Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Turtle Beach XO Three review

Met deesdae se multiplayer gaming landscape het meeste gamers ‘n headset nodig. Gaming headsets is nie net belangrik vir kommunikasie nie, maar ook sodat jy kan hoor as jou vyande probeer om jou van agter te bekruip of skiet. Vir die laaste week gebruik ek die Turtle Beach XO Three gaming headset vir Xbox One. Right, hier is vir jou ‘n Turtle Beach XO Three review:

Turtle Beach XO Three bougehalte

Die eerste ding wat vir my indrukwekkend was toe ek die XO Three uit die boks haal is die bougehalte. Die headset voel stewig. Ek het al van te vore headsets gehad wat voel asof dit gaan breek as jy net die ding probeer verstel om op jou kop te pas. Die XO Three sal redelike misbruik kan hanteer, wat goed is vir ‘n gaming headset aangesien headset baie van die straf vat wanneer gamers rage.

 

Die headstrap het ‘n lekker pleather op en sit gemaklik op jou kop. Die sagte materiaal van die earcups sit gemaklik oor jou ore. Selfs vir my wat ‘n bril dra as ek Xbox speel, sit die earcups heel gemaklik en druk nie op my bril se oorstukke nie. Die Turtle Beach XO Three lyk en voel glad nie goedkoop nie.

XO Three klank gehalte

Die 50mm drivers is groter as wat jy normaalweg kry in ‘n gaming headset in die prysklas. Die XO Three is ‘n wired headset met ‘n 3.5mm audio jack. Op die Xbox One maak die XO Three gebruik van die Windows Sonic for Headphones tegnologie om jou 3D surround sound te gee. Die Windows Sonic for Headphones gee ook die Turtle Beach headset ‘n nice base boost. 3D surround sound op ‘n headset in hierdie prysklas is nie vreeslik algemeen nie, so dit is ‘n definitiewe positiewe punt in my boek.

Die surround sound is nie perfek nie, en jy sal verseker beter kan kry as jy besluit om aansienlik meer geld te spandeer. Ek speel baie PlayerUknown’s Battlegrounds en die Turtle Beach XO Three het die taak van klank vir my baie goed verrig. Ek kan maklik genoeg bepaal van watter rigting skote kom, kan hoor as iemand my probeer bekruip of as daar iemand naby aan my beweeg. Vir die prys is die XO Three se klank gehalte baie goed.

‘n Microphone uit die boonste rakke

Die eerste keer toe ek saam met ‘n vriend wat gereëld saam my Xbox speel bietjie duos aanpak op PUBG het hy dadelik kommentaar gelewer oor hoe duidelik hy my skielik kon hoor. Die XO Three het ‘n afhaalbare mic wat lekker buigbaar is sodat jy dit maklik genoeg kan verstel om jou te pas. Die hoë sensitiwiteit mikrofoon doen dus sy werk en ek sal selfs die mic gebruik om my podcast intros te record in die toekoms.

Finale oordeel

Die Turtle Beach XO Three is ‘n uitstekende headset vir die gamer wat op ‘n budget werk, maar steeds goeie gehalte en klank wil hê uit sy gaming headset. Veral op die Xbox met Windows Sonic for Headphones is die headset regte waarde vir geld. Of as jy miskien ‘n kind het wat sy/haar eerste gaming headset moet kry sal die XO Three ‘n goeie keuse wees, oor die sterk bougehalte en die relatiewe lae koste. Ek moet nog ‘n gaming headset vir onder R900 teëkom wat sal kan kers vashou by die Turtle Beach XO Three headset.

 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *