Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Trivium – A Gunshot To The Head Of Trepidation

Toe ek Trivium die eerste keer in 2004 gehoor het kon ek nie genoeg van hulle kry nie. Ek is dadelik na HMV Bond Street in Londen en het vir my die Ascendancy album gekoop. Vir die volgende maand het ek dit oor en oor geluister. Twaalf uur lange security shifts gee jou nogal baie tyd om na musiek te luister.

Trivium - Ascendancy

Ek het gedink ek sal nooit ophou luister na Trivium nie. Ek was verkeerd. Die volgende Trivium album was The Crusade en om te sê dat ek teleurgesteld was is ‘n understatement. Matt Heafy (vox en guitar) het besluit om minder te skree op die nuwe album. Die album was nie sleg nie, The Crusade het my net nie geryp aan die keel soos Ascendancy nie. Daarna het ek maar gebly by Trivium se eerste twee albums.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het later Shogun by ‘n vriend gekry as ‘n geskenk en ek moet erken dat die guitar en drum work van Trivium nog altyd uitstekend is. Veral as jy vat dat Matt Heafy maar 20 jaar oud was toe Trivium Ascendancy record het. Matt en Corey Beaulieu is een van die beste metal guitar pairs wat daar is; ek sal hulle maklik saam met Kirk Hammett en James Hetfield in ‘n groep van great guitar pairs sit.

“A Gunshot To The Head Of Trepidation” is vir my die beste track op Ascendancy. Die solo deel wat begin by 02:15 is awesome. Check die video hier onder.

You may also like...

4 Responses

  1. StevenMcD says:

    Still love this track! You should try the new In Waves album, also great but I don’t think they’ll do another album as good as Ascendancy

  2. Stix says:

    You convinced me, I’ll be listening to the In Waves album in the next few minutes.

  1. May 24, 2013

    […] Trivium is 'n awesome band. Ek is nie 'n fan van hulle nuwer albums nie, maar die track 'In Waves' vanaf die album net dieselfde naam is baie cool. As metal jou ding is gaan jy nie terleurgesteld wees met die song nie. Dit is Vrydag en ek dink die is die perfekte song om die dag mee te begin. Hier is die video vir 'In Waves'. Is daar enige Trivium fans onder die gevaaalik.com lesers? […]

  2. August 23, 2013

    […] op my though, ek het hom nou al 'n paar keer vandag geluister. Ek verkies nogsteeds Trivium van Ascendancy se dae, dit was vir my die beste album en ook die album met die vocals wat ek die meeste van gehou […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *