Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Fokofpolisiekar – Swanesang die unsung South African hero van musiekalbums

In 2006 het Fokofpolisiekar Swanesang bekendgestel. Minwetend was die album ook werklik die swanesang van Fokofpolisiekar. As jy gelukkig genoeg is om Fokofpolisiekar en Swanesang te ken, is jy een van ‘n klein persentasie mense in die wêreld wat hierdie asemrowende album kan waardeer. Ek het nou die dag weer na die album geluister en aangesien dit uitgekom het lank voordat ek musiek reviews begin doen het, het ek besluit om nou ‘n review te doen van Swanesang.

Ek gaan nie om die bos tos nie. Swanesang is een van die beste albums wat die wêreld se klankgolwe nog ooit verryk het. Swanesang verdien sy plekkie tussen ander great albums soos Song for the Deaf, Master of Puppets, Ænima, Californication, Back in Black, Led Zeppelin II om net ‘n paar albums te noem wat elke rock fan in sy collection moet hê.

Vanaf die opening track, “Morningstar, Durbanville”, is dit duidelik dat jy in is vir nie net ‘n Suid-Afrikaanse meesterstuk nie, maar ‘n meesterstuk van ‘n global scale. Die album is vol songwriting soos daar nog nooit gesien is in Suid-Afrika nie. Dit is ook duidelik dat die vyf ouens wat saam Fokofpolisiekar is met hierdie album nie meer net vyf laaities is wat musiek maak nie, hulle is nou vyf musikante wat saamgespan het om uit te gaan op ‘n hoë noot.

“Heiden Heiland”, “Proritiseer” en “Brand Suid-Afrika” is die rock waarvoor Fokofpolisiekar bekend is. Dit is hard, dit is in jou gevreet en dit hou met trots die middelvinger hoog in die rigting van die establishment. Maar daar is rustiger songs ook. “Ek Skyn (Heilig)” is ‘n ballad wat nie net die rock fans en Fokofpolisiekar fans kliphard aan die saamsing het nie, maar dit het ook diegene wat Fokofpolisiekar as vyande van die kerk laat lyk het aan die sing.

“Na twee uur kan niks goed gebeur nie” en ”Wees bly jy is vry, jy’s gefok so nou fok jy ons, jou merke sal getuig van aktiewe wanhopigheid” is net van die liriese wysheid wat op die album is. Daar is nie ‘n beter stem om lewe te gee aan hierdie lirieke as die stem van Francois van Coke nie.

Op die einde van die dag sal die res van die wêreld nooit Swanesang waardeer vir wat dit is nie. Ongelukkig is Swanesang in Afrikaans en dit tel baie teen die album. Aan die ander kant is dit ‘n goeie ding, want eendag as ek die album vir my kinders speel gaan hulle net so amazed wees soos wat ek was toe ek Swanesang of Led Zeppelin II die eerste keer gehoor het. Die feit dat Swanesang ‘n Suid-Afikaanse band en Afrikaanse album is maak die album net meer spesiaal.

As jy nog steeds nie Swanesang deel gemaak het van jou musiekversameling nie stel ek voor jy doen dit eerder nou as later.

You may also like...

8 Responses

  1. Ed says:

    Daardie album vanoggend oppad werk toe gelyster, dis ‘n fokken meesterstuk

  2. Willie says:

    Ek rate nog altyd FPK as die beste band op aardbal vir die volgende rede:

    Top international bands soos Foo Fighters, Muse, Radiohead en RHCP se albums bevat gewoonlik 3 of 4 uitmuntende tracks, maar die ander 8 tracks is ‘album-fillers’ en ek skip verby dit.

    Met Fokofpolisiekar luister ek van begin tot einde en ken elke woord.

  3. Stix says:

    Ek stem Willie! Fokofpolisiekar is world class.

  4. Johan says:

    ‘n Meesterstuk!

    Ek kon dit nie beter as jy opsom nie!

  1. December 4, 2012

    […] Fokofpolisiekar is volgende jaar 10 jaar oud. Om hierdie mylpaal te vier is hulle tans besig met hulle “10 jaar” – toer, en daarmee saam het hulle pas 'n dubbel CD uitgereik met musiek en videos wat van die afgelope dekade. Kan jy glo dit is al tien jaar? Die dubbel album bestaan uit FPK ondersteuners se persoonlike gunstelinge, asook al die FPK musiekvideos, insluitende materiaal wat nog nie voorheen uitgereik is nie. […]

  2. August 5, 2013

    […] Dit is vanselfsprekend vir meeste mense wat fans is van live musiek shows kyk. Fokofpolisiekar is steeds een van die beste live performances wat jy sal sien van 'n Suid-Afrikaanse band. Die […]

  3. August 7, 2013

    […] Fokofpolisiekar gaan hulle Live DVD, Forgive them for they Suck K*k, officially launch by Oppikoppi Bewilderbeast. Net nog 'n rede om oppikoppi toe te gaan. Die live DVD word Saterdag tussen 23:00 en 01:00 gewys by die Bruilof Stage en dele van die DVD gaan ook te sien wees tussen optredes van bands. […]

  4. August 22, 2013

    […] is die toekoms van Afrikaans. Die dagga-rokende, mushroom-vretende jeug wat 'n stem gevind het in Fokofpolisiekar-lirieke. Fok dit, ons is die toekoms van die Afrikanervolk. Ek, wat tans hierdie sit en skryf […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *