Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dinsdagram vir die fiksheid

Ek oefen nie genoeg nie, versker nie. So elke nou en dan probeer ek my game so bietjie up en dan gaan loer ek gewoonlik na Instagram om my te inspireer. Instagram is nou mos waar al die fitness ouens uithang as dit kom by social networks, en die week se Dinsdagram fokus dus op fitness Instagram accounts.

Miskien inspireer hulle nie net vir my van die bank af nie, maar ook vir jou. Op die minste sal jy ‘n nuwe cool Instagram account ontdek om te volg. Jy kan my volg by gevaaalikdotcom en Sven by sventasties.

Anllela Sagra – anllela_sagra

Anllela Sagra Instagram Kettlebell

Sy is beeldskoon, sy is Colombian en sy beskryf haarself as ‘n “Nutrition Athlete”, en ek weet nie regtig wat dit is nie. So op die oog af lyk dit vir my “Nutrition Athlete” oefen baie en eet reg sodat sy super hot kan wees en dan heeltyd videos en foto’s daarvan kan sit op haar Instagram account.

Dit is dus ook was jy sal sien op Anllela se Instagram, asook nutritional supplement sponsored posts, of een of ander product placement en so hier en daar advertensies vir haar eie workout program. Ja, sy maak lekker geld hieruit, met haar 5.1 miljoen followers. Jy kan haar ook volg by anllela_sagra.

Ido Portal – portal.ido

portal ido Instagtram

Ido Portal is ‘n movement coach. Hy leer jou essentially hoe om die meester te word van jou eie ligaam se beweging. Iets wat baie basies klink, maar baie min mense goed kan doen. Veral op Ido se level. Ek het eerste van Ido Portal gehoor toe hy saam met Conor McGregor die mixed martial artist begin werk het. Hy is ‘n interesante dude, en wat hy kan doen met sy lyf is ongelooflik.

As jy vir Ido begin volg mag jy dalk net iets leer van jou lyf beweeg. Jy sal verseker ook kan lag vir sy aksent as jy hom hoor. Volg vir Ido by portal.ido.

Mike Marchese – upyourfitness

upyourfitness human flag

Mike Marchese doen mal bodyweight exercises, soos byvoorbeeld die human flag wat jy hier bo kan sien. Glad nie maklik om te doen nie hoor en sulke paal skills is gewoonlik die ding van strippers, omdat hulle klein lyfies het. Mike is nie so klein nie, hy is nogal ripped. Op sy Instagram kan jy baie van sy moves sien, in kort videos. Hy hou byvoorbeeld die human flag in een video vir 22 sekondes. Core muscles van staal.

Jy kan Mike se manewales sien by upyourfitness.

Jen Selter – jenselter

Jen Selter Instagram

Jen Selter is wie daar ‘n foto van moet wees langs die definisie van “fitness model”, want dit is presies wat sy is. Sy het seker ook die most famous paar Stoute Boudjies op die internet, en sy werk om hulle te hê met baie squats. Op Jen se Instagram gan jy haar boude baie sien. In yoga pants, in bikinis, in kort oefen broekies. Maak jouself reg vir baie van dieselfde pose: gesig in dieselfde rigting gedraa, een been reguit, die ander been gebuig. Verwag ook product placement en sponsored posts, wat amper onskeibaar is van haar ander foto’s.

Jen Selter maak ook ‘n lewe hiervan en het al oor die 9 miljoen followers. Ons lewe in ‘n ongelooflike tyd. Volg vir Jen by jenselter.

Wie volg jy op Instagram?

Ons wil weet wie is die moeite werd om te volg op Instagram, en ons weet jy weet van so paar baie cool accounts om te volg. Maak kontak en deel met die res van ons. Jy kan jou voorstel in die comments los, of email, Twitter, jou keuse.

You may also like...

4 Responses

  1. Vannhh says:

    Hey Stix, nog enetjie om voor uit te kyk : https://twitter.com/natyencinosa

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Vannhh: Lyk nie of sy al ooit ‘n leg day gemis het nie! Hahaha

    Thanks vir die share.

  1. July 6, 2016

    […] jy die week se Dinsdagram gesien? Dit sal jou inspireer, en van die inspirasie is hot ook, soos hier […]

  2. July 8, 2016

    […] hier onder is Jen Selter en sy is deel van die week se Dinsdagram […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *