Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

‘n YouTube ad wat jy nie sal wil skip nie

Ons almal ken daardie verdomde YouTube advertensies, die wat jy eers 5 sekondes van moet kyk voor jy dit kan skip. Het jy geweet as jy daardie “Skip Ad” knoppie click sodra jy kan, betaal die adverteerder nie eers vir die 5 sekondes waarna jy moes staar nie. Dit raak nog erger wanneer ‘n brand jou forseer om deur die hele advertensie te sit.

YouTube Sexy Lingerie Skip Ad

Ek het nou nou net die advertensie gesien en kan jy glo, ek het dit nie geskip nie. Al het die advertensie heeltyd vir my gesê ek kan die ad maar skip nou, het ek nie. Ek het die hele ad gekyk. Ek het met liefde dat die brand betaal vir daardie advertensie. Tog gaan ek steeds nie hulle produk koop nie, al is dit sexy lingerie. Ek gaan julle net die ad wys. Dit voel amper asof die advertensie gemaak is vir die Vrydag Bederf of Stoute Boudjies.

Enjoy.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *