Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Anthem maak jou Iron Man

Ek was lanklaas opgewonde oor ‘n EA game. Anthem is ‘n multiplayer action role-plaing game deur BioWare onder publiseerder EA. In Anthem kan jy en 3 vriende julle exosuits (of Javelins soos hulle bekend staan in die game) aantrek en die ope-wêreld. Elke Javelin kan aangepas word vir verskillende wapens en vermoëns.

Daar is verskillende Javelins om van te kies, afhangende van hoe jy wil speel. Die Ranger is ‘n geballanseerde Javelin terwyl die Colossus is groot en gepanser. Dan is daar ook die Storm en die Interceptor Javelins.

Die Anthem demo

Jy kan tans die Anthem demo speel. DIe developers het wel bekend gemaak dat die finale game heelwat anders gaan wees as die demo. Dit is goeie nuus, want die demo het baie probleme. Bugs, konstante loading screens, server probleme en connection issues is net van die probleme wat mense ervaar het met die demo. Persoonlik was my grootste probleem met die demo die lang en gereelde loading screens en hoe stadig jy beweeg wanneer jy nie in die Javelin is nie.

Wat ek wel kan sê van die demo is dat dit my baie hoop gegee het, want die game play is pret. Die beweging van die Javelins is baie goed gedoen, en die gun play is ook baie goed. Wanneer jy deur die wêreld vlieg in jou Javelin voel jy regtig soos Iron Man. Die graphics is great en die game self is mooi. Daar is regtig dele wat beeldskoon is.

Moet nie bekommerd wees nie, daar is enkelspeler aktiwiteite ook, so jy sal nie altyd saam met ander spelers hoef te speel nie.

Ek hoop Anthem is so goed soos wat ek hoop dit gaan wees. Die game is beskikbaar op PC, Xbox One en Playstation 4 vanaf 22 Februarie 2019. Kyk maar na die trailer hier onder en laat weet my in die comments of jy die een gaan speel.

 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *