Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Hoe jy en jou vriende moet bet op Khabib vs. McGregor

Ek is opgewonde om die Khabib vs McGregor Fight te sien. Ek en ‘n paar vriende gaan bymekaar kom om die fight te kyk die naweek, 02:00 Sondag oggend. Ek het nie ‘n favourite nie. Ek wil meestal net ‘n paar goeie fights sien saam met my vriende. Tog het ek besluit om dinge bietjie meer interesant te maak deur ‘n paar bets te speel. Nou kyk, daar is baie opsies, en almal van hulle kan tien teen een horribly verkeerd gaan en dan verloor ek al my geld. Maar wat is R50 of R100 deesdae? Hel, miskien kan ek darem daardie R100 in ‘n tank of twee petrol vir my kar verander en bietjie pret hê op dieselfde tyd.

Moet nie geld bet wat jy nie kan bekostig om te verloor nie!

Maak R100 ‘n tank petrol met Khabib Nurmagomedov vs Conor McGregor

Hier is die catch, niemand kan jou sê hoe om te bet nie en jy gaan self moet besluit. Ek weet nie eers wie gaan wen tussen Khabib en Mcgregor nie. Khabib is ‘n monster stoeier, maar Conor McGregor gaan nie sommer net toelaat dat die fight grond toe gaan nie. So wie gaan wen? Die odds staan tans op 1.53 vir Khabib om te wen, en 2.25 vir McGregor om te wen. Dus gaan ‘n straight bet op enige een van die twee jou nie naby die prys van ‘n tank petrol kry nie. Jy gaan moet multiples bet. As jy en jou vriende swak harte het, stel ek voor hulle sit die een uit want mense gaan opgewonde raak!

Hier is drie verskillende multiple bets wat ek vir myself bymekaar gesit het. Kyk na hulle, en dan sal jy vinnig sien jy kan self ‘n baie beter bet plaas. Elke vriend kan sy eie bet plaas en dan gaan die naweek se sport mal gaan. WhatsApp group vol grappe en vir mekaar lag, hier kom ons.

Hier kom die bokke bet

Die Springbokke het nou die dag weer die hele Suid-Afrika op die punte van hul stoele gehad toe hulle Nieu-Seeland gewen het. Ja, almal wat dit gekyk het sê dit was bietjie te close vir comfort, maar ‘n wen is ‘n wen. Miskien is dit nuwe coach confidence, miskien is die Springbokke oppad om weer die beste Rugby Union span te word in die wêreld. Miskien het die bokke die selfvertroue na die wen twee weke gelede dat hulle dit nou weer kan doen. Die odds vir die Springbokke om te wen is 4.62*.

Dit saam met ‘n bet op Conor Mcgregor om te wen, en Argentinië om die Ausies te knak en jy kyk na ‘n wen van R1819.00. Dit verander R100 skielink in bietjie meer as net een tank petrol.

Die Kiwislaai bet

Die Kiwis is nou al vir jare dood eenvoudig die beste rugby span in die wêreld. Ja, hulle het nie noodwendig dit altyd gewys in die wêreldbekers nie, maar kyk maar na hulle toets geskiedenis en jy sal sien hoekom hulle beskou word as die beste. Toe hulle verloor het teen die Bokke so paar weke gelede was dit naby en as jy gaan bloot op geskiedenis dan lyk dit asof die Kiwis die week kan wen. Ja, die odds op die Kiwis om te wen is 1.18*.

Hierdie sal deur baie mense as die veiliger bet gesien word, maar wat gaan jy regtig vir die Kiwis skreeu? En dan wen jy nie regtig genoeg geld vir ‘n tank petrol nie. Veral nie na hoe die prys gister opgegaan het nie.

Khabib maak ‘n koeksister bet

Jy is een van daardie ouens wat net nie hou van Conor McGregor nie, vir dieselfde rede as wat jy vir Floyd Mayweather nie like nie. Jy wil sien hoe die windgat verloor. Jy weet dat Khabib vir Conor gaan grond toe vat en ‘n koeksuster maak van hom. Nie net gaan Conor soos ‘n koeksuster lyk nie, maar Khabib gaan hom nog moer ook tussen in. Conor McGregor is nie goed op die grond nie, en Khabib is seker die taaiste match-up wat McGregor kon kry.

As jy dink Khabib gaan vir McGregor wen, dan is hierdie die bet vir jou. As die Bokke ook wen, en Argentinië klap die Ausies dan gaan jy ‘n baie lekker naweek hê. Plus R1237.00 se petrolgeld in jou sak.

Wie dink jy gaan wen?

Het jy en jou vriende bets met mekaar? Gaan julle braai vir die rugby of die Khabib vs McGregor fight? Wie dink jy gaan wen? Laat weet my in die comments. Ek het geen idee wie gaan die fight wen nie, maar vir een of ander rede leun ek na Conor McGregor toe. Dit gaan mal wees, en maak nie saak wat gebeur nie.

*Alle odss is van wanneer die navorsing goed is vir my eie bet. Odds kan enige tyd verander, veral in die laaste week soos die fight of game nader kom.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *