Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Amazon Prime Air – By jou deur in 30 minute

Wel, nie JOU deur nie. Jy is Afrikaans en dus is jy mostlikely besig om die te lees vanuit Suid-Afrika. Maar Amazon reken oor 5 jaar gaan Amazon Prime Air die in ding wees en jy gaan jou inkopies by jou voordeur kan kry binne 30 minute van jou bestelling plaas. Danksy ‘n fleet of drones wat die aflewerings sal maak. Jou pakkie moet wel nie meer as 2.5kg weeg nie, blykbaar weeg 86% van Amazon se pakkies in die gewigklas. En jy moet binne 10 myl van ‘n Amazon fulfillment center bly. Die is hoe die Matrix begin is dit nie; Vandag lewer hulle jou Playstation Games af, more vermoor hulle jou in jou slaap.

Amazon-Prime-air-drones-650x355

Daar is obviously nog ‘n hele paar safety goed wat uitgesort moet word. ‘n Hele spul drones wat eweskielik begin rond vlieg om Amazon pakkies af te lewer kan duidelik verkeerd gaan op ‘n verskeidenheid maniere. Jy kan sien in die video hier onder dat die drones nogal groot is en ek dink as hy jou volspoed in die gesig tref, gaan dit fokken seer wees. Amazon Prime Air is dus nog so paar jaar weg, veral vir die van ons hier in donker Afrika. Wie weet, miskien volg kalahari.com suit. Dit sal great wees, om op kalahari.com te koop is soveel gemakliker en beter as na ‘n mall toe te moet gaan.

Onthou as jy ‘n link op gevaaalik.com gebruik om iets te koop by kalahari.com, dan kry ons so paar sent. Baie dankie vir jou ondersteuning.

You may also like...

3 Responses

  1. AndreTheGreat says:

    Bliksem, ek sal die cheapste ding op Amazon order net om bietjie kleiduif te kan skiet.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @AndreTheGreat: Hahaha Andre, dankie. Jy het my nou lekker laat lag.

  3. Die M-Been says:

    Andre is die rede dat ons nie nice goed kan hê nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *