Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Hoe was jou naweek? Podcast

Ek hou van podcasts. Daarom het ek besluit om my solo podcast ‘n comeback te gee. Dit is nou al maande sedert daar laas ‘n episode was. Daarom het ek besluit om laasweek weer ‘n episode te record en uit te sit vir julle mense om te kan luister. Ek was net so dom dat ek julle nooit regtig daarvan vertel het nie. Wel, ek het my Instagram followers vertel, so gaan follow my maar as jy sou belangstel in weet wanneer daar nuwe episode van Hoe was jou naweek? drop.

Ek is ook besig om aan ‘n nuwe podcast projek of twee te werk. Poddcasts waar ek nie solo praat nie. Meer ‘n dialoog as ‘n monoloog. Ek kan nog nie veel uit die mou laat oor dit nie, maar dit gaan ‘n comedy projek wees soos alles anders wat ek maar doen. Hou maar ‘n ogie uit en jou oor op die grond.

Ek weet jy is verveeld by die werk, so my advies aan jou is dat jy jou Spotify, iTunes of watter podcast app jy ookal gebruik nou inspan om vir jou die nuwe episode van my podcast te speel. Dan kan jy sommer ‘n review gaan los iewers en my vertel hoe kak ek is. Deal? DEAL!

Waar kan jy Afrikaanse podcast “Hoe was jou naweek?” luister?

Jy kan ook net op watter podcast app jy ookal gebruik gaan soek vir “Hoe was jou naweek?” en dan sal jy die podcast kry. Bonus punte vir die van julle wat die podcast gaan rate en review op iTunes en Apple Podcast.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *