Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Derick en Karlien Skei – Kraai me a river

Kyk, ek weet nie veel van Afrikaans-pop en die Afrikaans-pop-kultuur nie. Wat ek jou wel kan sê is dat Afrikaans-pop-kultuur maar ‘n ongelooflike vervelige affêre moet wees, want elke keer as een van daardie Z-listers poep, dan is dit al wat jy in Die Beeld sien vir maande.

Die nuutste poep in die Afrikaans-pop-kultuur-wind

Ek hoop jy sit, want jy mag dalk net agteroordoos wanneer jy hoor wat die nuutste Afrikaans-pop-kultuur gebeurtenis is wat opskrifte maak: Derick Hougaard en Karlien van Jaarsveld skei.

Derick Hougaard en Karlien van Jaarsveld Skei

Ek weet wat jy dink: Wie defok is Derick Hougaard en Karlien van Jaarsveld?

Moet nie kommer nie, as jy nie weet wie die twee is nie beteken dit gelukkig dat jy beter goed het om te doen met jou tyd as worry oor wat ‘n spul Afrikaner Z-listers doen met hul private lewe. 10 000 Puff the magical dragon punte vir jou, jy is nie deel van die breinlose gehoor nie.

Wie is Derick Hougaard?

Derick Hougaard kon op ‘n stadium ‘n bal skop, beter as jou average balskopper. Soos meeste van die Afrikanerkultuur se beroemde mans kom Derick van die rugby wêreld af. ‘n Klein stappie bo die manne wat beroemd is vir Afrikaans-pop treffers, maar steeds laer as Jacob Zuma se I.K. op die ranglys van beroemdes. Die gode aleen weet Afrikaners word nie meer beroemd vir enige iets anders as rugby speel of kak Afrikaans musiek maak nie.

Derick het nie veel anders gehad wat vir hom gaan nie. Hy kon skop, en dit was pretty much dit. Hy het homself in die Bloubul span in geskop en toe ook die Springbok span. Dit het alles drasties verander die dag toe Brian “The Chiropractor” Lima vir Derick in ‘n ander bloedgroep in getackle het. Derick was nooit weer dieselfde “rugbyspeler” nie en het nou boon-op breinskade ook opgedoen.

Wie is Karlien van Jaarsveld?

Karlien van Jaarsveld gee al vir jare vir meer mense as net Derick Hougaard breinskade met wat sy dink musiek is. Wat sy eintlik maak is backtrack treffers wat mooi pas by Juanita Du Plessis se albums in enige verkrampte dominee se kar. Soos met alle Afrikaans-pop musiek is daar geen talent hier nie. Karlien se talent was nog altyd meer ‘n vaardigheid stel wat haar gehelp het om haar talentlose boetie (Bobby “dis ‘n tottie” van Jaarsveld) se tailcoats te ry tot in ‘n studio waar sy haar eie Afrikaans-pop musiek kon record.

Karlien het met Derick getrou op 15 Maart 2013, ‘n volle twee jaar terug. Intussen het hulle ook trotse ouers geword van ‘n tweeling. Nie net het Karlien haar dans vernuf bewys op Dancing with the Stars nie, maar nou dans die poppe ook omdat sy glo saam met Willie Le Roux rondhang, net voor sy bekend gemaak het dat sy vir Derick gaan skei.

Hoekom gee ons om oor Derick en Karlien?

Ek kan ook nie verstaan hoekom daar soveel aandag geskenk word aan Derick en Karlien se doen en gaande nie. Miskien is dit omdat Die Beeld lankal nie meer ‘n nuuspublikasie is nie, maar nou meer funksioneer as ‘n “Afrikaans People Magazine“. Miskien is dit omdat die Afrikaner-nasie nie so slim is soos wat hulle dink hulle is nie. Miskien is dit omdat mense se eie lewens so vervelig en eentonig is dat Z-lister beroemde Afrikaners se fokops van lewens, meer entertaining is. Of, miskien is dit net oor mense te sleg voel vir Joost en dus wys hulle nou maar eerder vinger na Derick en Karlien.

Snaaks hoe koerant opskrifte kommentaar lewer oor die gesamentlike-gemoedstoestand van ‘n kultuurgroep. Elke oggend as ek Die Beeld se opskrifte sien langs die pad weet ek nie of ek myself moet skaam en of ek moet kwaad wees oor hoe onnosel Afrikaners geword het nie. Dan vat ek ‘n lekker diep trek en herhinder myself dat meeste Afrikaners nog skape is wat gelei moet word. Gotdank die nuwe generasie Afrikaners is besig om die leiband te gryp voor al die skape van ‘n krans af hol agter Steve Hofmeyr, Sunette Bridges, Derick en Karlien aan.

Ek los julle maar met Hitler se reaksie. Dankie aan Anthony Ferreira wat die video onder my aandag gebring het.

You may also like...

4 Responses

  1. DeWet says:

    Twee thumbs up vir die post. Twee vet fokken thumbs up.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @DeWet: Thanks dude. Deel dit met jou vriende. Hoe meer mense dit lees, hoe beter.

  1. September 6, 2015

    […] jy nog nie die Derick en Karlien stukkie gelees het nie, gaan loer sommer nou na hom. Dit was die week by ver die populêrste post op […]

  2. December 27, 2015

    […] jy ooit ‘n teken gesoek het dat Afrikaners onnosel geword het, is die feit dat Derick en Karlien wat geskei het hoofopskrifte maak deur die gode gestuur. In plaas daarvan dat niemand ‘n fok omgee nie, het […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *