Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nuwe Korn – Insane

As jy nog nie weet nie, is jy lekker deur die stront. Word wakker boedie. Korn se nuwe album, The Serenity of Suffering, land 21 October 2016. Deesdae is een single ‘n maand of so voor release nie meer genoeg om ‘n album te laat verkoop nie. Dus sal meeste bands deesdae so paar songs van die opkomende album release vooraf, sodat mense ‘n beter idee het van wat hulle gaan koop.

Korn - Insane

Korn het nou “Insane” release wat ook op die nuwe album gaan wees, en ek is bly om te sê dat ek nogsteeds The Serenity of Suffering gaan aanskaf vir my versamling wanner die album land. “Insane” leun ook terug na Korn se klank van die ou dae, tog is daar baie electronic elements ook in die een. Daar het ook ‘n foto verskyn op die internet wat Dave Grohl wys in studio tydens The Serenity of Suffering sessions. Beteken dit Dave het iets te doen gehad met die album? Met Dave Grohl weet jy nooit, want hy is altyd besig met iets nuut. Corey Taylor gaan wel guest vocals doen op een song.

Dave Grohl in studio with Korn

Check die video vir “Insane” hier onder en dan laat weet in die commments wat jy dink van die nuwe Korn song. Persoonlik hou ek so bietjie meer van “Rotting in Vain”

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *