Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Braai waar min durf om te braai

Ons neem deel aan BraaiBoy se R200 braai challenge. Ons resep is baie eenvoudig en juis vir die meer avontuurlustige braaier.

Wanneer jy ‘n an is wil jy braai. Braai is altyd lekker, maar soms soek jy meer as net braai. Ons het besluit om te braai waar dit nie maklik gaan wees om te braai nie: Kosi Baai mond.

Ons het alles mooi beplan. Al die vleis en kos (minder as R200) bymekaar gemaak, selfs ‘n plan gemaak oor hoe ons oor die mond gaan kom met alles droog genoeg om te braai. Ons dag sou bestaan meestal uit braai en snorkel in een van die laaste regtig wilde plekke in Suid-Afrika.

Braai in remote locations is moeilik

All in all was ons braai kit seker so 30 kilogram. Dan het ons nog ons snorkel gear ook gehad om te dra. Alles was in ‘n swart plastiek krat wat gelukkig gedryf het. Ons moes deur die mond loop om by ons location te kom vir braai.

Na wat net beskryf kan word as lewens gevaarlike oefening vir jou bene en arms vir so uur en ‘n half was ons op die strandjie waar ons wou wees om te braai. Gelukkig vir ons moes ons met minder as R200 braai en vir vier mense. Al was ons net twee was ons nou reeds bliksems honger van die struggle met ons kit deur die stroom.

Ekonomies en lig braai

Ons het besluit om te gaan vir twee lekker porterhouse steaks (R45) en ‘n stukkie kaaswors (R35 vir 250 g) ons lyk kon doen met bietjie rooivleis en vet vir energie. Ons het ook besluit om biergroente-sosaties te maak, want dit is maklik en lekker goedkoop. Net een pakkie groente (enige groete wat jy op ‘n sosatiestokkie kan kry sal werk). Ons het besluit op ‘n Marrow Mix (R20).

Die braai

Die kole moet lekker warm wees wanneer jy die steak en die wors op die vuurtjie gooi. Gooi net braai spice op jou steak soos jy gewoonlik sou en braai hom soos jy hom like. Ons het gegaan vir medium rare.

Sny jou groente in stukkies wat jy op die sosatie-stokkies kan steek. Ons het so bietjie bier oor ons sosaties gespuit na die groente op die stokkies was. Vir twee redes: Bier is lekker en dit help die braai spice om aan die sosaties te klou.

Gooi braai spice op jou sosaties na jy hulle vol bier gemaak het en sit hulle op die kole. Braai tot hulle lekker roasty is.

Messe en vurke en ander eetgery is net ‘n teken dat jy bietjie meer avontuurlustig kan wees. Eet van die rooster af asof jy nie ‘n keuse het nie. Die is ‘n moerse ete vir twee mense, en ‘n ligte ete vir vier.

 

You may also like...

1 Response

  1. Jacques says:

    Goeie moer, dit lyk lekker.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *