Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

NekNominations: Die is hoe ons idiote uit die gene pool haal

Die internet is vol goed wat so onnosel is jy kan nie verstaan hoekom dit ‘n ding geword het in die eerste plek nie. Onthou jy planking, owling, of twerking? Wel die nuutste skaap op die wa is NekNominations.

NekNominations het volgens baie mense ontstaan in Australia, maar dit is nie waar die onnoselheid begin het nie. Die gier om drank op die manier in te neem en dan iets simpel te doen moes begin het iewers waar drank ‘n deeply ingrained deel van die samelewing is. Iewers waar alkolisme meer algemeen is karre. Ek weet wat jy dink: SUID-AFRIKA! Maar Ierland is verantwoordelik vir die onnoselheid. Ross Samson, ‘n Ierse rugby speller (wie sou nou kon dink dat ‘n slimkop rugby speler die eerste onosel NekNomination sou gemaak het?), was die eerste persoon om ‘n NekNomination op Facebook te sit.

Wat is ‘n NekNomination?

NekNominations is essentially nog ‘n attempt deur hartseer, alleen mense om vir die wêreld te wys hulle het vriende. Jy maak ‘n video van jouself waar jy ‘n drink down en dan post jy die video op Facebook/Twitter/die Internet, en dan tag jy twee “vriende” om ook ‘n drink te down en ‘n video te maak en dan tag hy/sy nog twee vriende in die video. So versprei die NekNominations.

Ongelukkig soos alle social media is die gevoel van camaraderie met jou sogenaamde vriende very short-lived. Die rede hiervoor is dat elkeen van ons essentially nogsteeds niks is, en oor 5 minute vergeet almal weer van jou NekNomination video, en van jou. Want meeste mense met wie jy vriende is op social media, kan nie minder omgee oor jou of wat jy doen van dag tot dag nie. Al ding waaroor hulle minder omgee is wat ek hier skryf. Meestal oor meeste van hulle nou die stukkie lees en sê: “Dankie Captain Obvious.”

Die eenvoudige oplossing sal wees om jou regte vriende te nooi vir ‘n braai. Wanneer jou vriende daar aankom vir die braai kan jy vir jou en jou vriende elkeen ‘n dop in die hand stop en dit dadelik as ‘n groep down. Wow, camaraderie en nou gaan jou vriende vir ten minste nog ‘n uur of twee verplig voel om met jou te praat terwyl hulle wag vir die vuur om reg te wees vir braai, en terwyl hulle hul kos eet. Voor hulle kan weg kom van jou af en probeer vergeet dat jy bestaan vir die volgende week omdat jy hulle die heeltyd irreteer met al jou baba foto’s, NekNominations en foto’s van hoe fucked up jou hande is van Crossfit wat jy nog net vir twee weke doen.

Die eenvoudige oplossing sal wees om jou vriende te nooi vir 'n braai

Suid-Afrika sit ‘n postiewe twist op NekNominations

En toe gaan fok ons dit ook op. Toe NekNominations in Suid-Afrika begin het was my eerste gedagte: “My jissis, ons het geen kreatiwiteit nie. Ons steel deesdae maar net idees by almal anders. In die geval Australia. Om te sê ek was verkeerd, is ‘n massive understatement. Dit was nie lank nie toe wys Suid-Afrika vir my en die res van die wêreld dat daar is hoop. In Suid-Afrika het NekNominations ‘n ding geword waar jy ‘n drink down en dan iets charitable doen, soos ‘n toebie gee vir ‘n boemie. Of geld insamel en dan ‘n drink down voor jy die geld vir die SPCA skenk.

Vat dit toe nou van een of ander dom Bloubul om die baan te probeer breek deur ‘n skouertjie (dit is een liter brandewyn, vir julle lanies) te down as ‘n NekNomination. Heel trots op sy onnoselheid, in sy bloubul trui. Ek hoor al klaar die rugby massas: “Ja, tiepies bloubul”. Ongelukkig is die vraag wat ons onself hier moet vra of dit die Bloubul ondersteuner is, en of dit maar net ‘n sekere groep onnosel rugby ondersteuners? Wat oor die algemeen nie baie slim goed doen nie. ‘n Goeie plek om te begin sal wees om met die ou te praat. En net so fok ‘n ou in ‘n Bloubul trui die hoop wat ek vir Suid-Afrika gehad het weer op.

NekNominations nie net fun en games nie

Jip, soos alles onnosel kan jy glo dat baie onnosel mense so vinnig as moontlik op die bandwagon gespring het. Die ding van onnosel mense is dat hulle nie altyd shit deur dink nie. Daarom het so paar mense al hulself vermoor met hul NekNomination. Goed soos ‘n drink down en dan van ‘n dak af spring, net om agter te kom dat unlike jou brein, is die grond nie uit jelly gemaak nie. Kan jy glo gravity is toe ook nie ‘n joke nie.

Miskien is dit die funksie van hierdie tipe onnoselhede. Miskien is ek verniet teleurgesteld in die mensdom as hulle met sulke kak vorendag kom. Miskien is goed soos NekNominations die mensdom se manier om die idote uit die gene pool uit te haal. “Ek wed julle as ons die onnosel kak begin, sal so paar idoite hul eie dood veroorsaak in die proses.” Of miskien, net miskien, is die ‘n geval soos Jacob Zuma wat verkies word tot president: Die wêreld is gevul met idiote wat stupid shit doen, en stadig maar seker is ons besig om ons eie onnosele demise te veroorsaak.

Illustration deur @danielle_roe (Op Twitter) of ella_roo op Instagram. Ek het ook ‘n fokken spiff podcast met haar gedoen, maar dit opgefok en dit in twee dele record. Sodra ek dit gefix het (ek suck met die goed, dit is hoekom ek ‘n producer het) sal ek dit vir op die site gooi.

You may also like...

2 Responses

  1. Danielle says:

    Jy se die podcast het spiff uitgedraai? Ek was worried, ek kan bitter min daarvan onthou, hehehehehe…

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Danielle: Ek is seker hy het ja, behalwe dat ek nie ‘n intro gedoen het nie, en die fokop na die eerste 30 minute. Ek moet nou net die twee saam sit en dan kan ek dit upload.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *