

Ons tweede match kon ons span kaptein dit nie maak nie, want hy skryf eksamen. Judgements Oath is nie net ons kaptein en beste speler nie, hy is ook 13 jaar oud. Nie te min kon ons ‘n plaasvervanger vind vir hom en het ons, die Super Slayers, ons tweede match gespeel en gewen, 3-1 teen Team Sharp. Dus was ons opgewonde om die volgende week teen Team Cephas te speel.

Na heelwat heen en weer om ‘n tyd te kry wat vir al die spelers van elke span werk, het Team Cephas ontrek uit die tournament. Dit beteken ons span wen automaties oor die ander span forfeit, maar dit beteken ook dat ons nie kon speel teen ‘n ander span nie. Dus het ons toe op die ou einde besluit om maar net bietjie saam te oefen as span.

Dit gaan al beter met die Halo speel

Halo 5 wanneer dit nie so sleg gaan nie

So af en toe het ek selfs die meeste kills en die minste deaths gekry

Ek suig nogsteeds. Ek is redelik seker dat ek die swakste speler in my span is, maar my rank vir die nuwe maand is Silver, en laasmaand was dit Bronze in albei Slayer (Team Deathmatch) en Team Arena (elke match is ‘n ander tipe). Ek sukkel nou weer so bietjie in Silver rank, maar dit voel asof ek beter raak. In Bronze kry ek gereëld die meeste kills in my random span, so Silver is die plek waar ek moet speel as ek nog beter wil raak.

Komende naweek speel ons teen Team Pupsky. Ek sien uit daarna om weer te sien hoe ek en my span opmeet teen ‘n ander span Suid-Afrikaners. Ek probeer om elke dag ‘n match of twee in te kry en het twee van my vriende oortuig om ook vir hulle Halo 5: Guardians te koop. My vriend Jacques het actually van my gameplay videos gesien (elke video in die post is ek wat speel) en besluit hy wil ook in op die Halo-aksie.

Vir nou maak ek maar videos wanneer ek iets cool regkry of iets gebeur wat my laat lag, soos die “elevator reversal” wat ek op die ou getrek het hier onder. Ek dink ek gaan ook nou maar begin om van die meer patetiese maniere hoe ek vrek te upload na YouTube. Die Xbox One maak dit so maklik om te doen in elk geval.

https://youtu.be/ppjX7VWwcZU

Is jy op Xbox Live?

As jy op Xbox Live is, laat weet bietjie sodat ons teen mekaar kan begin games speel. My gamertag is StixGevaaalik, so add my gerus. Miskien kan ons ‘n game inwerk hier en daar, alles van Fifa 16 tot by Halo 5. Miskien organise ons ‘n dag wanneer ons julle almal bymekaar kry om so bietjie te kom games speel en bier drink. Who knows? Andersins los jou gamertag in die comments en ek sal jou add.

https://youtu.be/ikqB9i95XBE

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *