Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oppikoppi Bewilderbeast: 10 Bands wat jy gaan wil sien

Die week het uiteindelik aangebreek. Oppikoppi Bewilderbeast! Van Donderdag af gaan die bosveld buite Northam weer weumel van die musiek lovers by Oppikoppi Bewilderbeast. Ja, die musiek is nie die enigste rede om Oppikoppi toe te gaan nie, daar is te veel redes om hier te lys. Tog speel die musiek ‘n groot rol en dit is altyd vir my ‘n big deal om soveel bands te sien as wat ek kan. Maar dit is moeilik. Daar is 6 stages en ongelooflik baie musiek optredes wat dit moeilik kan maak om te kies. Ek het dus besluit om vir jou ‘n lysie te maak van 10 bands wat jy miskien sal wil sien by Oppikoppi Bewilderbeast.

Oppikoppi Bewilderbeast Main Stage

Die Oppikoppi Bewilderbeast James Phillips Main Stage

Oppikoppi Bewilderbeast 10 band hit list

  • Fokofpolisiekar. Dit is vanselfsprekend vir meeste mense wat fans is van live musiek shows kyk. Fokofpolisiekar is steeds een van die beste live performances wat jy sal sien van ‘n Suid-Afrikaanse band. Die ouens het tog met hulle ongelooflike musiek en live shows Afrikaans rock weer terug op die map gesit. Jy kan Fokofplisiekar Donderdag aand 01:00 sien by die Wesley’s Dome Stage.
  • Dan Patlansky en Albert Frost. Ek sit die twee saam omdat hulle altwee uistekend is en jy nie kan bekostig om een van die twee te mis nie. Die blues legende wat Dan Patlansky is, is altyd een om te sien. Die eerste keer wat ek vir Dan live gesien het was by Oppikoppi en sedert dan is ek ‘n groot fan. Albert Frost is ook een wat jy moet sien want hy het immers al elke Oppikoppi ooit gespeel, so vat die maar as ‘n double whammy. Jy kan Dan Patlansky sien Donderdag aand 23:00 by Wesley’s Dome Stage en Albert Frost Vrydag 15:00 by die Skellum Stage.
  • The Black Cat Bones. Hulle is vinnig besig om een van die bekendste bands in Suid-Afrika te word. Daar is menigte redes daarvoor. Hulle is awesome dudes, hulle musiek is great en hulle live shows is altyd fun. Jy kan hulle sommer vang tussen Dan Patlansky en Fokopolisekar. The Black Cat Bones speel Donderdag aand 00:00 die James Phillips Main Stage of jy kan hulle “deboned sien Vrydag 19:00 by die Ray-Ban Top Stage.
  • Goodnight Wembley. George van der Spuy van Taxi Violence se ander band is Goodnight Wembley. As jy hou van rock dan is die een wat jy verseker nie wil mis nie. Hulle het great songs, soos “Time Machine“. Ek kan nie wag om hulle te kyk nie. Jy kan Goodnight Wembley 16:00 vang by die Wesley’s Dome Stage na jy by Alber Frost se show was.
  • Shadowclub. Ek het al heeltemal te veel op gevaaalik.com vertel hoe baie ek hou van Shadowclub. Hulle is beslis een van my favourite bands. Hulle album Guns and Money is great, maar hulle is baie baie baie beter live. Jy kan Shadowclub vang Vrydag 22:00 by die Wesley’s Dome Stage.
  • Bittereinder gevolg deur Jack Parow. Ja, Afrikaans rap represent lekker die jaar by Oppikoppi en die een is nog ‘n double whammy wat jy spyt sal wees oor as jy dit mis. Bittereinder speel Vrydag 00:00 Wesley’s Dome Stage en dan 01:00 speel Jack Parow die James Philips Main Stage. Maak seker jy hol van die een na die ander want dit gaan gevaaalik wees.
  • The Narrow. As jy ‘n fan is van Suid-Afrikaanse rock sal ek nie eers kan dink hoekom jy The Narrow sal wil mis nie. Die ouens se shows is altyd awesome. Die is ‘n great een om te sien net voor Deftones. As jy by RAMfest was toe The Narrow gespeel het voor In Flames sal jy verstaan hoekom die great gaan wees. Jy kan The Narrow vang Saterdag 21:00 by Wesley’s Dome Stage.
  • Jeremy Loops. Die one man (nie altyd heeltemal alleen nie) gypsy band is altyd ‘n belewenis om live te sien. Hy is lekker besig op die stage en om te sien hoe hy sy musiek maak is altyd iets wat jy jou vriende van gaan vertel. Jy kan vir Jeremy Loops vang Saterdag 16:00 by die James Phillips Main Stage.
  • Manchester Orchestra. Eerlikwaar, I don’t get it. Ek het na die ouens probeer luister, maar dit werk net nie vir my nie. Maar dit is ‘n goeie ding om jouself uit jou comfort zone te haal elke nou en dan. Manchester Orchestra is waar ek myself uit my comfort zone gaan haal en jy kan my join Saterdag 20:00 by die James Phillips Main Stage vir dit.
  • Deftones. Julle almal het geweet hulle gaan op die lys wees. Jy kan nie bekostig om die een te mis nie, vir twee redes: Dit is die Deftones fokker en jy gaan tien teen een nooit weer kans kry om hulle in Suid-Afrika te sien nie. Deftones speel Saterdag 23:00 by Wesley’s Dome Stage en ek stel voor jy kry jou gat daar.

Ok, ek weet, dit is nie net 10 bands nie. Dit is effens meer. Hierdie lys is nie set in stone nie, dit is wat ek gaan probeer sien. Voel vry om dit ook te doen, of voel vry om te maak wat jy wil. Oppikoppi is altyd moeilik om te beplan en met my eie experience kan ek vir julle sê dat dit nie gaan uitwerk soos jy dit beplan nie en ek dink Oppikoppi Bewilderbeast gaan nie anders wees nie. Maar gaan na die Oppikoppi Website en print maar vir jou die line-up van elke dag. Dit help.

Geniet die jaar se Oppikoppi Bewilderbeast bitches. Sien julle in die stof of aan die ander kant.

You may also like...

3 Responses

  1. August 6, 2013

    […] Oppikoppi Bewilderbeast is net so paar daggies weg. Ek is fokken opgewonde, soos elke jaar. Saterdag aand gaan ek ook die […]

  2. August 12, 2013

    […] a result van ons laid back approach tot alles het ons net voor 12:00 Donderdag middag by Oppikoppi Bewilderbeast aangekom. Ons was teleurgesteld want Windhoek het ons gewone kamp spot gesteel vir hulle "Klein […]

  3. August 14, 2013

    […] gevoel as Vrydag oggend. Ek het besluit dat dit defnitief is omdat ek nog 'n dag se vuil op my het. Oppikoppi Bewilderbeast was nie so stowwerig soos van die ander jare se Koppies nie, maar daar is altyd stof. Ek vang elke […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *