Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oscar Pistorius: Bewyse van die “Human Condition”

Ons het sag geword. Jy klim in jou kar, jy ry werk toe. Jy doen jou werk agter jou lessenaar, soos ‘n soet robot. Jy klim in jou kar en stop by Steers vir ‘n lekker burger en chips. Al vyf voedselgroepe, pappa! Jy kom by die huis, val op die bank en sit die TV of rekenaar aan.

Jy is nie gemaak om so te lewe nie. Jy is gemaak om kos bymekaar te maak en diere te jag. Jy is veronderstel om rond te trek en jouself te verdedig teen vyande. Jy moet seker wees jy het skuiling soos jy rond trek en jy moet seker maak dat jy naai, sodat jou gene verder kan gaan deur jou kinders.

Mense soos ek het dood gegaan in daardie hunter-gatherer tyd. Ek sou dood gegaan het, of ek sou Bakkies Botha se bitch gewees het. En weet julle wat? Oscar Pistorius sou ook dood gegaan het in daardie tyd. Toe jy nog regtig bekommerd moes wees oor ‘n leeu jou kinders gaan kom eet in die nag, toe sou ‘n kind sonder bene nie lank gelewe het nie. Want net soos ek is Oscar Pistorius ook net ‘n mens. Ons is die pap, pienk steaks van die savanna.

Dit is hartseer dat die leemte wat gelos word deur ons gemaklike leefstyl nou gevul word met kak soos The Kardashians en Jersey Shore. Oor ons eie lewens ons op ‘n vlak verveel wat ons nie regtig meer verstaan nie, daaroor raak ons behep met dinge wat drama of konflik in het.

As jy reken jy weet of Oscar Pistorius skuldig is of nie, dan herken jy seker die drie met hulle mombakkies ook

As jy reken jy weet of Oscar Pistorius skuldig is of nie, dan herken jy seker die drie met hulle mombakkies ook

Die ergste is jy kan sien dit is fake. Hulle baklei nie op Jersey Shore vir 30 minute oor The Situation (ja, dit is die doos se naam) wil na ‘n ander club toe gaan, en Snookie wil bly by die club waar hulle tans is. Tog is dit entertainment. Dit of Oscar Pistorius en sy lewe (of lewende hel die laaste week).

Dit het in die kwessie van ‘n week verander soos dag en nag. Eers word mense as onsensitief uitgewys toe hulle grappe daaroor maak, ek was een van die onsensitiewes. Nou het dit in een of ander spectator sport verander. Mense tweet nou al vir ‘n paar dae wie se kant hulle kies. Asof hulle praat oor die Bulls teen Stormers game die naweek by Loftus. Mense kies wie hulle wil hê moet wen.

Ek het eintlik al tweets gesien van mense wat sê hulle weet Oscar is skuldig en hy moet betaal vir wat hy gedoen het. Daar is ook die wat sê hy is onskuldig en dit was ‘n ongeluk. In albei gevalle: Was jy daar? Het jy gesien wat gebeur het? Het jy die toneel gesien? Besef jy hoe onnosel jy klink?

As daar een ding is wat meer interessant is as reality TV, is dit reality. Die hartseer ding is dat ons oor twee maande alweer van die hele storie sal vergeet. Wat net so erg is, is deur hierdie stuk te skryf dra ek by tot die probleem. Dit, of daardie een laaste trek was een trek te veel.

You may also like...

31 Responses

  1. Irene Nell says:

    Sjoe! Well said! Dis presies hoe ek voel!!

  2. Kabous says:

    Goed geskryf Styx! Kyk, ek gaan erken ek was ok een van daai wat dadelik regop gesit toe die bom bars so, skuldig…maar ek stem heeltemal saam. Eks ok saam met jou met die Kardashian en Jersey Shore kak en daars nog doos baie ander kak wat presies dieselfde is. Hou gouer mense hulle by hulle eie besigheid bepaal hoe beter. Kyk, van die grappe is dalk bietjie af al lag ek ok maar elke nou en dan in my mou, ek praat uit n oogpunt van die girl wat geskiet is want dis moer hartseer en ek kry haar familie erg jammer maar terug op die punt. As die dude nie wereld bekend was nie het niemand n fok omgegee oor alles nie, dit sou n klein berig in die koerant wees, in en uit. Hier blameer ek die media, hulle bou hierdie mense op tot god status ma trap hy net in n drol dans die hel los. Mense wat fokkol weet is noubeweskielik pro CSI’s en Harvey Specters, nee kak, ek moet met my eie strontbdeel en eks seker daars moer baie mense daarbuite wat se lewens nie peace love en chicken grease is nie. Lang storie kort, hou ons by ons dinge en laat die high en mighty’s hulle hou by hulle sin. Daarsy, dis my 10c

  3. Stix says:

    Bly jy hou daarvan Irene. En bly om te sien jy besoek gevaaalik.com nog so elke nou ne dan.

  4. Stix says:

    @Kabous: Haha. Lekker lag en vir jou CSI en Harvey Spectre grap.

  5. Juan says:

    Goed gestel, ek is self skuldig. Die mens laaik dit om iemand te sien val. Ons is selfsugtig, afgunstig en as niemand kyk nie sal ons in die swembad kak. Maar moet iemand anders nou net iets verkeerd doen dan wys die vinger, en baie keer die middelvinger. Vanoggend ry ek werk toe. Net toe ek op N14 van die R55 wil klim kom n doos in n rooi corsa bakkie en wil voor my indruk. Let wel, ek sit toe al van die sasol garage in die ry om links te draai in die slipway en dan op die die highway. Ek toet vir die fokker en besluit nee wat pel jy kom nie hier in nie, ek gehoorsaam die verkeersreels nie jy nie. Sal die passasier (‘n vrou nogal, sy lyk soos een van daai brannewyn en coke tannies op loftus wat jou ma se you know wat sal vloek) die deur oopmaak en oor en oor vir my se ek is n fokken poes. Toe kom die vinger (middelste een natuurlik) maar onwillekeurig op met gedagtes van geweld en as ek haar nie kan bliksem nie kan ek haar man, hond of kind donner. Punt is ons laaik onsself, mense naby ons ( ook nie altyd ) en thats it. Ons hoor so nou en dan n mooi storie op die radio van mense wat goed doen maar die core van menswees is survival en dis miskien wat Oscar nou doen…….

    bietjie gevent, ek weet

  6. Stix says:

    @Juan: Jis My bra. Vat ‘n trek van ‘n joint, vat ‘n tree terug en relax. Die lewe is te kort om jou aan die konte te steur.

  7. Hennie says:

    Jis Juan bra, ry die Gautrein dan voel jy soos ‘n sardine eerder as ‘n MMA fighter. Mar stix ou, hou op so sagelike wees en shit dis van jou gerrick kou na die laaste trek en dan word socially conscious en voel jy moet bydra an die spectator sports. Ek vertel net heeltyd almal op FB hoe stupid hulle is hahaha, dis net so pret. Jis dink ek moet die stukkie karton nou uitspoeg…

  8. Stix says:

    @Hennie: Ek wens ek kon verstaan wat jy probeer sê. Dankie vir jou comment.

  9. Elmarie says:

    Moer waar en snaaks, nes altyd! Wie gee om of hy skuldig is of nie, nie regtig ons probleem nie, is dit?

  10. Andre says:

    As the token SA bloke in my office in London, everyone keeps asking me “so…did he do it?” My answer to all of them: “Well…yes he did…the real question is, was it an accident or not?” I will let the courts decide that one. Either way, someone in their prime lost their life and a man that was an inspiration to millions of people around the world has fallen from grace. It’s a sad story all around.

  11. pisgesig says:

    Goeie stuk. Dit is eintlik baie sad as mense hulle opinies oor sulke dinge tweet(of vleisbroek) – get a life, wie de hel gee om wat jy dink. Doen iets konstruktief vier vark steaks! Soos hierdie comment….

  12. Willeboer says:

    Ek voel al vuisvoos oor die hele OP sage. Ja hy het geskiet. Ja iemand is dood. Ja hy is ‘n celeb. Maar ja, hy bloei ook as mens hom sny. En ja, hy het ook trane. En emosies. En ‘n gewete. Soos die goeie Boek sê: Laat hom wat sonder sonde/foute is, die eerste klip gooi. Sela.

  13. RocketLou says:

    1.Die hele ding met Oscar is daar is 2 lewens nou in sy moer. 1. Sy girl- DOOD. 2. Hy – gefok vie die res van sy lewe skuldig of nie ( hy het haar immers vermoor ) wetend of onwetend.
    2.Die ergste is vir jou as ouer, of om ‘n kind te verloor of jou kind word as moordenaar uitgekryt sonder ‘n verhoor.
    Ek gee nie om oor die sirkus nie, van die vroegste tye af is mense bloeddorstig na ander se bloed of hulle verlistig hulself aan ander se leed. Dit sal nooit verander nie.

  14. dewald says:

    Al wat my afpiss van die Oscar kak is dat die soort ding elke dag gebeur en niemand sal dan n eier le nie. Maar lat dit met n Celeb gebeur dan is daar meer social uproar as wat daar was met die soccer world cup.

    As hy sy hol skoon maak na n kak is die TP nog steed vol kak, nes al die ander mense sin. Hy is skuldig van moord – Op dit is daar geen vraag nie. al wat die hearings nou voor was is om te se of hy mag bortog kry of nie. Ek wense net mense sou die selfde react as so iets met random mense gebeur . So ja ek maak jokes daar oor en ek voel hy is skuldig van moord.

  15. Stix says:

    @dewald: Was jy daar? Het jy die toneel gesien? Weet jy hoe onnosel jy klink as jy sê hy is skuldig en jy kan dit nie staaf met feite nie?

  16. Slutfucker says:

    Kakpraat is fokken lekker! Almal wil tog so graag slim klink en voel hulle eiertjie wat hulle le is belangrik. Ons is almal fucken idiots om in die eerste plek enigsins na die kak wat ander mense aanvang te luister, sure dit het fokol met ons uittewaai nie en sure ons is almal nou fokken first rate inspekteeurs wat Horatio Kane sal laat kak lyk maar dis vir ons lekker om sonder enige proof of know how ons opinies te lewer, dit laat ons belangrik voel al dink ons dat almal wat met ons verskil n poes is! Wanner iemand anders besig is om te praat en hulle opinie te voice inplaas van luister na hulle is ons besig om te dink aan n comeback op hulle tos opinie wat hulle gee, so ons is almal net besig in ons eie kop met ons eie kak gedagtes en die res is almal mos poes dom en verstaan nie wat aangaan nie! So dit maak nie saak of jy dink jou opinie is cool nie die ander kont lanks jou dink jy is poes en hulle worry net oor hulle eie een. So that said, hier is vir almal n vet GO FUCK YOURSELF julle is almal poesse net my opinies is cool!

  17. Drikus says:

    Wieokal die editing op daai Kardashian pic gedoen het is sekerlik onder 10. Of het die verkeerde hand gebruik Of het dit met hul ogies toe gedoen. Of is net ‘n poes.

  18. Stix says:

    @Drikus: Ek neem aan jy is net ontsteld oor ek jou ander fokken pervy comments wat gerig was op Irene delete het. Ek worry nie as jy wil troll nie man, en ek voel ‘n fok wat jy van my dink. Maar die gevaaalik.com het niks behalwe respek vir dames nie, en ek sal jou ongeskikte comments gerig op die gevaaalike dames nie hier laat verskyn nie.

    In terme van die “editing op daai Kadashian pic”… onstel dit jou dat ons jou idols soos konte laat lyk?

  19. Peter Bodkin says:

    Dis sensasie wat geld maak. Check nou hoe baie kak is oppad van die government se kant af. Niemand worry oor die petrolprys wat woensdag met 36c/l styg nie. Nkandla is vergete. E-tolls sal seker een of ander belaglike wet inbring. Alles onder ons neuse.
    Daar’s my 2sent

  20. Ruan Stix Fourie says:

    @Peter Bodkin: Jip, baie meer pressing issues om oor aan te gaan.

  21. Danielle says:

    @Hennie Se my waar jy jou shit koop dude.

  22. A3 says:

    Ek kan nie help om elke keer te giggel nie. Dis ‘n 10 manne, dis n defnitiewe 10.

  23. Ruan Stix Fourie says:

    @A3: Baie dankie!

  24. Chris says:

    Al wat hartseer hier is, is dat ek daai leemte waarvan jy praat probeer vul het deur hierdie kak post te lees.

  25. Ruan Stix Fourie says:

    @Chris: En toe probeer jy nog harder om die leemte in jou lewe te vul deur aandag by my te probeer kry. Het jy nie beter goed om met jou tyd te doen nie?

  26. CraftyZA says:

    Toemaar… oor ‘n paar weke kan die keyboard cowboys weer fokus op Dewani
    http://www.sabc.co.za/news/a/86f67c004324a8a3983a9845a23ba143/UK-police-working-with-SA-authorities-ahead-of-Dewani%E2%80%99s-extradition-20140403

    Daar sal ALTYD iets wees om ‘n bek te rek.

  27. Andre says:

    die laaste trek is altyd die moeilikste…

  28. Jp says:

    Ek love hierdie artikel. Ek kan nêrens deesdae iets lees wat so diep onder die oppervlakkigheid van die saamelewing wil ondersoek nie. Net dinge wat vanselfspreekend is, alledaagse twak. Geen insig nie.

    Ek like ook hoe die artikel sonder vrees ernstige dinge nie saggies probeer oordra nie, kras en direk. Dis wat ek verkies. Die kennis oor waarvoor die mens se lyf ontwerp is en wat ons dit voor vandag gebruik het my ook verstom, dit voel soms asof net ek dit weet. Die vêrdere uitspraak oor die implikasies wat dit het met hoe ons vandag lewe het dit verder gevat as wat ek aan gedink het en het my iets geleer oor die wêreld.

    10/10 would read again.

  1. March 3, 2014

    […] grys Maandag. O en dan het die hele Oscar Pistorius tos ook vandag. As jy die Oscar debakel volg, lees asb hier. Gelukkig is die Random Gevaaalikhede hier om te help met […]

  2. March 13, 2014

    […] begin bekommerd raak oor waar hulle soveel hout in bulk gaan kry. Verder hoor ons elke dag oor ou Oscar en hoe jy nie aan ‘n ander man se pistool moet vat nie – min wetend dis miskien al waaraan hy […]

  3. April 10, 2014

    […] hoop almal wat so behep is met die Oscar Pistorius hofsaak kry holkanker. Dieselfde holkanker as wat Kim Kardashian het. Jy het tog sekerlik nie […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *