Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Random Gevaaalikhede in swart

Ek hoop vanoggend toe jy uit die bed vlieg en jou kas oopmaak het jy aangetrek wat jy aantrek vir die regte rede. Steve Hofmeyr en Bobby van Jaarsveld het vanoggend albei swart aan, omdat hulle albums en kaartjies wil verkoop. Duisende ander het vanoggend swart aan sodat hulle kan “like-whore” op Facebook/Instagram. AfriForum het vanoggend swart aan as deel van hulle nuwe bemarkingsveldtog om nog haat en vrees te veroorsaak en dan nog lede-gelde te kan kry.

Moord is walglik en daar is daagliks 50+ moorde in Suid-Afrika. As jy ‘n dom kont is, dan kan jy daardie 50+ moorde probeer onderverdeel in kleiner groepies in. Dit is wat die doen met ‘n spanmentaliteit, eerder as net sê dat 50+ moorde van Suid-Afrikaners elke dag ‘n moerse probleem is. Ja, baie van daardie moorde gebeur in die townships, waar die lewe ongelooflik hard is en waar daar niemand naby is om te help nie.

Net jy sal weet hoekom jy swart dra vandag, en as jy dit doen vir die “likes” dan voel ek jammer vir jou. Die is nie “ons teen hulle” nie. Dit is ons almal se kak, en om spannetjies te maak en kies, gaan niemand help nie. Dit gaan dinge net erger maak vir almal. Moet nie een van daardie dose wees nie.

Geniet die week se Random Gevaaalikhede.

Kry vir jouself ‘n media player soos die MyGica 4k Android 6 een hier bo, en verlos jouself van die beperkings van normale TV. Kyk TV deur die internet! Dit en meer in die ‘8 Goed wat net moet shut-up en my geld vat‘ post.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *