Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Gretha Wiid troll: “Skaak en klavier het my gay gemaak.”

“Dat ek so blind was dat ek self dit nie kon sien nie. Die duiwel se ballas het seker vir jare in my oë gehang. Natuurlik het skaak en klavier my gay gemaak.” So sê Dick Felt, die 34 jarige Pretoriase man wat uit die kas gekom het as die Gretha Wiid troll, net bekend onder die skuilnaam “Mr Butt”.

Vir die laaste 34 jaar was Dick Felt onder die indruk dat sy sekuele oortuiging iets was wat hy nie gekies het nie. In teendeel, dit is net hoe hy is.

“Ek was vir 34 jaar gay. Eintlik, om meer presies te wees, 12501 dae lank het ek gedink ek was gay. Totdat ek per ongeluk Gretha Wiid se boek gelees het.”

“Ek het nog nooit van Gretha Wiid gehou nie,” verduidelik Dick.

Van Gretha Wiid troll to hoopvolle dissipel

Dick Felt het altyd gedink Gretha Wiid is net een van daardie mense wat verskonings maak om gay mense te verdoem. In sy ondervinding is dit net mense wat fantasieë het oor homoseksuele seks wat voorgee dat hulle ‘n probleem het met homosekuele mense.

“Dit is baie soos daardie Joe Rogan grappie: ‘There are two reasons to hate gay marriage: Either you’re dumb, or you’re secretly worried that dicks are delicious,'” lag Dick Felt.

Dit alles het verander toe Dick per ongeluk twee dae gelede ‘n bladsy van Gretha Wiid se boek gelees het. Die huis se ligte het almal op een slag aangegaan. “Ek weet nie wat die fok Eskom gedoen het nie, maar toe moes ek eers al die ligte behalwe my leesliggie gaan afsit om elektisiteit te spaar. Daarna kon ek eers die bladsy uit Gretha se boek lees. Eintlik het ek gedink dit is ‘n foto van ‘n blad uit ‘n Mills & Boon-roman wat ‘n vriend vir my gestuur het. Ons lag atyd lekker vir daardie ‘nat kwak’-boeke.”

“Ek het amper weer op die internet gespring om vir Gretha te gaan vertel om in haar doos in te vlieg, en toe lees ek dit: ‘Ander seuns word deur simpel kinders gespot omdat hulle klavier of skaak speel en dalk niks van iets soos rugby hou nie.’ Dit was asof Gretha Wiid soos ‘n feeks op my skouer gesit het en reguit met my gepraat het.

Die foto van die blad uit ‘n Gretha Wiid boek gestuur aan Dick Felt deur ‘n vriend

Ek het as kind skaak gespeel teen my pa, en my ma het my leer klavierspeel. Ek het wel van rugby gehou, so daar val Gretha bietjie van die wa af. Was altyd so lekker om aan gevat te word deur ander ouens in die scrums of losgemaal. Die sweterigheid, die spiere, die kort broekies… Duidelik was ek gay oor ek blootgestel is aan skaak en klavier van so ‘n jong ouderdom af.”

Gretha Wiid verdoem gay mense

Vir jare het Felt vir Gretha Wiid oor die internet bespot onder die skuilnaam “Mr Butt”. Met programme soos Photoshop het Felt komieklike foto’s gemaak om aandag te rig op die haat wat Wiid met haar “preke” versprei.

Gretha Wiid meme

‘n Voorbeeld van “Mr. Butt” se handewerk om vir Gretha Wiid te troll op doe internet

“Ek was onder die indruk dat die belangrikste ding as mens nog altyd was om nice te wees. Om ander mense te behandel soos wat jy self behandel wil word. Reël nommer 1 is ‘be lekker, don’t be a doos’. Nou weet ek dat dit net die skaak en die klavier was wat met my kop gesmokkel het.”

Nou hoop Felt dat hy toegang sal kan kry tot Gretha Wiid sodat hy meer tyd saam met haar kan spandeer, en sodoende sy skaak- en klavierdemone kan oorwin.

Sielkundige sê dit is projektering

Felt het selfs na ‘n profesisionele sielkundige gegaan, “net om seker te maak.”

Dr. Hugh Hung kon nie fout vind met Dick Felt nie. “Sover ek kan aflei is daar geen fout met mnr. Felt se psige nie. Hy is volgens elke toets wat ek gedoen het ‘n 100% normale man, net soos enige ander man.”

Dr. Hung haal ‘n stukkie haal aan uit Gretha Wiid se boek wat Felt per ongeluk gelees het:

Vrouens wat as kinders gemollesteer of verkrag is, sukkel dikwels met seks en liefde wanneer hulle getroud is.

“Ek dink wat ons hier mee te doen het is die klassieke voorbeeld van projektering, waar ‘n individu se eie innerlike struweling voorendag gebring word deur daardie probleme in ander te probeer uitwys wanneer daar eintlik geensins so ‘n probleem is nie.”

Felt was nie oortuig nie. “Ek weet nie waarvan praat dr. Hung nie. Ek is ‘n man, nie ‘n vrou nie. Hoekom sal ek nou ‘n professional glo as ek vir Gretha Wiid het?”

You may also like...

11 Responses

  1. LekkerLekker says:

    My jirre!! 😛

  2. Eenhond says:

    Gretha Wiid, die vrou wat haar christenskap gebruik het om skenkings te kry sodat hulle ñ wildsplaas kan koop! En dan kan sy en haar man huwelikseminare en bachelors aanbied. Ek wonder of sy vir daai suiplappe gaan preek as daar bachelors gehou word. Daai stuk uit haar boek is die swakste skryfwerk wat ek in ñ langtyd gesien het. Not a fan van die Wiid

  3. Roelien says:

    Moet nie julle laat flous met hierdie siek artikel nie want as julle kyk onder die opskrif staan daar ‘satire’ wat beteken dit is alles net klug !!

  4. P Visser says:

    Geslepe, onkundige en erg gefrustreerde indivudu, die Wiid vroumens! Sy maak BAIE mans naar – Gay en Straight

  5. dennis says:

    nog nout sulke kak gekoor of gelees nie sy is seker i lesbian

  6. Anne van Graan says:

    My opinion. Analysing Gratha Wiid’s childhood reveals to me she had at least 5 male rejections and therefore became a Lesbian. Her husband is still rejected by many in the church. The two have, in my opinion, really ugly souls. In my opinion both serve a dark purpose. It appears that Gratha has suffered more as a child than her husband, as she practices the act of Lesbianism (very evil stuff according to Leviticus). Neither will be saved and everyone connected to them will be cast into darkness, according to the bible.

  7. Linda says:

    God has a soft spot for sinners

  8. wayne says:

    Hier gaan ek opstaan vir gretha wiid julle mense lees en hoor wat julle wil julle kies om die sleg in haar woorde te vind waar sy ons meer bewus maak van hoe lelik die wereld kan wees dit maaki saak wie jy lief het nie of dit nou die selle geslag is of nie liefde is liefde in die here se oe sy probeer julle mense net laat sien hoe wreed die wereld is en julle oe oop maak maar julle mense wys self hoe wreed die wereld is . ek dink dis n goeie ding dat sy famielies kan help wat sukkel daar mee om n beter verhouding met mekaar tekan he maaki saak wie hulle lief het nie . goeie werk gretha en dankie dat jy ons oe oop maak en famielies help om beter teverstaan

  9. Ruan Stix Fourie says:

    @wayne: Is jy gerook? Getha sê dat mense wat saam dieselfde geslag slaap of met dieselfde geslag trou gaan brand in die hel. Sy verdoem hulle. Jy kan dit maar “tussen die lyne lees” noem as jy wil, dit verander nie aan die feit van die saak nie.

    Then again, jou hele comment bestaan uit drie sinne en laerskoolkind standaard taalgebruik, so ek verwag nie veel van jou in terme van lees tussen enige lyne nie. Plus, hierdie stukkie is satire. Google dit.

  1. May 12, 2017

    […] Gretha Wiid is ‘n belaglike ding. Die stukkie wat die spot dryf met haar het gister geland op gevaaalik.com en meer as 2000 mense het dit al reeds gelees. […]

  2. June 1, 2017

    […] vat van mense wat nie eers weet hoe om Google te gebruik nie. Nou sit ek met ‘n voël wat net Gretha Wiid sal wil […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *