Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

JY is ‘n social media fake… soortvan

Essena O’Neil is ‘n 19-jarige dame van Australie. Van wat ons kan aflei het sy op ‘n stadium redelik goed betaal geword vir sponsored posts op haar social media accounts. Dit is nou waar brands betaal om voor haar gehoor van 600 000+ op Instagram te kan verskyn. Essena het laasweek Instagram “ge-quit” en toe in trane op ‘n baie lang YouTube video vertel hoe fake social media is.

Essena O'Niell Sexy white dress

Essena O’Niell se sponsored post was meestal modelwerk met produkte wat sy betaal is om te dra

Essena het begin werk aan die aan haar social media profiles toe sy 16 was. Ek weet wat jy dink: 1) Duh, social media is fake, soortvan. 2) Ha! Social media is nie werk nie. 3) Toe sy 16 was?

Social media is fake, soortvan

Jy weet daardie “vriend” van jou op Facebook, daardie een wat so behep is met homself en hoe hy lyk? Die ou wie se profile picture ‘n foto is van hom wat in die verte in staar, in wit en swart. Ja man, hy het ook ‘n selfie waar hy sy lippe so effens pout. Gelukkig is dit nie meer die foto van hom sonder ‘n hemp nie.

Ok, jy weet nou van wie ek praat. Dink jy daardie ou sit altyd so en staar in die verte in, met so “ek is diep in gedagte bra” uitdrukking op sy gesig? Het hy regtig so effens van ‘n pout, of kon hy net sowel enige ander gesig getrek het wat hy wou. Ou Varkgesiggie.

Dit is nie daardie ou se regte lewe nie. Maar hy is so bietjie van ‘n doos, want hy probeer ons om jou te laat dink dit is sy lewe. Maar jou Facebook profile is ook nie jou lewe nie. Dit is die regte foto uit vyf foto’s wat jy daardie dag geneem het, ‘n oomblik wat jy gekies het om met ander te deel.

Dit maak dit nie noodwendig ‘n slegte ding nie. Ja, daar is nogsteeds iets anders daaraan om die oomblik net te ervaar en dit nie te probeer record vir toekomstige verwysing nie. Dit beteken nie jy moet nooit ‘n foto neem nie. Instagram het die fotoalbum geraak van ons tyd, 2015. Dit beteken net dat social media van aard is wat ons kies dit moet wees.

The ‘Instagram Generation’ now experiences the present as an anticipated memory

– Professor Daniel Kahneman

 

Duh, social media is nie ‘n 100% akkurate verteenwoordiging van enige iemand se lewe nie. As jy ooit gedink het dit is ‘n akkurate verteenwoordiging van iemand se lewe (insluitend jou eie lewe), dan dink jy seker Real Housewives of Orange County en Keeping Up With the Kardashians is realiteit en nie fake bullshit nie.

Instagram is ‘n job, vir party

Essana O’Neil het hordes van haar foto’s op Instagram delete oor hulle fake was. Van hulle het sy gaan edit en vertel hoe haar suster 40 foto’s moes neem voor sy besluit het die foto is goed genoeg om op Instagram te sit. Ek sit nie naby soveel moeite in foto’s in nie, want dit klink vir my na baie werk.

Wanneer ‘n brand jou byvoorbeeld betaal om om daardie foto te neem, dan sit jy gewoonlik bietjie meer moeite in as wat jy doen vir die honderde ander posts wat jy al gedoen het waarvoor jy nie betaal word nie. Bloot omdat jy nou vir ‘n slag kan bekostig om bietjie meer moeite in te sit. Jy gaan nie net ‘n Instagram account oopmaak en dan 600 000 followers kry nie. Jy gaan baie posts moet doen om daar te kom, en jy gaan verseker nie vir jou eerste Instagram post betaal word nie.

Jen Selter

Jen Selter se net worth aan die einder van 2014 was $500 000. Sy is famous op Instagram en het 7.3 miljoen followers

Die grootste deel van die geld wat gevaaalik.com aan die gang hou kom van sponsored content af, ons steek dit nie weg nie. gevaaalik.com is ‘n leefstyle en vermaaklikheid website. As gevaaalik.com nie vermaaklikheid verskaf het aan ons lesers nie, sou ons nie bestaan het nie. Met of sonder sponsors, is dit oor die bietjie tydverdryf wat jy, die leser, uit gevaaalik.com kan kry. Sponsors maak dit net makliker vir ons om beter vermaaklikheid te verskaf.

Dit vat werk om selfs ‘n redelike eenvoudige site soos gevaaalik.com aan die gang te hou. Daar is geen verlof nie en al die posts gaan nie hulself maak nie. Ek stel die skryf van hierdie post nou al vir amper ‘n week uit, en al wat ek moet doen is vir ‘n paar uur sit en skryf. Gelukkig wil brands dan ook voor ons gehoor verskyn, want dan word ons vergoed vir al die ure se werk, en ons gehoor kry steeds vermaaklikheid, verniet.

Wat jy kies om voor betaal te word is jou saak. Ek het al ‘n paar sponsored content geleenthede van die hand gewys. Een was ‘n goeie bedrag geld om Afrikaans-pop-rassis se fliek te bemark, en daar was al talle ander wat gevra het dat ons dele van ons content stop of verander vir ‘n tydperk terwyl ons deel is van ‘n bemarkings veldtog.

Mejufferou O’Niell het duidelik so paar jobs gevat waarmee sy nie regtig saam gestem het nie en nou sê sy social media is fake, oor sy slegte keuses gemaak het. Sy gebruik ook nou maar weer social media om haar nuwe persona te deel met die wêreld. Is ons regtig so verbaas dat Essena op die ouderdom van 19 optree soos sy doen?

Essena O’Niell is al op Instagram sedert sy 16 was

Op die ouderdom van 16 is jy nog ongelooflik dom en naief. Social media is baie nuut en sommige ouers begin praat met hul kinders oor die goeie en slegte dele daarvan. Maak nie saak hoe goed ‘n ouer social media verduidelik nie, kinders gaan self moet besluite neem. Op 16 maak jy baie dom besluite, en hoe meer kanse jy het om besluite te neem, hoe meer dom besluite gaan jy neem. Social media sit honderde kanse vir besluite voor ‘n mens elke dag.

Essena is self nog besig om te leer deur haar kop te stamp. Hoe is dit nou dat ons ‘n 19-jarige vegan sien as iets anders as wat sy is: ‘n 19-jarige vegan wat nog besig is om dom besluite te maak. Hel, ek is 30 en ek maak nogsteeds baie dom besluite.

Social media is fake, tot ‘n sekere mate, vir elke een van ons. Meer vir party as vir ander, jy kan die bra met die hemplose Facebook profile pic wees. Moet jy geregtig wees daarop om geld te maak uit ‘n blog of social media profiles? Natuurlik. Die besluit is joune en waarvoor jy dan betaal word is jou keuse. Net soos daar ‘n verantwoordelikheid is om jou beste werk te gee as jy betaal word, wat jy gee is jou besluit, al is dit ‘n foto van jou sonder ‘n hemp.

Essena se editing van haar oorblywende 96 Instagram posts is ‘n persoon wat besig is om te leer uit haar foute. Ongelukkig het sy gekies om haar foute te maak voor ‘n gehoor op die internet. Sy kies wat sy met hulle deel, en dit wat sy delete het is net goed wat sy nou nie meer wil deel nie. Haar tranerige video op YouTube was ook haar keuse. Miskien ook nie die beste deurgedinkde keuse nie (meestal oor sy social media gebruik om te vertel hoe fake social media is, ironies), maar haar keuse.

Elke een van ons wat ‘n social media profile het, het al iets gepost wat ons later delete het of sou wou delete. Ons almal edit ons social media lewe, al is dit net met filters en ‘n ingetrekde magie. Dit maak nie elke social media post fake nie. Die internet is gelukkig groot, en ons kan kies na wat ons kyk en na wat nie. Jy kies watse blogs en social media profiles jy follow, en jy kies ook wat jy sit op jou eie social media profiles.

Beteken dit jy moet ophou met social media?

Nee. Jy moet ook net besef dat dit onmoontlik is om iets te doen op social media (Instagram, Facebook, Twitter, blog YouTube en al die ander) waarvan almal gaan hou, maak nie saak hoe baie editing jy doen nie. Ek stel nie belang is foto’s van jou kinders nie, gaan dit veroorsaak dat jy ophou om hulle vet gesiggies ooral op jou Facebook account te plak? Verseker nie. Net soos gevaaalik.com nie gaan stop vir die wat nie daarvan hou nie, dit gaan aan vir die wat daarvan hou.

Of doen jy dit vir die likes? Want dan wil ek voorstel jy sit jou foon neer en gaan hardloop ‘n bult uit. Dit gaan jou baie meer suksesvol laat voel as al die likes in die heelal.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *