gevaaalik.com Podcast #46 – Op die grens
Hierdie is die grens wat ons almal al op was, maak nie saak of jy deel is van die Babyboomers, Generation X of Millennials nie. Ons begin die episode van die podcast met so bietjie van ‘n gegrens oor hoe pateties Vodacom is. Na dit raak dinge ook bietjie donker met die volgende onderwerp.
Gelukkig kom die donker dele saam met grappe en ‘n gelag ook, soos elke ander gevaaalik.com podcast. Lekker luister, behalwe as jy verkramp is. Dan moet jy nie luister nie. Of nes jy wil, jy is mooi groot.
Moet net nie by ons probeer grens oor enige van die stories of grappe in die podcast nie. Ons het genoeg gegrens gehoor van mekaar af.
Jis die intro na die podcast was awesome, ek is bly jy het daai nuwe werk gekry en hoop gevaaalik.com raak nog groter.
@Jacques: Bly jy like dit bra. En baie dankie vir die gawe woorde en ondersteuning.
Oh jirre ek kan vir julle fokkers lag…
@Luan: En dit is hoekom ons die podcast doen, om mense te entertain en te laat lag. Bly dit werk! Dankie vir jou comment.