Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wildebeest – Hottentotsgod

Wildebeest bandLank voor Tool op die scene was om progressive rock/metal populêr te maak, was daar ‘n band uit Suid-Afrika met die naam Wildebeest. Dink Led Zeppelin, maar in khaki, bietjie meer progressive in musiek styl en hulle maak Afika dromme deel van hulle arsenaal van instumente.

In 1981 het Piet Botha (bass) se band Catherine Wheel saamgesmelt met Colin Pratley (dromme) se band Wildebeest. Die eerste album is gerecord in Sunnyside se Upstairs (Ek neem aan dit is die Arcade Empire van die dag gewees) en “Bushrock 1” die live album is vrygelaat tot critical acclaim.

Een van die songs van Bushrock een af is “Hottentotsgod”. Jy kan sien hoe Wildebeest “Hottentotsgod” live preform op die praat program Kraaines in die video hier onder. Let op na die khaki pakke wat die manne dra, en kyk hoe slaan Colin daardie Afrika-dromme. Daar is nie veel lirieke nie, behalwe vir die woord hottentotsgod.

Daar is ‘n viool in die band gewees en jy hoor dit baie in die song, tog is dit nie so irreterend soos as ‘n viool gewoonlik gespeel word nie. Die viool gee amper die song ‘n Irish drinking song flavour. In die live weergawe op Kraaines is die viool vervang met ‘n Gibson SG. Ja, progressive rock in 1981 en dit is awesome.

Wildebeest Bushrock 1As jy die video kyk verby die optrede van “Hottentotsgod” dan sal jy die interview met Colin sien. Hy praat oor stories agter die musiek. Op ‘n stadium praat hy van ‘n man wat ‘n bottel vind met iets in, wat die man dan drink en dan begin die man droom. Is dit dalk ‘n reference na bietjie hallucinogen gebruik? Miskien op ‘n baie slim manier. Amerika het in die 60’s en 70’s al grootdeels met LSD en mushrooms te doen gehad, maar ek is redelik seker dat die Apartheid regering nie graag sou wou gehad het bekende mense moet openlik praat oor die gebruik van die middels nie.

In 1983 was Wildebeest een van die eerste bands om rock te meng met Afrikaans. Hulle record toe die EP Horings op die Stoep. Op die EP is die song “Bossies” oor die grensoorlog. Op daardie stadium was dit ‘n groot nee-nee om te praat oor die sinnelose grensoorlog in Apartheid Suid-Afrika. Wat is rock nou sonder ‘n bietjie protes?

Wildebeest het aan gegaan om baie verskillende lede te hê oor die jare. Was hulle die torch carriers van Afrikaans rock en het hulle gehelp dat ons nou bands het soos Van Coke Kartel of Fokofpolisiekar? Verseker. Miskien kan on Wildebeest een of ander tyd by Oppikoppi sien, ek hoop so.

Dankie aan Riaan Grobler van Pressto.co.za wat die onder my aandag gebring het. As jy nog nie Pressto gesien het nie, gaan loer ‘n bietjie daarna, die ouens doen goeie werk. Hier onder kan jy “Hottentotsgod” die album weergawe ook hoor.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *