Gevaaalik.com Die gevaaalikste website op die interweb dansbaan

3May/1317

Pierewaaier Dans – Hans Drom

Posted by Ruan Stix Fourie

Pierewaaier Dans Drommedaris

Ek weet nie deur hoeveel van die video's ek nog gaan kan deur werk voor ek 'n geweer in my mond druk nie, maar ek is nog hier so kom ons ry die perd se rug tot hy breek. Die keer het ons vir Hans Drom met "Pierewaaier Dans". Toe ek oorsronklik die video se link deur e-mail gekry het was ek vanplan om niks te doen nie. Tot dit onder my aandag gebring is hoe hans Hans Drom is op sy Youtube channel. Dit help nie jy los comments nie want hy delete net alles. So kom ons gesels eers oor so paar dinge wat hy gesê het.

Eerstens, as jy nie slegte kritiek wil hê nie, moet dit nie op die internet sit nie, Hans. E-mail dit vir jou ma, sy hou seker van alles wat jy doen. Moet ook nie dink dat as jy dit delete dit gaan weg wees nie. Eens op die internet, altyd op die internet. Moet ook nie vir mense sê hulle is lafaarde omdat hulle onder skuilname comments los as jy self onder 'n skuilnaam lewe nie. Moet my nie vir 'n oomblik vertel dat Hans Drom jou regte naam is nie. Reg, oor na die video.

Update: "drommedaris1" se comments is intussen deur Youtube remove oor sy comments te veel down votes gekry het. Welgedaan gevaaalik.com lesers. Weereens maak julle jul stemme dik en die wêreld luister!

Pierewaaier Dans

Ja ek het die "n" in die woord "want" uitgelos. Ek is jammer en ek sal dadelik die WAT drie keer gaan deur lees

Ek het kliphard gelag en die video was nog net 3 sekondes in. Die rede hoekom ek so erg gelag het is dat Hans een of ander sound effect oor sy stem gesit het reg aan die begin van die video dan hoor jy hoe sê so robot stem: "Pielewaaier dans". Ek mag dalk die enigste persoon wees wat dit al gehoor het of, dalk is Hans se musiek vir hom ook kak en dus het hy self nog nooit die song geluister nie. Ek gaan nie eers praat hoor Hans se hare of sonbrille binne 'n gebou nie, duidelik besit hy nie 'n spieël nie.

Aangaande die girls in die video: Weet hulle ouers dat hulle skool gebunk het om in die "Pielewaaier Dans" video te wees? Die oudste meisie lyk asof sy miskien 15 is. Not cool. Dit is ook hier wat ek besef het dat dit 'n trotse ou Afrikaner volksliedjie is, "Jan Pierewiet". wat hier verkrag word. Dit is ook hier waar ek die musiek moes mute voor ek die sneller van die geweer in my mond trek. Kort na dit het ek die video gepause en besluit om 'n paar skote in my agter tuin die gaan aftrek om die woede uit te laat.*

Hierdie techno verkragting van die Afrikaanse kultuur gaan vir 'n ruk aan terwyl Hans vreemde dans moves doen en die robot weer begin sê: "Pielewaaier dans, check it uit". Dan dans die boerseun protagonist en die girls like nie sy moves nie, hy het niks op Hans Drom se spiff dans moves nie. Intussen het Hans Drom sy electonic dromme begin moer. Dit is hier waar ek finally opgegee het.

Ek dink dit is veilig om te sê dat as jy hierdie video en song like gaan ek en jy glad nie oor die weg kom nie, maar dit is ok. Ons hoef nie. Daar is ook die wat sê ek dra by tot die Afrikaans-pop se publicity wat hulle kry. In Hans se eie woorde: "Tenminste het ek al iewers die nuus gehaal". Ja ou perd, maar as jy nou sulke onnosel stellings wil begin rond gooi moet ek jou net herhinder dat Julius Malema ook die nuus gemaak het so paar keer, iewers.

*Ek besit nie regtig 'n vuurwapen nie. En voor jy begin grens oor ek net afbreek en geen Afrikaner kultuur het nie: Daardie is Afrikaner kultuur wat ek nie nodig het nie en hou op om alles so ernstig op te vat. Jy maak die lewe vir jouself moeilik.

24Apr/139

Ruan de Waal – Karaoke Ou

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek het 'n ding begin met hierdie fokken video's. En lyk my julle soek net nog. So toe kry ek gister deur middel van 'n Facebook message die link na Ruan de Waal se "Karaoke Ou". So hier gat ons.

Ek wil al vir 'n rukkie 'n artikel skryf met die naam "Hoe om 'n man te wees" omdat ek dink baie ouens sien te veel kak Brad Pitt Chanel No 5 advertensies. "The world turns and we turn with it.", fokof jy en jou fokken wit en swart advertensie vol nonsens statements wat geen sin maak nie sommer nou voor my aangesig. Ruan de Waal maak dit duidelik in die eerste minuut van die video dat die lyn tussen man wees, en "fake actor dude wat betaal word om 'n poes te wees" vir hom erg geblur is.

Ruan De Waal - Karaoke Ou

Ruan de Waal; Jip, jy kan nie 'n ou met highlights trust nie. Hy gaan weg hol soos 'n bitch as daar kak is.

As jy 'n ou is straighten jy nie jou hare nie. As jy 'n ou is en jy straighten jou hare is jy 'n doos. En jy kan grens daaroor soveel as wat jy wil, dit gaan nie verander dat jy 'n doos is nie. Jy kan die situasie nog red; hou net op jou hare straighten. Wees eerder die ou wat 'n doos was, maar nou nie meer is nie. Selfde tell vir haardroërs as jy kort hare het. Ruan de Waal sit neer jou straightener.

"Gedress om te impress en om soos Ray Dylan te lyk" is net van die kosbare lirieke wat jou sal laat wens dat jy eerder doof is. Kyk Ruan as jy nie die obvious probleem in daardie lyn sien nie is daar geen hoop vir jou nie. As jy sê jy gaan soos Ray Dylan aantrek om iemand te impress is jy sekerlik oppad Presley's toe. En om iemand te wil impress by Presley's is soos om 'n nuwe TV te try optel by 'n garbage dump. Jy gaan iets optel, maar dit gaan nie lekker, mooi of slim wees nie.

Natuurlik word Ruan de Waal se stem ook ge-auto tune. As Ruan wou gehad het hy moet klink soos 'n vroulike-Japenese-robot-sex-slaaf dan het hy dit 100% gedoen gekry. Ek kry die gevoel dat hierdie video en song 'n grap is. Ek hoop so. My grootste probleem met Afrikaans-pop is dat dit kak is.

Ek is so effen gespam met links na die video, (Spam is nie die pad na my hart nie) so dankie aan die wat dit eenkeer gestuur het en fok jou aan die wat die meer as een keer gestuur het. Brace yourself, die een is erg.

19Apr/137

Natasha – Boe ba bokkie

Posted by Ruan Stix Fourie

Ja, die video en musiek is net so onnosel soos die naam. Natasha se "Boe ba bokkie" is bewyse dat die epidemie van toondoof en onnosel nogsteeds 'n probleem is onder Afrikaans sprekende mense in Suid-Afrika. Ek weet niks van Natasha nie en ek weet ook nie wat beteken "Boe ba" nie. Dus baseer ek alle afleiding wat ek nou verder gaan maak 100% van die video af.

Heel eerste ding wat jy agterkom uit die video is dat Natasha glad nie so onskuldig is soos wat sy wil hê ons moet dink nie. Sy wys dit blatant deur die bakkie te was in haar bikini top en kort broek. Kyk hoe is die broek strategies los voor. Ek sal verby hou dankie, maar daar is baie ou boere ooms wat laas so harde horing gehad het toe hy Viagra getry het. Given die ligging van die video op 'n plaas is, sou ek sê Natasha het haar teiken mark mooi gekies.

Boe Ba Bokkie - Natasha

As jy gedink het jy gaan intelligente of thought provoking lirieke in "Boe ba bokkie" kry dan gaan jy diep en inniglik teleurgesteld wees. Die heel eerste lirieke wat jy hoor is "oe ah bokkie" wat 3 keer herhaal word. Hierdie eeste lirieke is gebasseer op die geluid wat die ou boere oom maak terwyl hy 'n dratie kap oor Natasha wat die kar was. Dan hoor jy Natasha probeer sing. Dit is dadelik opvallend hoe vals sy is. Duidelik haat haar ouers haar, want hulle lieg nog haar hele lewe lank vir haar deur vir haar te sê sy kan sing.

Gelukkig as jy voel jou aandag moet afgetrek word van haar stem kan jy jouself verstaar aan die kitch-Afrikaaner decor wat in Natasah se huis is. Haar kêrel in die video het die kans gehad om ons almal se leiding tot 'n einde te bring, as hy maar net daardie bakkie se bonnet toe geslaan het toe sy op die engine gesit het. Dames, as enige ou ooit vir jou sê: "Bo ba bê bokkie, ek is lief vir jou", trek die sneller van die geweer en hardloop so vinnig as wat jy kan weg van die ou af weg.

Toe Natasha vir haarself begin make-up aansit toe kan en dit nie meer vat nie. Ek kan net soveel breinskade afweer in een dag. Hier is die video, ek is jammer.

Dankie aan JP en Benru wat altwee die video vir my gestuur het. Dankie dat julle my ore AIDS gegee het.

29Jan/1393

Deon Esterhuizen – My Meisiekind

Posted by Ruan Stix Fourie

Ek weet nie hoekom doen ek dit aan myself nie. As ek 'n link na 'n music video kry wat se naam "My Meisiekind" is, behoort ek van beter te weet as om daarna te kyk. Ek weet van beter, maar tog moet ek dit kyk sodat ek julle kan vertel hoe kak dit is. Deon Esterhuizen se song "My Meisiekind" is baie sleg, so sleg jy gaan wens jy was doof.

Deon Esterhuizen - My Meisiekind

Deon is 'n ouer ballie, ek skat vroeg 50's. In die video sing hy van hoe graag hy eerder 'n jong dame wil hê as die ouer dames. Die dame op wie Deon fokus  perv in die video is baie jonger as hy. Deon begin dan die jong dame rond volg en koekeloer vir haar deur bosse. Nie die vinnigste pad na 'n jong dame se hart nie.

Ek wens iemand wil vir Deon vertel dat jong dames net een ding soek in 'n ou ballie; hulle soek geld. En as ek so kyk na die production value van die video is dit duidelik iets wat Deon nie baie van het om rond te gooi nie. Vat 'n bladsy uit die boek van Hugh Heffner, hy maak nie kak Afrikaans-pop musiek om die jong dames se aandag te kry nie, hy gooi hulle toe met geld en diamante.

Kom ons wees gou ernstig vir 'n rukkie. Onder die video op Youtube staan: "Deon Esterhuizen se nuwe afrikaanse sokkie treffer. Kom ons maak hom groot met youtube". Ek is seker daarvan dat Deon en sy kalante nie my kommentaar oor sy video of song gaan geniet nie, maar hou net in gedagte dat dit wat op die internet is kritiek gaan kry of jy daarvan hou of nie. As jy nie sulke goed oor jou kak musiek wil lees nie, hou jou musiek eerder vir jouself.

Ok. Hier is die video. Check die "Kommin Titanic" moment by 01:57. Ek wonder hoeveel is die arme dame betaal dat Deon haar so kon grope tydens die shoot van die video. My guess is heeltemal te min.

En 'n baie groot fuck you very much aan @BaasDeBeer en @charlsiebun wat die een onder my aandag gebring het en die res van my dog omgekrap het. Jissis.

15Nov/1279

Dirk van der Westhuizen – Die nuutste drol in Afrikaanse pop

Posted by Ruan Stix Fourie

In my eerste artikel wat ek vir Zeplin magazine geskryf het raak ek vlugtig aan die onderwerp van Afrikaanse popmusiek en dat dit (en fans van daardie kak) 'n dying breed is. Die feit van die saak is dat dit regtig 'n dying breed is, maar die dying breed van Afrikaanse pop se laaste stuiptrekkings kom nou deur en Dirk van der Westhuizen is een van daardie stuiptrekkings.

Dirk van der Westhuizen Supercool Gangnam Style

Die liewe fok alleen weet wat die ou gedink het toe hy hierdie vrygelaat het op die internet. Die song se naam is "Supercool" en al dink Dirk hy is poescool in die video is hy alles behalwe. Ek dink Dirk het besef dat dit nie regtig supercool is nie en daarom het hy die comments afgesit op die YouTube video hier onder. Kom ons wees eerlik, as Dirk gedink het sy eie song is cool sou hy die comments aan gelos het, maar hy weet dat die groot meerderheid mense gaan sê hy moet selfmoord pleeg. YouTube is nie vir sissies nie.

Dirk probeer die "Gangnam Style" golf ry, maar hy is die bietjie stadige neef wat altyd saam wil gaan surf. Wanneer almal in die water is en begin golwe vang om te surf is Dirk die ou wat altyd net te stadig is met sy in paddle en dan die golwe elke keer mis. Ek is bereid om geld daarop te sit dat Dirk 'n hair straightner besit en die hair straightner lê sekerlik op 'n spieëlkas ook.

Alle grappies op 'n stokkie. Hierdie video is tos, die song is tos en die Autotune word verkrag asof hy die nuwe ou op Cell block D is. Dank vader dat die meerderheid van die jeug van vandag in Suid-Afrika na Van Coke Kartel, Goodnight Wembley, ens., luister eerder as Afrikaanse pop. Mag die gode met ons wees, want ons Suid-Afrikaners het 'n lang harde pad wat vir hulle voorlê as dit kom by die laaste stuiptrekkings van Afrikaanse pop. Nou is die vraag net wanneer gaan ons vir hulle begin pille gee wat hulle keer om voort te plant?

Is dit net ek? Of is daar iemand anders daar buite wat ook dink hierdie is kak? Laat weet my in die comments.

Dankie aan @Dappertrapper wat die kak onder my aandag gebring het.

5Apr/124

Dumpie se Maat – Afrikaans

Posted by Ruan Stix Fourie

Wat is erger as Lady Gaga? Iemand wat Lady Gaga probeer wees. Wat is nog erger as dit? Iemand wat Lady Gaga in Afrikaans probeer wees.

"Ekseem, dis 'n velprobleem, jik krap, jik krap, jik krap, jiiiiik". Daardie is net van die lirieke wat voorkom in hierdie pot kak wat die groep Duimpie se Maat beskryf as 'n "debuuttreffer". "Pagina, lek jou vinger en blaai hom om, pagina". Blykbaar dink Duimpie se Maat dat dit awesome is om met hul lirieke fokkol te sê.

Die musiekvideo skree stink van 'n groep wat bitter graag Lady Gaga wil wees, maar in Afrikaans. Daar is geen oorspronklikheid hier nie. Behalwe as jy die gepraat in die song eerder as sing as oorspronklik sien. Ek dink nie dit is oorspronklik nie, ek dink dit is wat jy doen as jy nie 'n musikale been in jou lyf het nie en nie 'n melody aanmekaar kan sit nie.

Duimpie se maat is 'n nuwe glam pop outfit al die pad van die Karoo af. Die outfit bestaan uit hoofsanger Glam Princess Duimpie se Maat en haar 2 Koerhoere Jammer pappa en 2de Beste wat Afrikaanse pop (met hulle foot tapping beats en catchy lyrics) na n nuwe level vat!!!

Dit is hoe die groep hulself beskryf op hul Facebook fan page. "Myne stink nie, myne is mooi". Fokkit, ek wil nie eers weet waarna word daar verwys in daardie treffer van 'n liriek nie. Duimpie (dit is nou blykbaar die lead vocalist van die groep) verskyn herhaaldelik in die musiekvideo in een of ander vreemde bal in 'n swart one piece swimsuit en fishnet stockings. Duidelik word die "sex sells" approach hier ook gebruik, net jammer dat die sexual aard van die rooi lippies nie die kak musiek kan laat verdwyn nie. Die groep voel ook dat dit nodig is om hulle groep se naam herhaaldelik te sê in hulle lirieke. Hulle is seker bang ons vergeet wie hulle is.

Daar is eintlik mense wat van hierdie stront hou, maar dit verbaas my nie eers meer nie. Onthou daar is mense daar buite wat van Kurt Darren ook hou. Smaak verskil. As jy kans sien om jouself te martel, kan jy Duimpie se Maat "Afrikaans" kyk in die video hier onder. "Ek is kaal in my moedertaal, Afrikaans" is ook van die lirieke. Gaan wees eerder kaal in 'n porn movie, julle sal baie meer sukses daar bereik.

Page 1 of 212
Follow

Get every new post delivered to your Inbox

Join other followers