Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Parow en Van Coke bliksem mekaar by die Injustice 2 Champs

Kyk net hoe maklik is dit om ‘n sensasie opskrif te skryf. Dit is slegs ‘n halwe waarheid, hul het mekaar gebliksem ja, maar dit was toe hul mekaar aangevat het in Injustice 2 met Van Coke as The Joker en Parow as Flash. Flash het gewen in ‘n titaniese stryd wat ek glo Parow gegooi het net om ‘n 3de rondte te kon speel. Wie sal nou nie nog ‘n ekstra rondte wil speel nie?

Dit is well nie waarvoor ons op Weiveld toe gesak het nie. Ons was daar om te kyk hoe die beste van die beste dit uit fight om as die Injustice 2 Champ van Suid-Afrika gekroon te word. Die aand het afgeskop met die half eind rondtes, waar Brandon “FTG Sho Kahn” Jacob vs Zibusiso “Zee The Janitor” Mangena en Prakash “FTG PARASURAMA” Kathan vs Vasudev “Taga Kahn” Stringer mekaar uitgesort het. Sho Kahn en PARASURAMA was set om die grand final een vir die boeke te maak. Fokkit, daai name was ‘n bek vol.

Die stage was geset vir ‘n groot fight, Sho Kahn en PARASURAMA was reg om mekaar hard te bliksem in ‘n best of 5 match. Eerste tot by 3 wen. As span maats het die twee mekaar al goed opgesom en al telkemale teen mekaar gespeel. PARASURAMA kies sy gunsteling, Superman, en Sho Kahn gaan toe ook eers met Superman. Nou kyk, die was die eerste keer wat ek Fight eSports gekyk het, goeie fok, dit is intense. Sho Kahn vat round 1 en 2. PARASURAMA kom terug met ‘n goeie fight en klap round 3 met ‘n fyn marge. Die verloorder van ‘n ronde kan ‘n ander karakter Kies. Sho Kahn gaan met Black Adam. Nou kyk ouens, toe is dit nag. Sho Kahn fok vir PARASURAMA toe mooi op. PARASURAMA kom eventually terug om dit ‘n behoorlike nail biter te maak. Elkeen met ‘n haarlyn se health oor, strip Sho Kahn sy moer en bliksem sy opponent in die grond in. Dis dit, done, klaar.

Sho Kahn is die SA champ met ‘n ekstra R20k in die sak en ‘n vliegtuig kaartjie na Birmingham, Engeland om die wêreld daar te wys dat SA ook kan fight.

Nou ja, gaming is verby. Op ons wag ‘n moerse show met Fokofpolsiekar en Jack Parow. Soos altyd is die manne van Fokof uitstekend en het weer die hele Weiveld aan die sing. Ek het vrek lanklaas Fokof live gesien. Dit was lekker om te sien als is nog dieselfde. Niks het verander nie.

Jack Parow het die verhoog gevat met ‘n moerse cheer van die gehoor af. Almal was op ‘n high van die Fokof show en die was gemerk om ‘n show vir die boeke te wees. Dit was.

Die was rerigwaar een van die coolste events waar ek al was. My twee passie, musiek en gaming, het bymekaar gekom. Ek was in die hemel. Daar moet in die toekoms baie meer van die sport wees. Dankie ACGL vir ‘n epic event.

Band performance foto’s deur Henry Engelbrecht – FacebookInstagram

You may also like...

1 Response

  1. July 10, 2017

    […] het die naweek vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd Fokofpolisiekar live gesien by die Injustice 2 Championships Finals, by Weiveld. Ek het dit gemis, nie net live musiek nie, maar Fokofpolisiekar spesifiek. Ek het ook ‘n […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *