Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Hou op stress en… Skrillex

Dubstep: Dis soos ‘n nuwe tipe drug waarvan niemand genoeg kan kry nie. Jy hoor dit by elke party, in elke bra se kar en meeste clubs hou nou Dubstep parties. Ek dink dis befok!

Elektroniese musiek was nog nooit regtig my ding nie, maar dis asof Dubstep bietjie anders is. “Aggressiewe electro” is hoe ek dit sal beskryf. Iets wat jou kan op-psych in enkele minute en jou die energievlakke van’ n speed addict gee. En dit alles binne die eerste paar bass lines.

Skrillex is tans een van die grootste Dubstep-kunstenaars. Die bra gaan veroorsaak dat jy meer as net teels smelt. Sonny John Moore was eers (glo dit of nie) ‘n hardcore rockstar. Hy het begin as kitaarspeler en geëindig as vocalist vir die groep From First to Last. Hulle het redelike sukses geniet en het opgetree by ‘n paar groot konserte. Hulle het twee studio albums record (Dear Diary, My Teen Angst has a Body Count en Herion), waarna Sonny besluit het hy gaan solo gaan. Hy is reeds benoem vir vyf Grammy Awards en die BBC het ook bekend gemaak dat die Dubstep dude benoem is vir hulle “Sound of 2012”. Verder is hy ook benoem as MTV se EDM kunstenaar van die jaar, waar hy te staan gekom het teen ouens soos David Guetta en Deadmau5. Indien jy nog nie ‘n paar songs of ‘n album van Skrillex het nie, stel ek voor jy kry vir jou Scary Monsters and Sprites. Dis nie die nuutste een nie, maar een van die goeies. Gaan besoek gerus ook sy website om meer foto’s te sien en kak gevaaalike tunes te hoor.


Kyk, ek gaan nie stry nie: Hierdie bra lyk effens vreemd. Maar onthou, hy is slegs 24 (en dit is electro). Van Skrillex se nuutste werk is te hore op die nuwe Korn-album waar hy op drie van die tracks feature. Check gerus Stix se post daaroor.

Hier is een van sy meer upbeat tunes, “Rock ‘n Roll (Take me to the Mountain)”. Geniet die track en dans tot jou knieë breek!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *