Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nuwe Slipknot video, nuwe maskers en nuwe bassist?

Slipknot het Vrydagaand hulle nuwe video bekendgestel vir die song “The Devil in I”. In die video sien ons nuwe Slipknot maskers vir die lede van die groep. Jim Root (guitar) het vir my steeds die coolste masker. Corey Taylor se nuwe masker is ook baie cool; baie meer formfitting as sy vorige maskers, en sy mond is baie meer sigbaar in die nuwe masker. Wat ook uitstaan in die video is dat die drummer en die bassist dieselfde maskers aan het.

New Slipknot masks The Devil in I

Die is Slipknot se eerste album na die dood van hul bassist Paul Gray. Dit is ook seker hoekom die nuwe album wat 21 Oktober beskikbaar gaan wees 5: The Gray Chapter genoem is. Het Slipknot perongeluk in die nuwe video die identiteit van hulle nuwe bassist weggegee? Die foto hier onder wys die tattoo op die hand van die nuwe bassist, ‘n tattoo wat baie lyk soos die tattoo van Alessandro Venturella. Ventrurella het gewerk as guitar tech vir Mastodon, so dit sal nie ‘n groot sprong wees vir hom om nou Slipknot se nuwe bassist te wees nie.

New Slipknot bassist

Alessandro Venturella New Slipknot bassist

Ek kan nie wag vir die nuwe album nie. “The Devil in I” is deur baie fans afgeskryf as ‘n Stone Sour song, maar die eerste smakie wat ons gekry het van Slipknot se nuwe werk was aansienlik harder, “The Negative One” was baie soos Iowa dae Slipknot. Ons weet steeds nie wie vir Paul Gray en Joey Jordison gaan vervang nie, hulle mag dalk nooit officially vervang word nie. Tog is dit lekker om te speculate. Ek sal nie omgee as dit Alessandro Venturella is wat die bass posisie oorneem nie.

You may also like...

2 Responses

  1. September 19, 2014

    […] paar dae terug het Slipknot hulle nwe maskers bekend gemaak in die video vir "The Devil in I", die eerste single vanaf hulle komende album 5: The Gray Chapter. Dit is Slipknot se eerste album […]

  2. October 13, 2014

    […] jy 'n Slipknot fan is het jy seker al 'The Negative One' en die ongelooflike catchy 'The Devil in I' gehoor. Altwee songs van Slipknot se nuwe album 5: The Gray Chapter wat 21 Oktober release word. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *