Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Slagveld in Battlefield 1 – Stream

Een ding wat ek nou al agtergekom het deur die laaste paar maande se speel van Battlefield 1 is dat daar baie ander Afrikaanse ouens (en seker vrouens ook) wat Battlefield 1 speel. Veral sedert ek op die Suid-Afrikaanse servers kan speel, sien ek baie dieselfde gamertags wat op-pop in my kill feed: BrakpanTaliban, Nova Frizz, Baas Roux, RegmaakerZA, CptJackZA, Webbsplash18 (Jy sien hom in die video hier onder), RagingInfernoZA.

‘n Paar keer nou al het ek ouens hoor Afrikaans praat in die squads waar ek land ook. Afrikaans op die battlefields van die Eerste Wêreldoorlog is vir my baie snaaks. Afrikaans is maar net ‘n baie beskrywende en soms grafiese taal, en Battlefield 1 is vol oomblik wat baie snaaks kan wees. Dus gaan ek my bes probeer om moreaand 20:00 (CAT) ‘n Afrikaanse stream te doen terwyl ek Battlefield 1 speel.

Wat kan jy verwag om te sien op Slagveld in Battlefield 1?

Presies soos die naam voorstel, gaan jy ‘n slagting sien. In baie gevalle gaan daardie slagting wees van my, wat oor en oor vermoor word. Dan natuurlik ek wat ook kopskote uitdeel, en my teenstanders verkleineer en bespot, in Afrikaans. Natuurlik sal jy ook hoor hoe ek vloek wanneer ek vir die 6de keer deur dieselfde sniper geskiet word.

20:00 begin sluit ek aan by een van die Suid-Afrikaanse Conquest servers, en ek dink ons gaan sommer dadelik begin moet bietjie Assault speel. As die Assault class hou ek van vyande se voertuie probeer opblaas, en ook die jag van snipers. Vir die eerste “Slagveld in Battlefield 1” dink ek gaan ons maar net 2 conquest matches deur werk, wat ons min of meer sal inbring naby aan ‘n uur se game-play. Ek sal ook Medic speel, sodat jy kan sien hoe jy nie moet Medic speel nie.

Waar kyk jy ‘Slagveld in Battlefield 1’?

Beam bra, jy kyk ‘Slagveld in Battlefield 1’ op my Beam channel, wat splinter nuut is. Met ander woorde jy kan dit kyk op jou rekenaar, tablet of foon, maak nie saak waar jy is nie. En as jy intune sal ek jou sê hoe jy ‘n gevaaalik.com T-shirt kan wen. Luuks!

Hier onder is ‘n klein promo video, net om jou ‘n indee te gee van wat jy kan verwag. Sien julle op die Slagveld.

You may also like...

3 Responses

  1. Webbsplash18 says:

    Kills is maklik om te maak as jy wegkryp van die fight..
    Silence hou beslis ons oë oop vir jou, verwag n hele paar tbags
    😉👌

  1. April 6, 2017

    […] Hier is ‘n klein promo van die eerste ‘Slagveld in Battlefield 1″ wat vanaand gebeur op my Beam channel. Meer info hier: Slagveld in Battlefield 1 – Stream […]

  2. April 30, 2017

    […] dit koop. Die nuwe Call of Duty gaan weer terug in tyd na die Tweede Wêreldoorlog en ek vermoed Battlefield 1 se moerse sukses het dalk iets daarmee uit te waai. Die trailer is laasweek Woensdag losgelaat en […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *