Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ietsie om jou op te psych vir die Rugby World Cup

Right. So die Krieketwêreldbeker is verby, ons almal is fokken erg teleurgesteld, en alles wat Greame Smuff doen is kak. Moenie vrees nie, die Rugbywêreldbeker is om die draai en ekt so idee ons gaan baie meer uit die 15 manne kry as wat ons ooit by die Chockers gekry het.

Voor ek aangaan met die post wil ek graag ‘n versoek aan een van ons mees gehate sportmanne ooit maak:

Greame Smuff, gooi jou kolf weg, gee jou pads weg en fokkof uit ons land uit asseblief. Ek skree liewers vir ‘n bedrieër soos Hansie Cronjé voor ek ooit weer een van jou games kyk.

Okay, dis uit die pad uit en ek voel beter. Kom ons fokus liewers op die positiewe. Die rugby is nog presies 149 dae en 23 uur weg. Om die fokken draai as jy my vra.  As jy die amptelike site vir die toernooi wil besoek, click gerus op hierdie link:

http://www.rugbyworldcup.com/destinationnewzealand/news/newsid=2036838.html

Ek was in die bevoorregte posisie om by die 2007 toernooi te wees in Frankryk, so ek sien dit as my plig om jou, jou hond, jou pelle en jou naai vir die maand op te psych vir 2011. Dit gaan fokken groot wees en hopelik kan die Groen en Goud ons weer verras en die eerste span in die geskiedenis wees wat die beker tweemal in ‘n ry kan wen.

Hier is vir julle outjies en vroutjies ‘n paar lekker video’s om te bekyk. As jy nie hoendervel kry van die eerste video nie ,moet jy liewer by krieket bly.

Hou die knieë reguit…

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *