Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Backroads Less Travelled Part 2

Sodwana is epic. Vroeg opstaan is nie lekker nie, maar gelukkig is dit baie minder van ‘n issue as jy opstaan om te gaan duik. Ons moes 07:00 op die strand wees om te gaan duik en dus het ons 06:00 ons gatte uit die bed gesleep. Hier gaan ons met Backroads Less Travelled Part 2.

Sodwana beach parking area

Sodwana strand se parkeerarea

In Sodwana kan jy duik

Ongelukkig was Reefteach se launch vir die dag vol met ‘n spul duikers wat ‘n double tank qualification doen. Gelukkig was Reefteach gaaf genoeg om ons op te hook met Jacques van Adventure Mania, nog ‘n dive charter hier in Sodwana.

Sodwana bay beach and boat launch

Sodwana en al die verskillende duik charters se spots op die strand waar die bote launch

Om te sê ons was happy met Jacques en Adventure Mania is die understatement van die jaar! Daar was net twee ander duikers saam met ons, so altesaam was ons vyf duikers. Daar was vier ander mense ook deel van Jacques se groep vir die oggend, maar hulle was net daar om te snorkel.

Diving Sodwana with Reefteach

Lucky en sy bra laai ons duik kits op die boot

Gewoonlik is die boot launch en dan die boot vat tot waar die reef is wat jy gaan duik die minder lekker deel van duik. Nie saam met Jacques nie. Hy het sy sound (ja, sy sound, amp en al) aangesit en wat uit dit gekom het was ‘n bekende song. “Tsunami” is die techno treffer se naam en Jacques het die timing perfek gehad toe hy wag vir die beat om te drop voor ons die golwe in gejaag het.

Nie ek of Scuba Steve was al so pumped oor ‘n duik soos die duik nie. So thanks Jacques vir die awesome memories. Dankie ook aan Geko Divers in Pretoria wat ons gear vir ons gegee het.

In Sodwana kan jy stap ook

Na ons duik het ons ‘n stort gaan vang, ‘n paar bottels water gegry en besluit om een van Sodwana se hikes te gaan aanpak. Scuba Steve het die hike al gedoen en hy het dit beskryf as ‘n lekker 6 kilometer stappie deur die woud. Dit is presies wat dit was ook, ‘n medium afstand hike.

Sodwana Hiking

Die rustige stappie is toe bietjie meer ernstig

Ongelukkig is die woud waardeur jy stap nie so medium nie. In fact, die padjie van die hike is blykbaar bietjie lanklaas skoon gekap en dus was dit dense, baie dense. Jy gaan baie op jou hurke moet onder deur takke en ander stront loop wat oor die padjie is. My bene is lekker styf vandag en ek is nie ongelooflik onfiks nie.

Hippo sign on hike in Sodwana

Seekoei-bordjie op hike in Sodwana

Jy kan heeltyd om jou sien hoe dig die woud groei en nou moet jy deal met dit in jou stappie ook. Daar is sommige dele waar jy skaars die padjie voor jou kan sien. Dit laat mens nie altyd so great voel as weet dat daar seekoeie ook is wat die ongeraakde deel van Suid-Afrika deel met ons nie. Daar was ooral bordjies om jou te herhinder dat daar seekoeie is, so wees maar op die uitkyk. Hulle like van mense opfok.

Dit is ‘n taai stappie gewees, maar die scenery maak dit 100% die moeite werd. As jy so jy so drie ure het en jy hou van hike, gaan try hom.

Lake view from the hike in Sodwana

Die dam wat jy kry op die hike in Sodwana

As jy in Sodwana is, dan ken jy Coral

Ons is die middag na Coral Divers toe. Dit is die corporate van die dive charters hier in Sodwana. Hulle het verblyf, ‘n pool en hulle duik pretty much elke dag. Hulle het hordes jong dive masters wat niks anders doen as suip, duik en toeriste (en soms mekaar) saag nie. ‘n Great lewe vir ‘n ou tussen die ouderdom van 18 en 23 as hy hou van duik en nie veel ander ambisie het in die lewe nie.

Coral Divers bar area

Coral Divers se bar. Sorry oor die shitty foto, my GoPro lens was nog vuil van die oggend se duik

Scuba Steve het my net Coral toe gevat sodat ek dit kan sien. Dit is by ver die grootste dive charter in Sodwana en ek hoor baie mense het al lekker saam hulle geduik en gekuier. Reefteach se verblyf wat ons gekry het is so R20 ‘n dag duurder, maar gelukkig is dit ook bietjie meer luuks as wat jy sal kry by Coral.

Coral se pizza is baie lekker en hul biere is ook lekker koud. Jy kan ook daar bly en van daar af duik. All in all nie ‘n slegte opsie nie, hang maar af wat jy verkies. Ek sal altyd gaan met Reefteach of Adventure Mania.

More is dit ons laaste duik en dan slaan ons die pad Kosi Baai toe. As jy die eerste deel van Backroads Less Travelled nog moet sien, gaan loer hier.

Podcast: Ons sukkel nog om ‘n plek te kry vir die podcast upload. Sodra ons meer as E internet het, sal ons die podcast sort.

Dankie aan Geko Divers wat ons gehelp het om die trip te reël. As jy wil leer duik of ‘n duik trip wil beplan is Geko Divers die mense om mee te praat.

You may also like...

4 Responses

  1. Jacques says:

    DIt was lekker om te lees. Ek is bly dat ‘n seekoei nie julle aangeval het nie, daai goed is rerig gevaaalik..

  2. Prins says:

    As ‘n seekoei julle sou vang sou ek kwaad wees, want dan kry ons nie nog ‘Backroads less traveled’ nie!

  3. pisgesig says:

    Dit lyk awesome(julle varke)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *