Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Prodigy – The Day Is My Enemy

The Prodigy het ‘n nuwe album uitgebring en ek het dit heeltemal gemis. Ja, die internet help gewoonlik dat ek kan byhou met verwikkelinge, veral as dit kom by die musiek waarvan ek hou. Ongelukkig is daar ook so baie musiek waarvan ek hou dat dit soms veroorsaak dat ek iets mis, hier en daar. The Prodigy se nuwe album, The Day Is My Enemy, is een van daardie goed wat ek gemis het. Die nuwe album is al uit sedert 30 Maart 2015.

Wild-Frontier-The-Prodigy

Vanoggend het ek vir die eerste keer “Wild Frontier” gehoor en toe besluit om die album vir my te kry. The Prodigy het my nog nie teleurgestel met enige van hul albums nie en ek het my vrou amper van haar kop af gedryf toe ek Invaders Must Die op repeat geluister het vir maande. As jy ‘n fan is van The Prodigy kan jy gerus maar vir jou ook The Day Is My Enemy kry want jy sal dit geniet.

As jy nie oortuig is nie, hier is ‘n klein voorsmakie van die nuwe album in die vorm van “Wild Frontier”. Die song is bad ass en die video is ook baie cool. Fokket as alle electronic musiek maar net so cool was soos The Prodigy en Nine Inch Nails sou die wêreld ‘n heelwat beter plek gewees het.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *