Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Expendables 2

In die 80’s, toe meeste gevaaalik.com-lesers nog tjokkertjies was, was no nonsense skop-skiet-en-dônner-ek-skiet-jou-in-die-fokken-gesig-met-my-haelgeweer movies ‘n big deal. Van die grootste blockbusters van daardie jare was movies uit hierdie redelike breë kategorie.

Toe Rambo daardie oggend nie 'n hemp aantrek nie, het sy ma geweet daar kom kak

Soos meeste van ons weet, is hierdie movies ook maar van questionable kwaliteit. Die storie was gewoonlik so dun dat dit binne die eerste drie sekondes spontaan aan die brand geslaan het van al die mal testosteroon, en die res van die fliek was dan net fight, fight, nog fight, ontploffings, bad one-liner, fight, ontploffings, ens. Baie akteurs soos Sylvester Stallone, Arnold Schwarzenegger, Bruce Willis, Jean-Claude Van Damme en Dolf Lundgren het baie bekend geword omdat hulle elke ses maande in so movie te siene was. Meeste van hulle kon egter nie daarmee aanhou nie, want dié soort movies het al hoe minder geld begin maak.

Teen die middel 90’s het daar ‘n nuwe soort action movie ontstaan. Jason Statham en Jet Li is twee van die akteurs wat behoorlik gecapitalise het op hierdie nuwe soort ek-bliksem-die-kak-met-styl-uit-jou-uit movies.

The Expendables: Die grootste pissing contest van 2010

En verlede jaar kry die wêreld toe The Expendables. Dit is waarskynlik een van die kakste movies wat ooit gemaak is, maar dit was ‘n reuse blockbuster hit. Sylvester Stallone het die blink plan gehad om ‘n hele klomp van die action heroes van die 80’s te unite met nuwer mense – en somehow het dit gewerk. Moet ons nie vra hoe nie, want daardie movie was regtig absurd kak. En tog so entertaining.

Net toe ons gedink het dis dalk die einde, toe kom die nuus van ‘n sequel. Dit gaan waarskynlik weer super populêr wees. Hoekom? Want mense geniet dit om vir ‘n klomp outdated, post-plastic surgery action heroes te kyk terwyl hulle mense doodmaak, tallose henchmen pap bliksem, shit opblaas, en net generally kak act en moeilik loop omdat die roids hulle liggame so opgefok het.

Hier is die trailer vir The Expendables 2. Dit sal jou brein uitblaas iewers in 2012.

You may also like...

1 Response

  1. Stix says:

    Jissis, Stalone, Statham, Li, Lundgren, Chuck “Three fist” Norris, Crews, Couture, Hemsworth, Van Damme, Willis en Schwarzenegger. Wie gaan dit nie wil kyk nie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *