Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Axl Rose word uitgejou by Rock ‘n Roll Hall of Fame

Almal weet van die omstrede frontman van Guns N’ Roses, Axl Rose, maar nie almal voel dieselfde oor dié rocker nie. Sommige mense haat hom, ander fantaseer oor hom.

Dit is geen geheim dat Rose al baie kak aangevang het nie. Dit lyk my ook nie dat hy beplan om op te hou nie. Rose het verlede week geweier om ‘n uitnodiging te aanvaar na die amptelike partytjie vir Guns N’ Roses se opname in die Rock ‘n Roll Hall of Fame. Die oorspronklike lede van die band was die afgelope Saterdagaand daar, maar Rose, wat nog toer onder die Guns N’ Roses naam saam met nuwe supporting band-lede, was nie.

By die partyjie het 6000 mense Rose begin boo toe Billie Joe Armstrong, hoofsanger van Green Day, die toekenning oorhandig het. Armstrong het gesê: “Most singers are crazy, I can vouch for that”. Armstrong het verder vir Rose geprys deur hom te beskryf as een van die beste frontmen in die bedryf. Ons almal sal seker saamstem dat Rose pretty fucking amazing was voordat hy begin grens het oor die lewe. “Sometimes you have to look back at chapters of your life before you move forward,” was Armstrong se laaste woorde.

In 2006 het die Sex Pistols ook geweier om deel gemaak te word van die gesogte minderheid in die Rock ‘n Roll Hall of Fame. Toe die eer nou vir Guns N’ Roses te beurt val, het Rose darem die ordentlikheid gehad om ‘n brief te skryf waarin hy die prys van die hand wys, al was hy te pissig om die party by te woon.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *