Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

SA se volgende uitvoerprodukte

Howzit aan al die dansverslaafdes!

Ek hoop julle brasse het ‘n befokte naweek gehad en sien kak baie uit na die week wat voorlê. If you can’t beat them, join them. Meeste van jule musiekjunkies sal weet dat die SA music scene (veral die rock scene) baie gegroei het oor die afgelope vyf jaar. Verby is die dae dat radiostasies jou dwing om Tweak te luister. Daar is genuine ‘n paar befokte bands daarbuite. Die ouens is nog taamlik unknown, maar hulle maak befokte musiek.

Ek het verlede week die tyd geneem en ‘n paar van hierdie groot dromers gaan uitsoek. Nou kyk, ek is geen Annie (Die Rockjagter) Klopper nie (en dank vader daarvoor), maar die volgende ouens het my oor gevang.

Holiday Murray

Ek weet jy gaan sê “Nie nog ‘n fokken band van die Kaap af nie!”, maar dis ongelukkig die realiteit. In fact, albei bands wat ek vandag aan julle voorstel is van die Kaap. Dit moet verseker daai plat berg wees. Een of ander sub-spirituele force trek/gee inspirasie aan elke jong dromer wat ‘n instrument optel. Nou ja, ek moan nie, want die eindproduk was nog altyd befok.

Holiday Murray is tipe van n mix tussen Jack Johnson, Tidal Waves en Bob Marley, natuurlik met ‘n moerse SA twist. Dis die musiek wat jy wil hoor as jy al 11h00 die oggend by ‘n strandkroeg sit, of dalk die pad aanvat vir ‘n goeie old-fashioned roadtrip.  Gaan besoek hulle Facebook page en luister self.

Volgende…

The Plastics

Hierdie ouens is al effens langer in die bedryf en ja, jy’t reg geraai, hulle is ook van die Kaap af. Hul styl kan beskryf word as Indie meets SA rock. Daars ‘n duidelike influence van bands soos The Strokes en The Kooks met ‘n wilde mix van hul eie klank in between. Hierdie ouens het reeds ‘n groot cult-like following in die Kaap en word deur MK beskryf as een van ons land se volgende “uitvoerprodukte”.

Die band het ontstaan toe twee broers besluit het om hul eie band te begin. Vandag is hulle ‘n suksesvolle four piece band wat reeds ‘n top 10 nomination ontvang het by die Los Angeles music video festival. Nie te kak vir’ n local band nie. Gordon Raphael het die laaste album produce (dis die einste bra wat The Strokes produce het) en het ‘n great job gedoen. Hoor my lied: Dit is net ‘n kwessie van tyd voor hierdie ouens op verhoë reg oor die wêreld speel.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *