Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tyd vir ‘n reality check

Ek dink baie dat die lewe iets kort soos wat spell check is vir Word dokumente. Ek dink ons kan hierdie iets “Reality Check” noem. “Nou wat het jou hieraan laat dink, Stix?” vra jy dalk terwyl jy hierdie lees. Dit is ‘n kombinasie van goed wat my so laat dink het, maar die grootste ding wat my in die denkrigting gestuur het is reality TV. Idols, Masterchef, Keeping Up With The Kardashians, Jersey Shore, ens.

Reality TV het ons samelewing baie meer verander as wat ek dink meeste van ons besef. As mense na kak soos Jersey Shore en Keeping Up With The Kardashians of enige van die ander reality TV shows kyk lei dit daartoe dat baie mense begin dink dat as die useless gemors op reality TV shows baie geld kan maak met geen talent nie, dan kan enige persoon dit doen. En tot ‘n mate is dit waar. Kim Kardashian is ‘n puik voorbeeld van iemand wat baie geld maak en geen notable talente het nie. Behalwe as jy “piel vat soos ‘n champ” en ‘n groot vet hol as talente sien.

Reality TV skep hoop. Hoop vir die alledaagse talentlose persoon dat hy/sy miskien iets van sy/haar lewe kan maak deur niks te doen nie. Hoop is ‘n goeie ding. Hoop is ook ‘n baie gevaarlike ding. Om te hoop dat die Blou Bulle gaan ontslae raak van die useless drek Morne Steyn is ‘n goeie ding. Om te hoop jy word die volgende pop idol deur Idols as jy valser sing as die ou dowe oom agter jou in die kerk is ‘n slegte ding.

Die ding wat glad nie help nie is hoe populêr reality TV geraak het. Gister was Facebook en Twitter propvol goed oor Idols. “Hahaha, Idols is so snaaks.” “Ek kan nie wag om vanaand nog Idols te kyk nie.” Ja, mense se lewens het so boring geraak dat Masterchef en Idols in so ‘n mate ‘n hoogtepunt van mense se week geraak het dat hulle die behoefte het om ander mense te vertel hoe baie hulle mense wat sleg sing geniet. Of nog erger, hulle wil kyk hoe mense kos maak wat hulle nie eers kan proe nie.

Ek het nog nooit Jersey Shore gekyk nie. Van wat ek kan aflei is dit ‘n program oor onnosel en kommin mense wat saam in ‘n huis bly en met mekaar meeding vir een of ander invisible onnosel/kommin champion trofee. Keeping Up with The Kardashians gaan blykbaar oor ‘n spul talentlose konte wat bekend geraak het vir home made porn en nou gaan hulle op lavish vakansies en stry heeltyd met mekaar oor wie met wie moet trou.

Waar die reality in Reality TV is, is lankal nie meer duidelik nie. Geen familie wat so baie met mekaar baklei oor stront gaan aanhou om heeltyd saam op vakansie te gaan nie. As jy Idols wen in SA beter jy jou vyftien minute van fame mooi gebruik om genoeg geld te maak dat jy daarop kan oorleef vir ‘n paar jaar en dan hopelik as tien mense jou onthou kan jy elke nou en dan gaan optree by Firkin vir ‘n paar bucks. Hel, as jy lucky is onthou genoeg kommin mense jou dat jy jou troufoto’s op die voorblad van die Huisgenoot kan kry. Vra maar vir enige van die Idols wenners uit die verlede. Hierdie is nie Amerika nie.

Wat is my punt? My punt is dat ons wêreld nie net in ‘n sad economic state is nie, ons wêreld is ook in ‘n baie sad social state. Deur breindood reality TV te kyk maak jy jouself geensins slimmer nie. Deur tydens jou lunch te vertel hoe bitchy Kim met haar gorilla van ‘n sister was in gisteraand se Keeping Up With The Kardashians laat jy jouself beslis nie klink na ‘n interessante persoon nie. In fact as jy my wil begin vertel oor reality TV beter jy amateur porn en reality TV met mekaar verwar, want amateur porn is baie interessanter as reality TV. Ek wonder watse effek reality TV op ons kinders gaan hê? As ek geld daarop moet sit sou ek sê dat die lunch gesprekke van die toekoms nie baie diep gaan wees nie, miskien eerder baie oppervlakkig en diep op die manier wat Kim Kardashian se keel diep is.

Op die ou einde is ek nie hier om vir jou te vertel wat om te kyk en wat om nie te kyk nie. As Idols of Jersey Shore jou bly maak dan kan jy dit maar kyk. Moet net nie kwaad raak vir my as ek neerkyk op jou oor jy blykbaar so min breinselle het soos die Idols judges nie. Ek dink aan hierdie Tool lyrics:

Fret for your figure and
Fret for your latte and
Fret for your lawsuit and
Fret for your hairpiece and
Fret for your prozac and
Fret for your pilot and
Fret for your contract and
Fret for your car.
It’s a bull-shit three ring circus sideshow of
freaks here in this hopeless fucking hole we call LA.
The only way to fix it is to flush it all away.
Any fucking time.
Any fucking day.
Learn to swim, I’ll see you down in Arizona bay.

You may also like...

5 Responses

  1. December 6, 2012

    […] ek Londen toe en ontdek die TV kanale Kerrang en Scuzz. Dink MTV maar met minder tos programme soos Jersey Shore en meer rock en metal musiek. Dit is waar ek die video vir "Step Up" gesien het van Drowning […]

  2. February 22, 2013

    […] leemte wat gelos word deur ons gemaklike leefstyl nou gevul word met kak soos The Kardashians en Jersey Shore. Oor ons eie lewens ons op 'n vlak verveel wat ons nie regtig meer verstaan nie, daaroor raak ons […]

  3. April 16, 2013

    […] Taylor het hierdie great video gemaak hier onder. Dit is "Jozi Shore", soos Jersey Shore met 'n soutie aksent. Dit is fokken snaaks vir my. Veral die deel waar die een ou sê: "I don't […]

  4. April 10, 2014

    […] Behalwe oor die feit dat as jy die Oscar saak volg jy most likely ook 'n fan is van reality TV soos Keeping up with the Kardashians en Idols. Want jy het 'n leemte in jou siel wat jy probeer vul met ander mense se drama. Jou lewe […]

  5. February 23, 2015

    […] douchebags, een uit Jersey Shore en een uit […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *