Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Van Coke Kartel – Wie’s Bang resensie

Van Coke Kartel (VCK) is die hardste rocking band in Suid-Afrika en Wie’s Bang , hulle nuwe album is hier om jou te wys wat Van Coke Kartel alles kan doen.

Van die heel eerste riff af is dit duidelik dat hierdie album glad nie gaan wees soos enige iets wat jy al gehoor het van VCK af nie. Die eerste song “Nou of Nooit” begin met ‘n riff wat mense laat dink aan 80’s rock. Vol energie en krag soos wat ons VCK ken, maar met ‘n nuwe smaak daarby. Dit is eintlik ‘n perfekte manier om die hele album op te som. VCK, maar anders.

Jedd kan deur die hele album duidelik gehoor word met mean guitar solo’s. Jason is solid soos ooit op die dromme en ek is oortuig dat hy een van die beste drummers is wat die wêreld nog ooit gesien het. Francois se vocals is supercharged en Wynand rock die bass soos altyd. Dit klink asof VCK as band nou die setup bereik het wat hulle musiek verdien.

Dis ‘n Land” is die tweede single van Wie’s Bang af. Ek moet erken dat ek nie die eerste keer wat ek die song gehoor het heeltemal oortuig was nie. Maar hierdie een het die vermoë om op jou te groei en hy gaan nie vinnig oud word nie. Radio stasies gaan dit ook love. Met lirieke soos “Dis ‘n land van korrupsie en goddank, dis ‘n land van liefde vir drank”, hoe kan jy nie van die song hou nie?

Die hele album is gevul met sosiale en politiese kommentaar. Dit maak dit duidelik dat VCK nie net musiek skryf nie, maar dat daar gedink word oor lirieke en dat gebeure in ons land ‘n groot influence is as dit kom by die skryf van hulle musiek. “Tot die son uitkom” bring weer een van die rustiger tunes waarvoor VCK ook bekend is. ‘n Mooi ballade wat nog kliphard gesing gaan word in baie karre oor die komende maande.

“Moenie dink nie” is ‘n balls to the wall rock and roll song met een van die most catchy basslines wat ek al gehoor het. Die lirieke is vol politiese kommentaar en die middelvingers word met trots in die gesig van die “man” gedruk. Dit is sover (na ek die album al agt keer geluister het) my gunsteling song. Jack Parow maak ook sy stem dik en hou by die houding van die res van die album in die song “Chaos”.

Van Coke Kartel is een van die min bands wat nie hoef te hou by ‘n sekere klank nie. Hulle try verskillende goed en dit werk. Die klank is vars, tog bekend. Van Coke Kartel stel weereens nie teleur met Wie’s Bang nie. Sit die een maar op jou lysie aan Krismisvader.

You may also like...

2 Responses

  1. January 23, 2012

    […] jy die song 'n paar keer gehoor het like jy dit al hoe meer. Nes die Album waarvan af die song kom (Wie's Bang) is die song 'n […]

  2. April 16, 2013

    […] se bekendste music video's gemaak. In die nuwe video vir "Dankie, Ek is Veiligh Hier" vanaf die Wie's Bang album kry ons so bietjie van 'n behind the scenes/backstage/tour tiepe vibe. Dit is 'n cool video, […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *