Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Stoute Boudjies en ander nuus

In die nuus hierdie week: Bobby “Dis ‘n tottie” van Jaarsveld kry hoofrol in nog ‘n fliek. Jan Blohm is in die kak oor hy sy vrou “stamp”. Steve Hofmeyr se seun gearresteer.

Bobby “Dis ‘n tottie” van Jaarsveld het volgens Huisgenoot die hoofrol in die fliek Dawid gekry. Nadat Bobby so super kak preformance in gegee het in Liefling kry hy nou nog ‘n kans om jou een stappie nader aan breindood te bring as die hoofakteur in die nuwe fliek Dawid. Die musical gaan oor die lewe van koning Dawid uit die Bybel. Gelukkig kom dit eers uit in 2013.

Jan Blohm is in die sop nadat hy blykbaar sy vrou gestamp het toe hulle op mekaar geskree het. Jan is vrygelaat op R500 bail nadat hy die naweek in die tjoekie spandeer het. Blohm gaan nou deur ‘n maatskaplike werker moet ondersoek word om te bepaal of hy ‘n rehabilitasieprogram suksesvol sal kan voltooi. Jan het onlags tyd in Denmar psigiatriese hospitaal spandeer. Hy is behandel vir bipolar disorder.

Steve Hofmeyr het onlang die trotse pa van ‘n krimineel geword. Armand Hofmeyr (beter bekend as die Afrikaanse popster wat uit sy pa se skaduwee probeer kom) is Sondagoggend in hegtenis geneem omdat hy 175km/uur gery het op die N1 naby die Olifantsfontein-afrit in Midrand. Hy is ook vrygelaat op R500 bail. Dié is Armand se tweede strike aangesien hy in Maart ook gearresteer is vir “moontlike dronkbestuur.”

Nadat jy nou lekker klaar gelees het oor die gemors in Suid-Afrika kan ek jou vertel dat dit tyd is vir jou weeklikse dosis Stoute Boudjies. Vanaand gaan ek en Monkey Marcel nog ‘n podcast record vir jou plesier. As jy die eerste podcast gemis het kan jy gevaaalik.com podcast 1 hier luister. Na jy dit geluister het kan jy vir my of ‘n mail stuur om my te vertel hoe baie jy dit like of jy kan my mail om my te vertel hoe kak dit is. Either way sal jy more podcast 2 kry.

Genoeg kak gepraat. Geniet die week se Stoute Boudjies.

You may also like...

4 Responses

  1. Washier says:

    Dis baaaie beter – welgedaan

  2. Stix says:

    Bly jy like dit bra. Het jy al ons podcast ‘n luister gegee? Gee dit ‘n luister en laat ons weet wat dink jy daarvan. Jy klink na ‘n skerp knaap. http://x5s.c11.mytemp.website/gevaaalike-podcast-2

  3. Washier says:

    Ek het dit geniet! Kalmerende effek : verseker beter as om radio te luister. Miskien kan ‘n “live” band in die middel van die cast ‘n nommertjie jam?

  4. Stix says:

    Idee, ons maak ‘n nota daarvan. As ons meer mense kan kry om te luister dan kan ons miskien met ‘n paar bands begin praat.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *