Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Allah is befok! – Moet nie skiet nie

Maak daardie titel jou kwaad? Miskien omdat jy die woord “befok” interpreteer as ek wat sê dat Allah cool is. Miskien omdat jy die woord “befok” interpreteer as ek wat sê dat Allah kwaad is. Miskien net omdat ek die woord “befok” gebruik het en jy nie van voekwoorde hou nie.

Charlie Hebdo - Bernardo Erlich

The world has become so serious that humour is a risky profession.

Beter as dit kan ek dit nie self sê nie. Bernardo Erlich het gister se wraakmoordaanval op Charlie Hebdo se kantore beter in woorde uitgedruk as wat ek ooit sal kan. Drie mans met gewere het gister 12 mense vermoor in koue bloed by die Parys kantoor van die satiriese tydskrif Charlie Hebdo. As iemand wat al self doodsdreigement en selfs dreigemente van rape gekry het, het hierdie ‘n snaar getref. In watse tipe wêreld lewe ons as ons nie meer met belaglike goed (maak nie saak wat dit is nie) die spot kan dryf nie. Freedom of expression is ‘n reg wat almal moet hê, selfs Julius Malema en Steve Hofmeyr.

Ek het juis nou die dag die gesprek op Twitter gehad met ‘n gevaaalik.com leser oor grappe maak oor sensitiewe onderwerpe soos kanker, AIDS, rape, geloof of Oscar Pistorius. Persoonlik glo ek nie in censorship in enige vorm nie. As iemand wat gelowing grootgeword het, verstaan ek baie goed hoe diep die sloot van ‘n geloofsoortuiging in iemand se wese kan insink. Tog dink ek nie enige geloof is geregtig tot geweld in enige vorm nie. Dreigemente wat ek al gekry het omdat ek die spot dryf met rassisme, Afrikaanse-popmusiek (lees maar die comments), onnoselheid of enige onverdraagsaamheid teenoor iets wat jou nie traak nie, pla my nie. Doodsdreigemente gerig op my, pla my vrou.

Die 12 mense wat gister hul lewens verloor het in die Charlie Hebdo aanval het dit verloor oor hulle satiriese artikels en sketse van Allah gemaak het. As jy iemand se “God” uitbeeld en iemand jou dan wil vermoor vir dit, moet dit vir ons duidelik wees dat daar ‘n probleem is met die gelowige ideologie. ‘n God wat  gebruik maak van geweld of intimidasie om sy wil af te dwing is nie die tipe god wat ons nodig het nie. Net soos ons nie politici nodig het wat ons probeer vertel wat ons van hulle moet dink nie. Joernalistiek sonder freedom of expression is nutteloos.

Nie alle Afrikaners is Sunette Bridges nie, nie die hele Islam is moordenaars nie

Moet my nie verkeerd verstaan nie; ek weet dat die mense agter die aanval ‘n baie klein deeltjie van die Islam-geloof is. Net soos ek besef dat alle Afrikaners nie so onnosel is soos Sunette Bridges nie. En so onnosel soos Sunette Bridges is, het sy steeds ‘n reg om haar mening te lig. Al is haar mening 100% fiktiewe statistieke en anecdotal evidence wat sy kry vanaf haar ondersteuners op haar Facebook-blad, is sy steeds geregtig daarop om haar mening te lig. Ek is ook geregtig daarop om die spot te dryf met hoe belaglik Sunette Bridges is. Nie een van ons twee verdien om vermoor te word vir ons freedom of expression nie.

Wat Sunette Bridges wel in gemeen het met die moordernaars van gister se slagting in Parys is dat sy net soos hulle fear-mongering probeer gebruik om haar gebreekte siening van Suid-Afrika in die media spotlight te hou. Juis daaroor is dit nodig dat satire, komedie of kuns van enige vorm gebruik word om die probleme uit te wys. Is South Park so briljant omdat hulle net snaaks is, of omdat hulle die spot dryf met ernstige issues, soos geloof, AIDS, rape, homosexuality, politiek of self pedophilia?

Wat gister se moordenaars en Sunette Bridges nie besef nie is dat hulle deur ons wat met hulle spot te probeer stilmaak, hulle ons stemme net harder maak. Net soos Steve Hofmeyr meer aandag op homself en sy belaglikheid gevestig het deur ‘n pop te probeer sensor, so het die Islamic extremist assholes van gister net vooroorsaak dat daar duisende uitbeeldings van Allah vandag regoor die internet en wêreld gaan verskyn.

Ons sal praat oor die probleme. Ons sal spot met belaglike optredes maak nie saak wie agter dit sit nie. Jy moet jou stem dik maak, dit is een van die min goeie redes om ‘n Facebook profile te hê, of ‘n Twitter account. Je suis Charlie – I am Charlie. Nous sommes Charlie – We are Charlie.

You may also like...

12 Responses

  1. ppip says:

    Bel my of post asb die berig as ‘n wit man weer ‘n familie vermoor in die township.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @ppip: Wat van ek bel jou sommer oor die Waterkloof 4? Sal dit voldoen?

  3. Dutch Matrix says:

    Goed gestel. Jy gaan seker dink ek is nou ‘n twee gat jakkals, maar eerlik waar. As mense fucked up dinge doen in die naam van geloof, verdien dit al die satire wat die MENSE doen. Nie soseer die geloof self nie.

    Ongelukkig leef ons ‘n dom wêreld waar ek vandag kan begin met ‘n campaign genaamd Hugalot! en een dom, breindood snaar sal dit ‘n lelike ding maak as hy mense dood skiet in my naam.

    Wat ek eintlik try sê is ek stem saam met mense wat sê: Geloof in iets/iemand is opsigself nie ‘n slegte ding nie. Daar is goeie goed en daar is slegte goed ook in almal se Bybel.

    Maar hel… Kan ons nie soos groot mense redeneer oor ‘n dinge nie? Of moet ek nou vandag na Gevaaalik se kantore opruk met my AK en julle fucked up skiet oor ons meningsverskil van nou die dag?

    Natuurlik. As mense dom genoeg is om so te glo…

  4. ppip says:

    Ouch, ok.

    En nog voorbeelde?

    Ek kan net in my voorstad aan meer as net een “rooftog” dink. Die kinders is nogals gefok na daardie kuier.

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @ppip: Ek kan vir jou nog vele voorbeelde noem. Maar ek hoef nie, jy het die internet, jy kan dit self vind.

    O en ppip, dink daaroor om vir jou ‘n Reddit account te maak, dan kan jy saam gesels op ons subreddit, want die comments hier op gevaaalik.com gaan sluit oor so maand of wat.

  6. ppip says:

    Sal so maak.

    Dis net sleg dat almal eerste is om die te oordeel wat nie te mal is oor die moorde op bv plase ens nie.

    Die probleem en geweld is asimmetries.

    Dis maar moeilik om te glo dat iemand wat kamstig versoend en honger was, soveel moeite doen en energie het om mense so fisies op te fok.

    Die stories van die mense wat die tonele moet skoonmaak na die tyd sal jou naar maak.

    Imagine dis jou ma wat so vermoor was?!?

    Maar, ek gaan ophou om die tipiese internet douche te wees.

    Thx vir die nice site!

  7. Ruan Stix Fourie says:

    @ppip: Ek stem. Geweld is walglik. Bly jy hou van die site man.

  8. Phillip says:

    Dit is baie maklik om `n hoofstroomswemmer te wees; meeste mense doen dit want hulle is reeds so gebreinspoel en swak, dat hulle nie meer weerstand kan bied nie. Sunette swem teen die stroom want sy is sterk, baie sterk. As daar meer mense soos sy was sou ons land nie in die gemors gewees het nie – vol poefters en groenies

  9. Ruan Stix Fourie says:

    @Phillip: Jy wat praat oor mense wat gebreinspoel is, is ongelooflik ironies.

    Dankie vir jou kommentaar.

  10. Phillip says:

    Ruan,
    Los die swak kommentaar en probeer om by die onderwerp te bly dan kan ons die Sunette situasie debatteer en ek sal jou dalk help om die lig te sien.

  11. Ruan Stix Fourie says:

    @Phillip: Daar is niks om te debateer nie ou. Die dag wat jy my oortuig dat Sunette Bridges enige iets anders as ‘n persoon is wat vals statistieke opmaak sal dit ook die dag wees wat ek uiteindelik die geweer in my keel druk en die sneller trek. Sy is ‘n fear-monger wat nie eers die moeite kan doen om die waarheid te praat nie, hoekom moet ek enige iets van haar ernstig opvat? Maar dit is ook heeltemal ok van jou om nie saam met my te stem nie. Die saak is soos geloof; dis fokken gross as jy dit op iemand probeer afforseer.

    As jy die saak wil debateer, stel ek voor jy skuif na ons subreddit toe, want die comments gaan binnekort nie meer bestaan nie. Jy kan dit hier kry https://www.reddit.com/r/gevaaalikdotcom

  1. January 8, 2015

    […] Die Charlie Habdo nagmerrie traak jou in Suid-Afrika ook. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *