Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #65 – Ai ai die Witborskraai

Afrikaans Podcasts is nie volop nie, ons is een van min. Die tipe stories wat jy om ‘n vuur saam met jou vriende sal hoor is wat die gevaaalik.comedy Podcast is. Al wat ons doen in die podcast is meestal om mekaar te laat probeer lag en stories vertel. Die stories is oor ‘n verskeidenheid van goed, soms goed wat met ons gebeur het en soms net iets cool wat ons gesien het.

Gevaaalik Podcast #65 - Ai ai die Witborskraai

In die week se podcast praat ons hoe slim kraaie is, rash in jou bal-area van hike, hoe lame Bear Grylls is en hoekom kamele so lank kan gaan sonder water. Hier is ‘n hint oor die kamele: Dit is nie oor hulle water in hul hump stoor nie. Ons praat ook oor David Attenborough, die legend wat seker een van die coolste lewens ooit sal hê.

Kraaie is eintlik moer slim, so slim dat hulle alarms bou en allerhande ander goed doen wat ek gedink het net mense is slim genoeg om te doen. Check net hierdie gif hier onder, ons praat oor baie meer indrukwekkende goed as ‘n pizza-boks oopmaak.

Die show waarop Sven al die goed gesien het is David Attenborough Natural Curiosities

Die song aan die begin van die week se Podcast is Cage The Elephant – Ain’t No Rest For The Wicked

Dankie dat jy luister en die podcast deel met jou vriende op Facebook, Twitter en per email. Jy kan ons ook tweet by @gevaaalikdotcom op Twitter. Jy kan ons podcast hier onder luister of download, of jy kan subscribe op iTunes. Of gebruik enige podcast app op Android en search net vir gevaaalik.com. Ek gebruik BeyondPod se free version.

*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *