Planet Joy – Crocodile

Die laaste ruk word Suid-Afrika al hoe meer bederf met live musiek. Daar is elke naweek ‘n live show om te gaan kyk. Veral hier in Pretoria. Na Jon Savage se opinion artikel “Local is not Lekker” gister, het dit my ook laat dink oor die local musiek scene en die local bands.

Ek stem nie saam met alles wat Jon sê nie. Eerstens probeer meeste bands in Suid-Afrika nie soos ander local bands klink nie. Daar is die wat dit wel doen en hulle duik gewoonlik gesig eerste in die grond vas. Maar ons het baie unique sounding bands in SA ook. Ek stem wel saam dat ons heeltemal te min regte goeie bands het. Veral as dit by rock/alternative musiek kom.

Van die 100 bands wat gereeld in SA optree is seker 10 regtig goed. Ons moet oor die idee kom dat net oor ‘n act local is, moet ons sê hulle is cool. Slegte musiek is sleg – maak nie saak waar dit vandaan kom nie. Staan op vir wat reg is en support die ouens wat dit verdien oor hulle musiek cool is en hulle live shows befok is.

Planet Joy is een van hierdie bands wat dit kan maak. Ek gaan hulle Vrydagaand vir die eerste keer live by Arcade Empiresien. Hier is so smakie van Planet Joy. Van Coke Kartel en Springbok Nude Girls speel ook Vrydagaand by Arcade Empire. Wat dink julle van SA musiek? Is local lekker?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"