Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Fokofpolisiekar – Dubbel versamel album

Fokofpolisiekar is volgende jaar 10 jaar oud. Om hierdie mylpaal te vier is hulle tans besig met hulle “10 jaar” – toer, en daarmee saam het hulle pas ‘n dubbel CD uitgereik met musiek en videos wat van die afgelope dekade. Kan jy glo dit is al tien jaar? Die dubbel album bestaan uit FPK ondersteuners se persoonlike gunstelinge, asook al die FPK musiekvideos, insluitende materiaal wat nog nie voorheen uitgereik is nie.

Hierdie dubbel CD is die ideale geskenk vir die wat hulle FPK albums iewers langs die pad verloor her, vir jonger broers en susters van FPK se oorspronklike aanhangers en vir die aanhangers wat graag al die beskikbare video materiaal wil besit. Jy kan die album vir jou bestel by kalahari.com en onthou delivery is free tans. Kersfees is mos om die draai. Vind die album op kalahari.com hier.

Die legendariese vyf-stuk Rock groep, oorspronklik van Bellville, het ‘n onvergeetbare indruk op die plaaslike musiek bedryf gemaak met hulle eerste album, As jy met vuur speel sal jy brand.  Sedert 2003 het Fokofpolisiekar ‘n kontroversiële, opwindende en uiters suksesvolle loopbaan.

Nege jaar later en net ‘n paar maande weg van hul 10-jaar herdenking as een van Suid-Afrika se mees suksesvolle groepe, bied Fokofpolisiekar nog steeds daardie magnetiese krag by hulle vertonings. Die groep se vertoning by OppiKoppi Sweet/Thing het een van die grootse skares getrek by die fees. Jy sal die volgende op die album vind:

Audio CD :

1. Hemel op die platteland ( 2:41)
2. Maak of braak (2:26)
3. Vernietig jouself (2:00)
4. Tygerberg vliegtuig (2:53)
5. Fokofpolsiekar (2:38)
6. Tevrede? (4:20)
7. Angs aanval (3:01)
8. Tiny Town (2:11)
9. Die illusie van veiligheid (4:14)
10. Ek dink aan jou as dit reën (3:41)
11. Monoloog in stereo (4:03)
12. Brand Suid-Afrika (3:22)
13. Tiener Aksie Einde (4:02)
14. Klipgooi glashuis (3:25)
15. Prioritiseer (3:42)
16. Ek Skyn (Heilig) (3:50)
17. Swanesang (3:31)
18. Bel vir Middelvinger ( 4:03)
19. Vasbeslot Korporasie (Deel 2) (3:51)
20. Tussen die krake (3:15)
21. Kyk Noord (3:04)
22. Antibiotika (2:54)
23. Hemel op die platteland (Akoesties) (3:17)

DVD :

1. Tussen Die Krake (unreleased)
2. Hemel Op Die Platteland
3. Tevrede?
4. Hemel Op Die Platteland (Akoestiese Weergawe)
5. Die Illusie Van Veiligheid
6. Tiener Aksie Einde
7. Brand Suid-Afika
8. Ek Skyn (Heilig)
9. Antibiotika
10. Maak Of Braak (unauthorised)
11. Tygerberg Vliegtuig (unauthorised)

Fokofpolisiekar is weer oppad Gauteng toe om ‘n paar shows te doen. Hulle gaan shows doen 9 Desember 2012 by Barnyard Theater in Parkview, 10 Desember 2012 die Barnyard Theater in Cresta Mall en 11 Desember 2012 by Atterbury Theater.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *