Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Top 5 albums van 2011

Hier is my take op wat die top 5 albums van 2011 is. As jy die albums nog nie het nie, koop hulle. As jy die albums klaar het koop een vir iemand vir kersfees. ‘n Goeie album bly een van die coolste geskenke wat jy vir iemand kan gee. Ok hier gat hulle, in geen spesifieke volgorde nie.

Van Coke Kartel – Wie’s Bang

Afrikaans rock en roll op sy beste. Van Coke Kartel bring in die een alles na die tafel, hard rock, mooi ballads en alles in ‘n styl wat nuut is vir Van Coke Kartel. Dit is Van Coke Kartel se beste werk en dit is ‘n album wat jy nog oor en oor gaan luister.Key tracks: Nou of Nooit, Tot die son uitkom, Moenie Dink nie

Foo Fighters – Wasting Light

Dit is lanklaas wat ek ‘n album so baie oor en oor geluister het vir weke aan een soos wat ek die Foo Fighters album geluister het. Die album is gevul met solid, harde, rock en roll tracks van begin tot einde. Geen album collection sal kompleet wees sonder die album nie.

Key tracks: White Limo, I Should Have Known, Walk

Skrillex – More Monsters and Sprites

Dubstep is nie vir almal nie maar as jy enigsin ‘n fan is van electro musiek moet jy die album hê. Met drie nuwe tracks en vier remixes van die Monsters and Sprites album af is dit ‘n awesome party album. As jy dink jy like nie dubstep/electro nie, kry vir jou die album en vreet jou woorde.

Key tracks: First of the Year (Equinox), Ruffneck (Flex), Rock ‘N’ Roll (Will Take You to the Mountain)

Pearl Jam Twenty (PJ20) Soundtrack

As jy ‘n Pearl Jam fan is, of net van een van hulle songs hou moes jy al die Pearl Jam Twenty documentary gekyk het. Dan koop jy die soundtrack tot die documentary. Twee discs met 29 songs en meer as twee ure se musiek waarvan baie nog nooit van te vore gehoor is nie. Baie live, baie skaars, baie awesome.

Key Tracks: Alles

Shadowclub – Guns and Money

Bluesy rock uit die boonste rakke. By ver die beste englese band wat tans in SA is. Shadowclub se Guns and Money album is ‘n great album wat jy defnitief deel moet maak van jou road trip musiek collection die vakansie. Die album kry jou reg vir booze, party en kop skud.

Key tracks: Good Morning Killer, Lucy, War is Over

You may also like...

1 Response

  1. December 15, 2011

    […] by gevaaalik.com maak ons geen geheim daarvan nie: Wasting Light was een van ons top vyf albums van 2011. En nou lyk dit asof daar vinnig nog 'n album van dié rock band oppad […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *