Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Rugby: Die dans van die gespierde ballerina

Rugby is sekerlik Suid-Afrika se bekendste sport. Die harde game waar 30 volwasse mans vreeslik baie aan mekaar vat en nie altyd op die gemaklike manier vat, soos ‘n high-five, nie.

I don’t understand what the fuck is going on there, but it’s crazy and a fucking hard game – Joe Rogan

Ek het my belangstelling in rugby verloor. Nie oor die sport nie, meestal oor die onnosel massas kommin ondersteuners. Loftus het veroorsaak dat ek nie meer rugby kyk nie. Nie die stadion self nie, maar die gemors wat soms daar uithang. En voor daar nou weer vir my gesê word ek veralgemeen; ek weet nie almal wat Loftus toe gaan is kommin nie. Net soos nie almal op Newlands fokken lanie Kaap dose is nie. Maar die kommin wat wel by Loftus uithang het my weg gedryf van rugby.

Maar ek het ‘n teorie oor hoekom so baie dose hou van rugby. Pent-up homosexuality. Wees eerlik, daar is baie mans in rugby en hulle stoei en vat konstant aan mekaar. Teoreties* kan dit wees dat die dose wat van rugby hou dose is omdat hulle nog hule hele lewe lank moet weg steek dat hulle hou van penis. Dus is rugby die beste manier vir die dose om daardie gevoelens uit te kry op ‘n agresiewe manier. Hoe meer jy van rugby hou, hoe hoër raak die trappe ook: ‘n Doos wat byvoorbeeld rugby speel hou duidelik meer daarvan om aan ander mans te vat as ‘n doos toeskouer.

rugby

Na ek ophou rugby kyk het, het ek gegaan vir ‘n sport waar ouens ook baie aan mekaar vat, maar met hul vuiste, elmboë of enige ander harde deel van hul liggaam. (Seker alles behalwe ‘n harde penis) MMA en meer spesifiek die UFC. Toe ek begin UFC kyk het, het ek nie een van die fighters geken nie. Ek ken nou nog ‘n baie klein hoeveelheid van hulle. Omdat ek nie die fighters geken het nie, het ek nie kante gekies nie. Ek hoop nie dat iemand spesifiek sal wen nie.

Dit is toe dat ek besef het hoe onnosel dit is om kwaad te raak oor iets wat jy absoluut geen beheer oor het nie. Ek as toeskouer het geen beheer oor of ‘n ou ‘n fight gaan wen of nie. Net soos jy as toeskouer geen beheer het oor of die Bloubulle se gat geskop gaan word of nie.

Jy het ook geen beheer oor watter spelers in die *Enige span se naam hier* span gaan wees nie. Daarom maak dit geen sin om kwaad te raak oor Zane Kirchner in die Springbok span was van Saterdag nie. En van wat ek hoor gaan hy seker nou vir nog ‘n rukkie in die span wees. En raai wat? Jy kan niks daaroor doen nie. Net Zane en die coaching staff het beheer daaroor. So ontspan jou tietspiere. Of staan hulle so van die steroids?

In alle ernstigheid, ek het niks teen enige persoon wat rugby kyk of speel nie, veral nie Eben Etzebeth nie. Rugby is net nie vir my nie. Dit is goed om dinge in jou lewe te hê waaroor jy opgewonde raak, en as rugby een van daardie dinge is dan is dit great. Hierdie is net wat gebeur as iemand jou vra op Twitter om te verduidelik hoe jy oor rugby voel. Klomp eenvoudige grappe.

As jy nou kwaad is vir my, kom ons drink eerder ‘n dop saam. Cheers. Op die Springbokke, ons land en ons gesondheid!

*Die term “teoreties” word baie los hier gebruik.

You may also like...

19 Responses

  1. pisgesig says:

    Jy kan dieselfde argument gebruik om te sê cage fighters is closet homosexuals. 80% van die tyd rol hulle styf teen mekaar op die grond rond, of mount mekaar – die vuis slanery en geskop hou net vir ‘n klein rukkie. Buiten dit dink ek jy sal skrik as jy die kommin vlakke van ondersteuners by ‘n cage fight ervaar.

  2. Andre says:

    Stem saam met @pisgesig. Daar is baie kommin ondersteuners in rugby maar net so baie ‘Tapout’ poese. En die homo ding is ‘n dom argument, want in rugby gaan dit oor brute krag en jou oposisie wys hoe hard jy hom kan opfok. Dit gaan nie oor aan sy ballas vat nie.

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig en Andre: Ek het nie gedink ek sal die hoef uit te wys nie, maar here goes: Ek besef heeltemal dat MMA ouens aan mekaar vat en dat die toeskouers daar ook lekker kommin kan wees. Dus dryf ek met myself die spot terwyl ek spot met rugby. You see what I did there?

  4. LongPig says:

    Goeie artikel Ruan.

  5. Eenhond says:

    Die stuk is sekerlik geskryf om bietjie reaksie te lok en te redeneer, so ek sal my 5c ook hier ingooi.
    Ek is ‘n rugby supporter en stem nogal saam oor die Loftus crowd, ek sien dit dat Loftus nou maar net meer kommin supporters het as ander.
    En dan oor die gay aspek sou het ek ook al gewonder hoekom hulle mekaar altyd so op die gatte klap as iemand iets goed gedoen het…toe kom dit vir my neer op dat die ouens is so te se heel jaar lank as groep ouens bymekaar en is sekerlik soos ‘n klomp broers en familie. Die dat hulle so gemaklik is met mekaar.
    En die punt van dat ons geen beheer het oor sport nie is reg, maar daar is niks lekkerder as om voor of na ‘n game te stry en te baklei met “rugby kenners” vriende oor wie in die span moet wees en wie is goed en wie is kak nie. Sport gaan afterall oor passie en dis die rede hoekom ons opgewerk word as dinge nie ons way gaan nie.
    Ek geniet Heyneke se passie in die coaches box

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @LongPig: Dankie

  7. Ruan Stix Fourie says:

    @Eenhond: Dankie vir jou 5c, ons waardeer dit as mense die tyd vat om te comment op enige van ons artikels. Nie net die wat so bietjie uitloklik is nie. Soos ek sê in die stuk, ek kan verstaan hoekom mense van rugby hou, dit is net nie vir my nie.

  8. phil says:

    Die rede hoekom dit vir my lekker is om rugby te kyk is om die ouens se vaardigheid en spoed te bewonder, want dis darem lekker om te sien hoe Willie le Roux die hele agterlyn flous en onder die pale gaan druk. En ek reken dis dieselfde met MMA, die ounes se spoed en krag is net ongelooflik. As jy so daaraan dink dan maak dit nie saak wie wen nie, solank daar net goeie rugby gespeel word.

  9. pisgesig says:

    In verband met Loftus : sure daar is baie kommin people, maar c’mon, daar is verskillende vorms van common. Op Nuweland “boo” die tandlose skare soms hulle eie span(altyd die ander span) en dis natuurlik die home van die cape-crusaders. By die shark tank is iemand ‘n ruk terug dood gemoer(dis sad).

    Lees hierdie bit uit ‘n sport24 artikel, en sê dan vir my die Loftus crowd is kommin (http://www.sport24.co.za/MySport24/Cape-Crusaders-lack-class-20130402):

    “The off-field antics of the so-called ‘Cape Crusaders’ fans has again come under scrutiny following allegations of behaviour contrary to the spirit of the game.

    This follows other incidences such as the death of a fan outside the Shark Tank and a violent fan fight inside the Nelson Mandela Bay Stadium.

    The Western Province Rugby Union (WPRU) has begun an investigation into alleged incidents of bad behaviour by spectators at Newlands during the Stormers’ Super Rugby defeat to the Crusaders last Saturday.

    Rob Wagner, WP Rugby’s managing director, issued an apology for the bad behaviour of a segment of the crowd at Newlands and vowed to conduct an investigation into ensuring that those at fault were in future prevented from ruining the match-day enjoyment of others.”

  10. Andre says:

    @Eenhond het dit perfek opgesom. Puik!

  11. RocketLiu says:

    Dankie stix vir die artikel, dankie pisgesig jou bloubul pantie steek uit en dis duidelik in jou huis sal niemand vir die wp skree nie, en laaste dankie een hond vir jou eerlike antwoord.

    Well hier is my 2c.Vir die van julle wat nog bietjie nat agter die ore is en nooit bevoreg genoeg was om rofstoei ( mma vir daai tyd ) in die skilpad saal te gekyk het nie en vir oorle jan wilkenson te skree nie en al die ou tannies sien bossies gaan nie, of ‘n EFC Africa fight by tegewoon het ( fokkit maar dis ‘n duur uitstappie ) en wonder wat is die verskil ? Fokkol! Tappits, half kaal mal vrouens ens ens ens een en die selde.

    Nou vir die Rugby, Loftus 1980’s Loftus 2010 ens enigste verskil is Naas sit nou in die super sport ateljee en jy mag nie meer rook nie. Maar die die toeskouers is nog die selfde, my pa het drank ingesmokkel, ek doen en my laaities sal seker ook.

    My punt is dit hoe meer dinge verander hoe meer bly dit die selfde, die ouens sal altyd aan mekaar vat moffie of te nie, dit gaan oor die spangees en kamaraad skap en dit is iets wat jy nooit van sport sal kan weg vat nie, en ons as toeskouers wil ons self soos moegoes gedra want al die stress van die week is vir daai halwe dag vergete.

    En ja, die stadion of die sport maak nie saak nie want dis orals die selfde!

  1. October 28, 2013

    […] is Maandag. Ek hoor mense huil oor die rugby van die naweek. Die trane rol. Gelukkigis die Random Gevaaalikhede hier om jou beter te laat voel […]

  2. March 6, 2014

    […] vir die onnoselheid. Ross Samson, ‘n Ierse rugby speller (wie sou nou kon dink dat ‘n slimkop rugby speler die eerste onosel NekNomination sou gemaak het?), was die eerste persoon om ‘n NekNomination op […]

  3. April 6, 2014

    […] Rugby: Die dans van die gespierde ballerina […]

  4. March 16, 2015

    […] Dankie aan Anton vir die een. Dit is blykbaar die Highlanders se mascot wat wys wat hy gedink het van 'n Warathas drie in die naweek se Super Rugby. […]

  5. March 30, 2015

    […] En hier dink ons nog heeltyd die kommin move kom net voor in Suid-Afrika se rugby-scene. […]

  6. August 11, 2015

    […] Springbok-trui skeer van die woede wat jy tans teenoor my voel, ek trek net jou been. Jy mag maar die dans van die gespierde ballerina geniet, moet net nie dink almal neem dit so ernstig op soos jy […]

  7. September 1, 2015

    […] jou average balskopper. Soos meeste van die Afrikaner kultuur se beroemde mans kom Derick van die rugby wêreld af. ‘n Klein stappie bo die manne wat beroemd is vir Afrikaans-pop treffers, maar steeds laer […]

  8. May 11, 2017

    […] seuns word deur simpel kinders gespot omdat hulle klavier of skaak speel en dalk niks van iets soos rugby hou nie.’ Dit was asof Gretha Wiid soos ‘n feeks op my skouer gesit het en reguit met […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *