Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die logika van ‘n asshole

Jy kan nie ‘n fan wees enige musiek nie, behalwe as jy alles weet oor van elke lid van die band wat die musiek maak. Met ander woorde: as jy nie weet hoe Lars Ulrich sy aambeie behandel nie, dan moet jy fokken weg bly van Metallica se musiek af want jy is nie ‘n regte fan nie.

Music snob Asshole

Wat weet jy in elk geval van musiek?

Ook, as ek nie skryf oor elke liewe band wat Suid-Afrika toe kom nie (of ek nou van hulle hou of nie is irrelevant) dan weet ek duidelik niks van musiek nie. Maak nie saak of ek meer van Amanda Palmer hou oor haar skryfwerk as haar musiek nie, ek moet noem dat sy Suid-Afrika toe gekom het, want sy was in ‘n band waarvan Trent Reznor hou.

Moet ook nie durf suksesvol wees nie

Ek mag ook nie geld maak met gevaaalik.com nie. Hoe durf ek moeite in iets in sit en dan verwag om geld daaruit te maak? Maak nie saak of daar duisende mense is wat elke dag geniet wat ek doen nie, of dat ek hulle nog nooit gevra het vir ‘n sent nie. Waar ek die geld vandaan kry is ook irrelevant, want ek doen dit duidelik net vir die geld en geen ander rede nie. Dit alles, al het ek vir die eerste drie en ‘n half jaar basies niks geld gemaak van gevaaalik.com nie.

Music Snob

Bo-op dit mag ek ook nie ander mense kry om my te help om gevaaalik.com te verbeter nie. Jy kan net suksesvol wees as jy alles self doen. Jy mag ook nie laat mense jou skryf werk edit sodat hulle dit op hul CV kan sit as verwysing nie. Dit is nie asof gevaaalik.com ‘n regte ding is nie, so ‘n gevaaalik.com verwysing op ‘n CV tel vir fokol.

Moet nie van jou werk praat asof jy dit verstaan nie

Ek moet ook nie maak asof ek digital marketing verstaan nie. Die feit dat ek dit nou al vir amper 5 jaar as ‘n voltydse loopbaan doen, beteken minder as ‘n graad van Poloney College. Ek moet eerder agteroor sit sodat ‘n brandweerman aan my kan verduidelik hoe mens geld maak met digital marketing. Hulle blus al vir jare lank nie meer vure nie, hulle sit heeldag en doen wat ek probeer doen vir ‘n loopbaan.

All en all is die grootste probleem hier dat ek my ego laat in die pad kom van alle logika. Niemand mag hou van musiek (of enige iets) waarvan ek nie hou nie. Niemand mag ‘n opinie hê wat verskil van myne nie. ‘n Ego soos myne is nooit verkeerd nie. Nooit nie. En as jy dink ek is verkeerd, is dit net omdat jy eintlik nie fokol weet van enigeiets nie.

Of…

Jy is ‘n asshole. Almal wat jy ontmoet is nie assholes nie, jy is. Almal is net assholes met jou oor jy ‘n asshole is. Hier is nog iets wat jy nie van my weet nie (soos Tool sing: “All you know about me is what I’ve sold you.”), ek luister selfs na so paar goed wat ek self nooit sou kon raai ek van hou nie. Soos die Sara Bareilles song hier onder.

Kies vir jou een van die songs, asshole. Dan kan jy in jou asshole-hoekie gaan sit en jou ego verder streël net sodat jy nooit ooit die feit hoef te face dat jy miskien net ‘n POES is nie.

Hooker with a Penis – Tool

Sweet As Whole – Sara Bareilles

Asshole – Dennis Leary

You may also like...

7 Responses

  1. Poes says:

    yup jy is n poes – POES!

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Poes: Ok Gertjie, kalmeer. By the way, ek dog jy kom nooit na die website toe nie?

    Fokken nakkie.

  3. Poes says:

    My CV.
    2015 – gevaalik.com
    duties – Replies skryf op status updates.
    ja nee kyk klink totally legit!

  4. Poes says:

    “Die logika van ‘n asshole”
    het dadelik geweet dit gaan oor my, want daar gebeur nooit niks in anyway op jou lame ass site nie!
    en as daar iets gebeur skryf jy n blog! hoe fokken eensaam en alleen is jy eintlik?
    dit was tussen ek en jy maar nee kom ons sleep die internet by (“sodat ek nog geldjies kan maak”)
    fok jy is n attention whore!

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @Poes A.K.A Gertjie: Lees jou hele laaste comment weer, dit is asof jy met jouself praat. Niks gebeur op gevaaalik.com nie, behalwe hierdie nou dadelik. En dit gebeur alles oor JOU. Natuurlik, die fokken wêreld draai mos om jou.

    “Ek gaan nooit na gevaaalik.com toe nie!” En dan comment jy die volgende dag op gevaaalik.com. Ja nee, EK is die attention whore.

  6. Esih says:

    Fokkit die Poes klink omtrent na ‘n asshole

  1. July 11, 2016

    […] smaak is subjective, ek het daardie onderwerp mooi gecover hier. Tog beteken dit nie dat ek van alles moet hou nie, veral nie omdat ‘n spul ander mense […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *