Korn ft. Skrillex and Kill the Noise – Narcissistic Cannibal
Dinge het sleg gelyk vir Korn. Nadat Brian “Head” Welch die band verlaat het, was hulle musiek net nie meer dieselfde nie. Toe het drummer David Silveria ook die band verlaat. Ek het amper begin dink dat ek nooit weer vir my ‘n Korn album sal koop nie.
Wie sou nou kon dink dat Dubstep Korn sou red? Vir seker nie ek nie. Noudat ek mooi daaroor dink, pas dubstep eintlik goed by Korn. Dit is geen geheim dat ek ‘n groot fan van industrial/electronic musiek is nie. Nine Inch Nails en Marilyn Manson is net twee van die tipes industrial/electro musiek waarna ek ten minste een keer ‘n week luister.
The Path of Totality is die opkomende tiende album van Korn. Skrillex het drie songs daarop produce en so ook vele ander dupstep artists. Die band het besluit dat hulle hul sound wil combine met dubstep vir hierdie album. Ek dink dit klink great. Dit gaan duidelik nie vir almal wees nie, maar ek het klaar my copy van The Path of Totality ge-pre-order en ek kan nie fokken wag om dié een deur te luister nie.
Hierdie is nou nie ‘n nuwe song nie. Dit is al vir ‘n rukkie uit, maar die music video is redelik nuut. En hier is die music video vir “Narcissistic Cannibal”.
Could you please list some POPULAR dubstep and skrillex songs. Thanks