Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Afrikaans is Dood: Die Mars van die Skape is Verby

Afrikaans is dood

Vier Allergex en ‘n paar whiskeys later: Mens kort nie onwettige goed om drugs te doen nie. Maak enige Afrikanerhuis se medisynekabinet oop en jy sal meer as genoeg goed vind wat jou nie net hoog sal maak nie, maar tien teen een maklik sal doodmaak as jy dit in ‘n cocktail meng. Een van mamma se Oxycodone hier, een van boetie se Ritalin daar, gooi so paar shots van pappa se whiskey of brannas in die mix en jy is off to the races. Kom ons hoop daar is iemand in beheer van daardie lig aan die einde van hierdie tonnel waarin ek nou afstaar.

“Fokken drug addict!” hoor ek die Afrikaneroom skree vanaf die oos-paviljoen by Loftus. “Ons het nie drek soos jy in die samelewing nodig nie,” terwyl hy sy brannas en coke neer sit, sy siggaret in sy bek druk en sy knuckles begin knak voor hy huis toe ry om vroulief met sy vuis te gaan soengroet. Ons lewe in ‘n vreemde tyd. Daar is twee tipes Afrikaners en hulle verskil soos wit en swart. Verskoon die pun.

In die sestigs en sewentigs het Amerika deur ‘n psychedelic-induced revolution gegaan. In Suid-Afrika het ons regering die kak uit ons gesensor om ons te beskerm teen die booshede van die wêreld. Booshede soos David Kramer, wie se album BAKGAT! verban is deur die SABC omdat dit te polities en vulgêr was vir die beswil van die Afrikaanse volk en enige ander persoon wat in Suid-Afrika lewe. Ons Afrikanerregering het mos altyd van beter geweet.

Die Sestigers – onder andere Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach en Andre P. Brink – het die moedertaal gebruik om in vrede protes aan te teken teen die apartheidsregering. Na Breytenbach na Frankryk gevlug (dit na assassination attempts op sy lewe deur die regering wat besig was om ons te beskerm teen booshede, maar jy het dit nie by my gehoor nie) gegaan het is hy getroud met ‘n Franse vrou van Viëtnamese afkoms. Dit het veroorsaak dat Breytenbach nie toegelaat is om terug te kom na Suid-Afrika toe nie oor twee goed: “The Prohibition of Mixed Marriages Act” en “The Immorality Act”. Die twee goed het dit teen die wet gemaak om te trou met ‘n persoon van ‘n ander ras. Enige ras behalwe wit. Het julle al gesien hoe hot Ashwarya Rai is? Breytenbach is toe eventually toegesluit vir sy crimes en uit sy pen kom The True Confessions of an Albino Terrorist oor sy tyd in die tronk.

Ja, ons was fucked daai tyd. Gelukkig was ons fucked op ‘n prosperous level. Ekonomies het dit goed gegaan met Suid-Afrika – dit is nou as jy die sanksies misgekyk het. Vandag is ons ook fucked. Fucked deur korrupsie en fucked deur die laaste stuiptrekkings van daardie Afrikanerapartheid-Frankenstein monster. Daardie monster waarvoor ek en jy nou moet betaal, asof ons die lyke opgegrou het en die Frankenstein self aanmekaar gesit het. “Jesus help ons want die duiwel kyk nie meer so mooi na sy kinders nie,” hoor ek ‘n stem skree.

Afrikaans is in die kak. Ons het nou ‘n clear divide bereik tussen Afrikaners soos ek en jy, en Afrikaners soos die wat David Kramer se musiek uit ons ore wou hou. Van ons verstaan die onnoselheid daarvan dat dagga onwettig is en van ons is so onnosel dat ons Beeld koop oor ons die opskrif “Kurt begin weer dans, stadig” gelees het op ‘n paal oppad werk toe. Ons mars nie meer net soos skape nie. Die dae van suiwer Afrikaans is dood saam met die dae van die suiwer wit Afrikanervolk. Ek is eerder vuil en eerlik as skoon en ‘n poes. Die is ‘n nuwe Afrikaans, ‘n slimmer en meer ingeligte Afrikaans.

Ons is die toekoms van Afrikaans. Die dagga-rokende, mushroom-vretende jeug wat ‘n stem gevind het in Fokofpolisiekar-lirieke. Fok dit, ons is die toekoms van die Afrikanervolk. Ek, wat tans hierdie sit en skryf terwyl die Allergex en whiskey saam hulle magic dans doen, ek is die toekoms van Afrikaans. “Satan help ons want Jesus kyk nie meer so mooi na sy kinders nie,” hoor ek ‘n stem skree.

*Illustration deur Danielle Roe. Twitter: @danielle_roe Instragram: ella_roo

You may also like...

23 Responses

  1. pisgesig says:

    Goeie stuk, maar pasop vir veralgemening

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @pisgesig: “pasop” en “versigtig” is twee woorde wat nie in my dialek verskyn nie.

  3. Shaun says:

    Baie Afrikaans sprekende mense is nog baie gedoktrineer in die sin van dat ons met “open minds” kan lewe. Dis my persoonlike opinie – ek sien dit elke dag/nag as ek saam vriende uitgaan vir die bogenoemde brannas en sigarette.

    Ek dink net meeste Afrikaans sprekendes is te kak sleg om ‘n stappie vorentoe te gee, want hulle hak vas in die Fokof-generasie. Dit was toe ‘n nuwe ding, en nou dat dit gevestig is, en nie meer genoeg nie, kan die klomp niks doen nie, want daar is niemand wat met ‘n lepeltjie staan en orders uitdeel nie. Eweskielik is daar mos nou niks meer waar-agter hulle kan wegkruip nie.

  4. RocketLou says:

    Van drugs gepraat; sinutab werk beter dis vol effedrien, jys soos i duracell bunnie op steriods, het dit toevallig ondek 🙂 probeer dit gerus, jou vrou, girl houvrou one nite stand sal jou performance ook meer geniet!

    Ek is van die nude girls era, sluit in sugerdrive, Koos Kombuis Valient Swart, liteum, sarin gas( ja voor hulle seether was )Wonderboom ( wat kitaar stukkent slaan op koppi se main stage in ’98, te gerook is om op te tree in ’99’2000 jool en ‘n uur later eers kon optree ) Not my dog ( voor the narrow se dae ). Dit het die musiek scene verander, almal is dalk nie afikaanse bands nie as sulks nie, maar ouens wat ‘n verskil gemaak het.

    Poliesiekar het niks nuuts begin nie, is ook nie nuut nie, wel ‘n band maar so is baie ander ook. Hulle define nie suid afrikaanse musiek alleen nie. Daar sal nog baie band na hulle kom wat gaan beter doen en nuwe rigtings inslaan en waaroor daar ook baie geskryf gaan word. Hulle was bloot kontroversieel, omdat hulle dit goed gedink het om God te vloek. En nee ek doubt satan gaan jou help, miskien van die wal af in die sloot 🙂

    Nes my pa gedink het Elvis is the shit, en ek gedink het die nudies is the shit en jy dink polisiekar is the shit so kom en gaan bands, goeies en slegtes.

    Lank Lewe Goeie SEX DRUGS ROCK EN ROLL( of heavy metal )

  5. Shaun says:

    @RocketLou

    Fantastiese antwoord – ek is baie jonger as jy (ek neem so aan). Ekt in die fokof era groot geword. Ek was self daar toe hulle flyers uitgedeel het as ‘n ‘punk band’.

    Ek kan niks bylas nie – maar slegs my opinie gee van ‘n perd wat deur die fokof-generasie geshape is.

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @RocketLou: Kyk Fokofpolisiekar was defnitief nie die eerste rock band nie. Voor Fokofpolisiekar was daar Voëlvry met Johannes Kerkorrel ens. Ek het Fokofpolsiekar gebruik as ‘n voorbeeld van musiek wat ‘n generasie ‘n stem gegee het. Ja, dit is miskien nie jou generasie nie, maar dit is ‘n generasie wat nou deel vorm van die nuwe Afrikaner.

    Fokofpolisiekar was nie net kontroversieël oor hulle “God” gevloek het nie. Hulle het golwe gemaak omdat hulle aanklank gevind het by soveel mense en omdat die hulle die boodjie van die “ou Afrikaner met hulle preetse views” geskud het. Weereens, Fokofpolisiekar was net die band wat ek gebruik het as voorbeeld in die stuk. Ek kon net so maklik die Johannes Kerkorrel gebruik het.

    My punt met hierdie stuk was om uit te wys dat daar ‘n divide in die Afrikaners is. Die wat grootgeword het sonder die oogklappe wat aangeplak is deur die wat besluit het vir ons hoe ons moet voel, en die wat groot geword het en besluit het dat hulle hul eie keuses gaan maak en fok wat die preetse drolle vir ons wil voer.

  7. Johan Swarts says:

    Nou ja, voor jou Twitter-gebruikers jou vloek omdat jy hulle met hierdie gesprek SPAM – laat ek hier aangaan 🙂

    Ek verskil so effens van jou. Drie punte:

    1. Ek dink dit is onregverdig om ‘n tweedeling tussen twee soorte Afrikaners op te stel met die sogenaamde konserwatiewe oom aan die een kant en die “verligte”, jong Afrikaner aan die ander kant. Ek dink beide is strooipoppe.

    2. Jy misgis jouself waarskynlik indien jy dink “Die dagga-rokende, mushroom-vretende jeug wat ‘n stem gevind het in Fokofpolisiekar-lirieke” is noodwendig meer “verlig” en sonder oogklappe as “die Afrikaneroom [wat] skree vanaf die oos-paviljoen by Loftus” (weereens: ‘n strooipop). Case in point:

    3. Dis ‘n bietjie verspot om te dink jong, wit kinders is “die toekoms van Afrikaans”. Laas toe ek gekyk het, was hulle nie die enigste Afrikaanssprekers nie.

  8. DapperTrapper says:

    Ek dink baie van ons kan opinies gee en dit en dat byvoeg as ons wil, maar ons moet ook probeer kyk uit die oogpunt van die skrywer. Dis ‘n opinion piece wat vir my baie, baie goed geskryf is. Dis opreg. Dis eerlik. Dis wat ons moet hoor. Jy sien nie meer hierdie elke dag nie, want ons is bang. Ons beweeg weg van activism af en begin meer slactivism toepas.

    “Hoop” is dalk ‘n té groot woord om te sê wat ek gevoel het toe ek die stuk gelees het maar tog was daar ‘n stuk trots of “hoop”. Ek het ook groot geword met Fokofpolisiekar in my ore. Ek kan ook VIVA skree as ek wil. Maar, Afrikaans is soos Stix sê “in die kak”. Ek vat in die musiek bedryf; kyk hoe volg ons mekaar soos skape na die internasionale kunstenaars, want baie van ons Afrikaanse kusntenaars is bloot te kak om te ondersteun. Ek verstaan dit. Maar is dit waar die sogenaamde “devide” inkom? Dit gebeur op sportvlak ook. Hoeveel plaaslike spelers gaan oorsee (nie dat ek eintlik rappie kan praat nie).

    @Johan, ek het al baie van jou goed gelees. Ek het ook al (wat ek voel was) ‘n kontroversiële stuk so paar jaar terug van jou gelees en dit was briljant (ek kan nie nou presies onthou waaroor of wat dit was nie, ek dink dit kan dalk die rassis een wees). Ek dink Stix het net meer uitgebrei “uit sy oogpunt uit” en bietjie op die Afrikanervolk gefokus, want dis IS NIE meer soos wat dit was nie (van wat ek kan aflei, ek is nie in ‘n plek waar ek eintlik kan vingers wys en sê dat dit wel so is of was nie). Daar was altyd vir ons besluit. Vir ons gesê wat om te doen. Tye het verander en steeds word dit gesien as opstandig? Verstandig en selfstandig eerder! Dit is tyd dat ons vir onsself begin dink. Dit lei weer dat elke een sy eie opinie het. Opinions are like assholes. Everyone’s got one but everyone thinks everyone else’s stinks.

    Ek voel dat wat Stix sê van die “dagga-rokende, mushroom-vretende jeug” het wel ‘n stem, want dit is (on)gelukkig waar ons staan. En hulle is meer verlig. Hulle het ook ‘n ander siening in die lewe; seker omdat hul hul derde oog ontwikkel. Hoekom luister ons nie bietjie wat hul te sê het nie, en plaas van baklei en vingers wees saam te gesels en ‘n gemeenskap ontwikkel nie.

  9. Ruan Stix Fourie says:

    @Johan Swarts: Eerstens wil ek net dankie sê dat jy die tyd vat om te comment. Ek moet ook duidelik maak dat dit heeltemal fine is met my as jy nie saam stem met my nie. Jy sal verseker nie die eerste een wees nie en ek kan jou ook waarborg jy gaan nie die laaste een wees nie. Maar ek verkies dit so want dit hou my op my tone en soms is die critiques reg.

    1) Die rede hoekom ek Afrikaners in twee verdeel is omdat ek nie die tyd of die energie het om elke moontlike tipe Afrikaner te noem nie. Die rede hoekom ek die Afrikaneroom gebruik is omdat dit my manier was om te uit te wys hoe hypocritical sommige Afrikaners kan wees. “Moet nie dagga rook nie.” Skree die ou terwyl hy twee drugs gebruik wat baie meer gevaarlik is as wat dagga ooit sal wees. Preuts het niks daarmee te doen nie. Preuts is een ding, my ma is preuts. ‘n Mens kan preets wees sonder om ‘n doos daaroor te wees. Jy is die een wat die woord preuts gebruik, ek gebruik dit nie een keer nie.

    Om deel te wees van die ander kant van die spektrum hoef jy nie jonk te wees nie, maar meeste van ons wat dinge bevraagteken en nie net meer aanvaar wat vir ons gevoer word nie is van die jonger garde. Dit kan wees oor ons regering nie meer vir ons besluit wat ons lees/luister/inneem nie, of dit kan wees oor ons nou net makliker toegang het tot informasie met die internet.

    2) Ek sê nie dat die dagga-rokende, mushroom-vretende jeug wat ‘n stem gevind het in Fokofpolisiekar-lirieke meer enlightened is nie. Daar is baie mense wat stem gevind het in Fokofpolisiekar-lirieke wat ek nie kan verdra nie. Die punt wat ek hier probeer maak het is dat ons nou vir onsself kan uitvind of dagga en mushrooms regtig so sleg is soos wat vir ons vertel is. En raai wat? Dit is nie. Ek teken prentjies met woorde en daardie was vir my ‘n mooi prentjie gewees.

    3) Ek sê nerens in die stuk dat ek praat van net wit Afrikaansprekendes nie. Ek het swart vriende wat Afrikaans is, en coloured vriende ook wat Afrikaans is en hulle is ook Fokofpolisiekar fans. Hulle is ook deel van die nuwe Afrikanervolk. Dit is waar die hele “Die dae van suiwer Afrikaans is dood saam met die dae van die suiwer wit Afrikanervolk.” ding in kom. Daardie is ‘n afleiding wat jy self gemaak het. Hoekom jy dit sou doen is jou saak en miskien moet jy bietjie introspective raak en probeer bepaal hoekom jy so afleiding sal maak.

  10. So se suster sara says:

    Ek sit in korea soos n hele paar ander verlore afrikaanse boertjies wat die grootmens wereld probeer vermy, en het jou artikel geniet. Maar ek wil tog n ander angle hier in gooi;
    Ek stem honderd-en-fokken-tien persent saam met jou oor die yslike gaping in pespektief oor dwelms ,sex, ras, en geloof en allerande kak wat bestaan in die twee groepe wat jy gemaak het. Ook dat n trippie en n spliffie defnitief n helping hand is in die liberation of ze mindhole. Maar Elke generasie het sy issues en sy idiots en sy baanbrekers.elke land het hulle ook! As ek praat met my Aussie, Kiwi, en Amerikaanse vriende sug hulle ook gereeld oor hoe kakdom party mense kan wees. My een kiwi vriendin het dit mooi elegant uitgedruk toe ek ‘ Biggy and Mouse se rap vir die Burger ‘ vir haar gewys het; “ah I am so glad its not just New Zealand that has stupid fucks like that” ek bedoel die Fokken volgende generasie van ‘ ingeligtes’ maak my ook bang met tweets oor hulle awesome toebroodjies, facebook profile pics wat verander word elke dag, en hashtags wat soos sterte agter elke prentjie in stringe hang wat skree vir aandag. God help ons. Hulle doen dwelms . Dit maak hulle nie beter of slimmer mense nie.
    My punt is die: net omdat daar nog idiots is beteken nie afrikaans is in die kak nie. Daardie twee groepe van mense het nog altyd en sal nog altyd oorals bestaan en afrikaaners is nie n uitsondering nie. En die verskynsel dat die die nuut altyd weerstand sal kry van die oud is ook n age old phenomenon.
    Daar is wel n vet kakstreep gelaat op die wit lap van the free-finking-zol-klapping boerie se mentaliteit in my pespektief en dit is n sterk under-current van ‘ hierdie is nie my kak nie’. Soos jy in jou stuk stel van die frankenstein monster van apartheid wat ons nou voor betaal’ Ons was ons hande in onskuld en verwyder onself so ver as moontlik van die voute van ons voorvaders ,soveel so, dat ons nou as touskouers , joint in hand, kyk hoe kak ons land verder. want jy weet, dis nie my skuld nie.lifes n bitch en ja dit is nie ons skuld nie maar dit is defnitief ons probleem. Vra ook jouself die vraag presies watse prys betaal JY? En as dit so groot n prys was so jy nie al lankal dalk iets begin doen het om jou situasie te verander nie? Ons is te passief om te baklei vir die ‘ hulpelose situasie’ wat ons in die gesig staar. ons is te bang vir die woord rasis. die taak wat voor ons le skree ADMIN en ons weet hoe voel stoners oor admin. ons is maar eintlik net helemal te gemaklik waar ons is: op die kant line. Joint in hand.
    Dit maak my bang.
    Die lewe hou drie opsies in vir as iets jou in die knaaters knuip. Change it. Deal with it. Or complain about it. Ongellukig lyk dit my ons het opsie drie gekies.
    Let wel ek weet dit is n damn moeilike booitjie wat ons in is.
    Let LET wel ek hou myself ook glad nie high and mighty hier nie. Ek is in fokken korea. Sonder n joint. Nog erger!

  11. Johan Swarts says:

    🙂

    1. Ek is nie seker hoe ek jou hier moet verstaan nie. Jy skryf in jou tweede paragraaf: “Daar is twee tipes Afrikaners en hulle verskil soos wit en swart.” Hoe anders moet ek hierdie sin interpreteer?

    2. Ek is weereens nie seker hoe ek jou hier moet verstaan nie. Jy skryf:

    a. “Ons het nou ‘n clear divide bereik tussen Afrikaners soos ek en jy, en Afrikaners soos die wat David Kramer se musiek uit ons ore wou hou.”

    b. “Van ons verstaan die onnoselheid daarvan dat dagga onwettig is en van ons is so onnosel dat ons Beeld koop oor ons die opskrif “Kurt begin weer dans, stadig” gelees het op ‘n paal oppad werk toe”

    c. “Die is ‘n nuwe Afrikaans, ‘n slimmer en meer ingeligte Afrikaans.”

    As ek nie hieruit moet aflei dat “ons” meer verlig as “hulle” is nie, help my dan gerus reg. Hoe lees ek jou verkeerd?

    3. Ek het baie Afrikaanssprekende vriende van ander etniese groepe. Hulle definieer hulself nie as Afrikaners nie. Ek het al een of twee teëgekom wat dit wel doen, maar hulle is die minderheid en word deur hul porture as vreemd beskou.

  12. Ruan Stix Fourie says:

    @Johan Swarts: Jy hou aan goed aanhaal uit die stuk uit en dit wil voorkom of jy nie bietjie buite die boks kan dink nie. Ek gee op, ek kan dit nie beter verduidelik as wat ek al reeds het nie. Dit is soos om ‘n mushroom trip te probeer verduidelik aan iemand wat nog nooit mushrooms gedoen het nie.

  13. DapperTrapper says:

    Ek wil net sê ek dink julle almal is mooi en het goeie punte. Waardeer die stukkie werk en die harde werk wat in die artikel ingesit is.

    ps. Tenminste het dit ons almal maak dink. Die gif moet uit.

  14. Johan Swarts says:

    @Ruan – So wat jy vir my sê, is dat ek alles wat jy skryf, moet ignoreer, en eintlik moes ruik wat jy gedink het?

  15. Ruan Stix Fourie says:

    @Johan Swarts: Nee. Wat ek sê is dat jy klaar jou keuse gemaak het en niks wat ek sê gaan dit verander nie.

  16. Johan Swarts says:

    Laat weet my as jy in die Kaap draai, dan gaan drink ons ‘n bier.

  17. RocketLou says:

    Ek is so bly almal verskil van mekaar, dit maak ons opregte blou blou afrikaners! Ja dit is so opinies verskil en mense verskil en dit sal altyd sorg vir opwindende debat ( iets wat belangrik is op ‘n blog volgens my, sonder om mekaar name te noem want jy verskil )

    En NEE almal kan nie oor die selfde kam geskeer word nie en sontyds is veralgemening nodig om ‘n punt oor te dra ( nie alle wit ouens het klein toties nie en nee nie alle africans het nie pale nie ) dis net ‘n manier om nuus oor te dra. Almal kan nie nie gelukkig gehou word met een skrywer se gedagtes wat hy neergepen het nie. sela

    My punt wat ek wil maak is dit: ( drum roll ) jy het die vlag opgeneem vir waarin jy glo dagga rokende mushroom etende juig, nes ek, nes die voelvry beweging voor ons en die hippies voor hulle die LSD kouende juig………… MAAR somewhere along the line kry jy die vrou of girl of houvrou ens van jou drome en jy leef die surbanban droom .Vrou trou en kinders kry………… nes polisie kar dit so mooi vir ons uitgelig het, en jy los die vlag en iemand anders neem die vlag oor. is jy ‘n veraaier ondat jy die vlag gelos het en die crowd gejoin het? miskien miskien nie, gaan daar iemand kom na jou om die vlag te hou? ja verseker!

    Dankie dat jy ‘n biekie die vlag vashou!!!!!!!

  18. John says:

    Ek moet sê dis goed om almal se opinies te lees. Dit is inderdaad waaroor blogs gaan. Om jou opinie neer te pen vir die wereld om te sien.

    Great stuff aan almal.

  1. August 23, 2013

    […] vir al die feedback, shares en comments oor my stuk "Afrikaans is dood: Die Mars van die Skape is Verby". Dit is duidelik dat daar baie mense is wat saam stem met my en 'n hele paar wat dink ek is 'n […]

  2. October 25, 2013

    […] die feministe. Lyk my hulle weet wanneer om hul bekke te hou. Ek wens ek kon dieselfde se vir die Afrikaner volk. Maar my stukkie oor die E-Toll gister het so paar comments gekry wat my laat kop krap. Ons moet […]

  3. November 11, 2013

    […] of my twisted point of view: Afrikaans is dood: Die Mars van die Skape is verby Representative of my love for the female form: Gevaaalike Dames Representative of my love for […]

  4. December 27, 2013

    […] Afrikaans is Dood: Die Mars van die Skape is Verby […]

  5. September 2, 2015

    […] Afrikaners geword het nie. Dan vat ek ‘n lekker diep trek en herhinder myself dat meeste Afrikaners nog skape is wat gelei moet word. Gotdank die nuwe generasie Afrikaners is besig om die leiband te gryp voor […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *