Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Far Cry 5 is 27 Maart beskikbaar

As jy ‘n gamer is wat First Person Shooters speel dan ken jy verseker Far Cry. Far Cry is eenvan die lekkerste FPS reekse wat daar al ooit was. Far Cry 5 is die nuutste deel van die reeks en in die een lyk dit asof jou opsies van hoe om die game te speel nog meer gaan wees.

Far Cry 5 release date

Far Cry 5 sou oorspronklik 27 Februarie 2018 al beskikbaar gewees het, maar die Ubisoft het onlangs die release date met ‘n maand aangestoot na 27 Maart 2018. Hopelik is dit die enigste vertraging wat Far Cry 5 het.

Die Far Cry 5 storie

‘n Cult met die naam Project At Eden’s Gate is besig om Hope County te beset deur geweld en oortuiging. Joseph Seed is die leier van die cult en saam met sy broers en suster vat hulle die tipiese regse-Amerikaanse waarde van vryheid, geloof en die reg om vuurwapens te besit to die uiterstes. As jy nie deel wil word van die cult nie dan kan jy gemartel en selfs vermoor word.

Alhoewel die game se storie baie meer polities is as wat ons normaalweg verwag van Far Cry, het Ubisoft dit duidelik gemaak dat die storie meer vir vermaaklikheid is as wat dit ‘n ernstige boodskap probeer uit sit in die wêreld in. Aan die begin van die game word polisie uitgestuur om vir Joseph Seed te gaan arresteer. Natuurlik gaan Seed nie so maklik homself laat toesluit nie en voor jy jou oë kan uitvee is jy ‘n deputy sherrif wat vir Project At Eden’s Gate afgepis het in die middel van Hope County. Hier is waar jou storie in Far Cry 5 begin.

Na die intro kan jy jou missions aanpak net soos jy wil, in net watter volgorde jy wil. Dit beteken dat jy en jou vriende letterlik elkeen ander begin-ure kan hê in Far Cry 5, afhangende van die besluite wat julle neem.

Waar speel Far Cry 5 af?

Far Cry het al baie verskillende plekke gehad waar dit afspeel deur die reeks se geskiedenis. Vir Far Cry 5 is jy in Montana, Noord-Amerika. Jy kan verwag om landerye te sien, bergpieke, kerke en paaie met bakkies, muscle cars en trokke. Die Far Cry 5 wêreld gaan groot wees, die grootste van al die Far Cry games tot dus ver.

Jy sal die oop wêreld kan verken te voet, in van die baie karre of selfs in ‘n vliegtuig. Vliegtuie is nie net vir vervoer nie, jy gaan ook betrokke wees in dogfights in jou vliegtuig, want dit is deel van die combat system in Far Cry 5. Jy sal ook jou vliegtuig gebruik om bomme te laat val op vyande.

Far Cry 5 spel

Die Guns for Hire spel mechanic laat jou toe om vriende te maak wat jou kan help in gevegte met die cult se lede. ‘n Ou met ‘n vliegtuig of ‘n vrou met ‘n sniper rifle, almal het hulle funksie en kan jou op verskeie manier help op outposts te liberate van cult besetting.

Fangs for Hire laat jou toe om diere te gebruik om jou te help, soos die hond Boomer. Boomer is nie die enigste dier wat jy sal kan gebruik om jou te help nie, want daar is altyd die Montana wilde diere soos bere wat ook kan help. Boomer kan ingestuur word om vyande te tag. Hy kan ook vyande se wapens by hul vat en vir jou bring.

Jy sal natuurlik kan jag ook in Far Cry 5, maar jy sal ook kan visvang. Glo is die visvang nogal pret en sal jy graag ure in die game spandeer waar jy probeer om die grootste vis tussen jou vriende te vang. Daar is ook resies om te jaag tussen die missions van die storie doen. Vir my gaan Far Cry nog altyd meer oor goed opblaas en mense skiet as wat dit gaan oor die ander goed.

Far Cry 5 co-op play

Waaroor ek regtig opgewonde is, is Far Cry 5 se co-op gameplay waar jy saam met jou vriende die hele storie sal kan speel as deel van die Friends for Hire sisteem. Die keer sal jy die missions kan speel saam met ‘n vriend, eerder as net outpost quests soos in Far Cry 4 nie.

Gaan jy die nuwe Far Cry kry? Laat weet my in die comments.

You may also like...

1 Response

  1. Jaco says:

    Ek het die vorige 4 geniet, en ‘merica het mos alles wat groter en lekkerder is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *