Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oppikoppi Sweet/Thing

Dit begin nou alweer koud raak in Suid-Afrika en dit is nie lekker nie, maar vir my is dit altyd ‘n teken. Die koue is ‘n teken dat Oppikoppi min of meer net drie maande weg is. En hierdie jaar op 9 tot 11 Augustus gaan Oppikoppi Sweet/Thing weereens my lewe en die lewens van talle ander festival goers verander.

Die afgelope paar jaar het Oppikoppi se kaartjies uitverkoop. Goeie nuus vir die Koppi familie, minder goeie nuus vir die mense wat nie kon kaartjies kry nie. Die goeie nuus vanjaar is dat die Oppikoppi crew hard besig is om spasie te probeer maak vir nog mense om die festival te kan bywoon. Hulle lê nog water aan, maak nog spasie in die kampeerterrein en is besig om ‘n nuwe straat uit te kap vir Mordor/District 9. Klink asof daar vanjaar nie meer net plek vir 18 000 Koppi gangers gaan wees nie, maar hopelik 20 000. Al kom daar so paar ekstra kaartjies by hierdie jaar stel ek voor dat jy jou kaartjie maar koop so gou as wat jou sak toelaat. Daar sal tien teen een weer geen kaartjies te koop wees by die hek nie. Gepraat van die nuwe straat, as jy ‘n voorstel het vir ‘n naam van die straat kan jy dit op Oppikoppi se Facebook of Twitter vir hulle stuur.

Nog groter nuus! Dié jaar gaan daar meer stages vol entertainment wees. Sewe stages, om presies te wees. Party stages word afgebreek, verander, rondgeskuif of nuwe stages word gebou. Daar gaan dus vanjaar meer tunes wees en meer musiekgenres gaan ge-represent word. Daar gaan ook so ‘n paar verrassings wees. Ek hoop ons sien miskien ‘n bietjie comedians op van die stages – dis altyd ‘n lekker deel van enige festival, hoekom nie Oppikoppi ook nie?

Na die Koppi-gangers so mooi gevra het, gaan daar nou ‘n beter Oppikoppi-kampeerterrein-winkel wees. Vir al die baie noodsaaklike goed wat jy dalk by die huis mag vergeet het. En daar gaan tien teen een ‘n manier wees wat jy Windhoek blikkies gaan kan koop vir dié van julle wat nie daarvan hou om deur die pote afgetrek te word en te moet verduidelik hoekom jy ‘n helse drankwinkel se booz in jou boot het nie. Meer info hieroor wanneer ons dit het.

Hoe kry jy jou kaartjie?

Daar is ‘n paar maniere. Jy kan deur Oppikoppi se Facebook page kaartjies koop teen R700 per persoon, of jy kan by Ticketbreak.co.za kaartjies koop teen R750. Die beste deal is om jou kaartjie deur Standard Bank te koop teen R600 en jy hoef nie eers by Standard Bank te bank om dit op hierdie manier te koop nie. Sodoende help die bank jou deur ‘n gedeelte van jou kaartjie te betaal. Meer drankgeld, dus. Die kaart in plaas van geld metode word weer vanjaar gebruik om goed by Oppikoppi te koop. Die goeie nuus is dat as jy geld oor gehad het op jou kaart van laas jaar sal daar ‘n manier wees om die geld oor te dra na jou nuwe kaart. Meer info daaroor in die komende weke.

Die Kreef Hotel is die plek vir dié van julle wat nie kans sien vir Mordor/District 9 tussen die skollies nie. Dit is 0.5 ster akkomodasie by Oppikoppi met warm storte, skoon toilette, sekuriteit 24 uur ‘n dag, buffet breaky en ‘n privaat bar. Die Kreef Hotel verkoop elke jaar uit so as jy wil gaan bly soos ‘n fancy pants stel ek voor jy probeer bespreek so gou as moontlik. Om te bespreek click op die Kreef Hotel tab op die Oppikoppi Facebook page. Vir meer informasie, mail gerus vir tania[at]kreefhotel.co.za.

Wie tree vanjaar op by Oppikoppi?

Die maklikste manier om track te hou van watter bands daar gaan optree is deur die Oppikoppi Facebook page dop te hou. Hulle kondig daagliks nuwe bands aan, so volg dit maar om te sien hoe die lys groei. As jy nog nooit by Oppikoppi was nie stel ek voor dat jy hierdie jaar ‘n draai gooi, dit is iets wat elke mens ten minste een keer moet doen. Sit dit op jou bucket list.

Sien julle by Oppikoppi!

 

Laaste bietjie belangrike info:

OppiKoppi 18 Sweet\Thing is made possible in association with José Cuervo, MK, Standard Bank and Vice – sweet!

E-mail: sweetthing[at]oppikoppi.co.za

Facebook: www.facebook.com/oppikoppifestival

Twitter: @oppikoppifest

by Stix

You may also like...

5 Responses

  1. May 28, 2012

    […] jaar hou hulle by die emo-band trend deur Bullet for my Valentine die headlining act te maak vir Oppikoppi Sweet/Thing. Eerlikwaar kan ek nie minder omgee nie, ek was nog nooit 'n fan van Bullet for my Valentine nie. […]

  2. June 4, 2012

    […] kan nie wag om die ouens op die stage by Oppikoppi die jaar te sien nie! Check hulle nuwe video hier […]

  3. June 13, 2012

    […] met die week wat verby is kruip Oppikoppi al hoe nader en dit raak vir my al hoe moeiliker om my opgewondenheid terug te hou. Veral nou dat […]

  4. June 14, 2012

    […] Klap Oppikoppi Die ouens van Oppikoppi si begis om af te show. Seether kom die jaar ook Oppikoppi toe. Ek like dit, ek hoop net hulle speel meer van hulle ou goed as die nuwe goed. Kom ons wees […]

  5. May 24, 2013

    […] week sleep sy voete, maar Stoute Boudjies vrees niks! Die goeie nuus is darem dat Oppikoppi al hoe nader kom. Goeie musiek, party en 'n happiness wat deur 20 000 mense op een naweek gedeel […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *