Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Lady Gaga in trane oor Juanita se glorie

Na wat verneem word, is die internasionale popmusiekster Lady Gaga tans erg depressief. Haar neerslagtige toestand kom nie as gevolg van haar ongeluk tydens ‘n konsert nie, maar na aanleiding van die taning van haar populariteit in Suid-Afrika. Dié afname in Gaga-manie kan vermoedelik toegeskryf word aan die ongewone populariteit van kommin Afrikaanse musiek in Suid-Afrika.

Huh?

Ongeveer ‘n maand gelede is Gaga se album Born This Way van sy eerste plek op die Suid-Afrikaanse amptelike top 20-musieklys ontneem deur niemand anders as Juanita du Plessis nie. Du Plessis is onder meer bekend vir haar irriterende sokkie-en-suip-kak-musiek, asook haar skaamtelose uitbuiting van die Christenmark. Haar album Wees Lig het haar in Junie bo-aan die plaaslike treffersparade geplaas. Daarbenewens is sy ook onlangs vereer met die Huisgenoot Tempo-toekenning vir gewildste vroulike kunstenaar. Dit is nie bekend of Huisgenoot bewus is dat hierdie toekenning vir kunstenaars verkeerdelik aan ‘n blote vermaaklikheidster gegee is nie. Dieselfde fout is begaan deur die toekenning vir gewildste manlike kunstenaar aan Bobby dis-‘n-tottie/dit-was-die-duiwel van Jaarsveld te gee.

Daar was egter ook goeie nuus: Die Heuwels Fantasties is by dieselfde geleentheid vir hul album Wilder as die wildtuin bekroon met die toekenning vir kopskuifalbum van die jaar.

Laastens ‘n ander onbelangrikheid wat hier genoem word ter wille van gebalanseerde beriggewing: Jay van wannabe boyband in limbo Eden het die toekenning vir gewildste  pop-album van die jaar ontvang vir sy solo-album wat hy briljant genoeg Solo gedoop het, en hy het ook weggestap met die toekenning vir gewildste liedjie vir sy eentonige geteem genaamd “Melanie”.

 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *