Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Om Skouspel te verbeter

Onlangs het Stix geskryf oor hoe Singstar nou super kommin geword het met die toetrede van Afrikaanse vermaaklikheidsterre tot die Singstar-stal. Wel, hier by gevaaalik.com hou ons jou op die voorpunt van alle verwikkelinge in terme van kommin Afrikaanse musiek. Waarom? Want dit is lekker op vinger te wys en te lag.

Sommige van julle het seker al gehoor van Rebecca Black. Ja, daardie Rebecca Black. “Friday”, Black se eerste single, is deur Lyndsey Parker van Yahoo! Music beskryf as “the worst song ever”. Wat egter belangriker is as Parker (en ander musiekresensente) se kritiek, is die volgende: die video van “Friday” het die most disliked video op YouTube geword. (Tans 1,971,356 dislikes.) Dit het selfs Justin Bieber se ontsettende kak “Baby” verbygesteek. Daar is min dinge in hierdie wêreld kakker as Justin Bieber, hoewel daar is seker ‘n paar sulke goed… onder andere Rebecca Black se “Friday”. Nou wonder jy seker hoe dit eintlik relevant is tot Skouspel (behalwe nou vir die obvious kakheid van beide se musiek). Lees verder.

Skouspel, Huisgenoot se jaarlikse musiekspektakel, is alombekend as die jaarlikse hoogtepunt in kak Afrikaanse musiek. Jaar na jaar spring vermaaklikheidsterre soos Nadine, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jakkie Louw, Bobby van Jaarsveld en Bok van Blerk saam op ‘n verhoog iewers, en beweeg voor ‘n Croc-draende skare op die maat van hulle backtracks/kak backup bands. Hier by gevaaalik.com was ons ongelukkig genoeg om in ‘n tandartsspreekkamer opgeskeep te wees saam met twee tannies wat jaarliks Skouspel bywoon. Tannie Koeks Verwoerd, stylvol geklee in haar neongroen Crocs, pienk peddle pusher en Blou Bul-trui, het vir byna 45 minute vir ‘n ander vrou sit en vertel van haar teleurstelling in Skouspel 2010. Sy was veral vies omdat Steve Hofmeyr nie daar was nie. “Ag nee wat, dissie meer vir my nie. Daarie Bobby is nou wel seksie en als, en hy het daardie duiwelse Polisiekar as sataniste uitgewys lank terug, maar daar is darem niks soos Steve nie, veral nie as hy daardie manlike lyf so swing nie,” het sy gesê. Ja inderdaad, liewe gevaaalik.com-lesers, selfs binne die kakput wat ligte populêre Afrikaanse musiek is, is daar standaarde. Baie, baie, fokken baie lae standaarde, maar tog. En die tannies is gatvol.

Rebecca Black, Amerika se eie Nadine.

Wel, gevaaalik.com het die perfekte kandidaat vir Skouspel 2011 gekry: Rebecca Black. Sy het alles wat ‘n Skouspel-ster nodig het: haar lirieke is kak en beteken niks meer as presies wat sy sê nie (in fact beteken dit waarskynlik nog minder); haar stem word so ge-autotune dat self Britney Spears talentvol begin klink; en haar musiekvideo is smaakloos, cheap en tacky. En dan is sy nog boonop ‘n groot fan van Justin Bieber, en in die wêreld van kak musiek maak so iets jou ‘n superstar. Chris Brown, Miley Cyrus en Simon Cowell, ook bekend vir die kak wat hulle in die wêreld losgelaat het, ondersteun Black ook. Sy het duidelik ‘n fokken kak musiek pedigree.

So hier by gevaaalik.com wil ons graag jou opinie hoor. Moet Huisgenoot vir Rebecca Black deel maak van die Skouspel 2011 line-up? Regs aan die bladsy is daar ‘n poll wat jy kan invul. By voorbaat dank.

Indien jy nog nie gehoor het hoe ontsettend kak Rebecca Black se “Friday” klink nie, hier is die YouTube-video.

You may also like...

2 Responses

  1. August 31, 2012

    […] vir Jenna Rose. Sy is soos Rebecca Black en Clarise (baie desperaat) en ook soos Skouspel (baie kommin). Sy is wel nie so bekend […]

  2. January 23, 2015

    […] ingewikkelde lirieke gewees het. Dit sou ook iets wees wat ek gesteel het by 'n Engelse lied ('n kak een, maar dit is steeds steel). Dirk van der Westhuizen is bewyse hiervan: Hy het by Gangnam Style gesteel, en ook by Def Leppard […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *