Kommin Afrikaanse musiek kry ‘n hupstoot*

Jakkie Louw (kak foto), waarskynlik die onoorspronklikste Afrikaanse vermaaklikheidster in die wêreld (en dit is ‘n titel wat ek nie maklik toeken nie – ek meen fokkit, daar is doos baie onoorspronklike Afrikaanse “sangers” in die omtrek), gaan sy onoorspronklike wysheid deel met onoorspronklike sokkie-bokkie-fokkie-aspirante.

Beeld berig dat Louw ‘n “Bybel” gaan publiseer vir jong en “opkomende” (m.a.w. hulle word populêr, nie hulle kom heeltyd op hulself nie) vermaaklikheidstrolle soos Louw self. “Dit sal bekend wees as die liedjieskrywer se Bybel,” het Louw met ’n “stout glimlag” gesê… sê Beeld. Ek is persoonlik nog elke keer verbaas as hy dit enigsins regkry om iets te sê en nie net te kwyl nie. Aangesien al sy musiek op een of ander wyse gaan oor seks, tos, drank, kommin vroue, seks, die kroeg, rugby, tos, kommin vroue, en o ja, liefde, is ek verbaas hy kan enigiets sê sonder om sy gespreksgenoot te begin dry hump. Maar voor ek verder hierop ingaan, kom ons kyk eers gou weer na Louw se eie musiek, soos die treffer “Gemaak in SA”. Sy lirieke is diep. So diep dit sny mens:

En dis te goed om te glo
Nee ek sê nie net so
Dis die waarheid
Vertel ek vir jou

Ek dink nie ek hoef verder oor hierdie kak uit te wei nie. Ek het immers al voorheen daaroor geskryf. Beeld berig verder dat Louw tussen sy dry humping, babasoenery en kak musiekkonserte selfs tyd gekry het om onderhoude te voer met, and I fucking quote, “groot name in die plaaslike musiekbedryf”. Blykbaar is hierdie stelling waar en onwaar. Louw het gepraat met Steve Hofmeyr (granted, ‘n groot naam, maar dis al), Francois van Coke en Jack Parow (groot name inderdaad), “die skakelbeampte Lydia Winchester” (ek wonder of hy met Jerry Koekemoer die skoonmaker ook gepraat het, want ons weet net soveel van hom as van Lydia) en die skrywer Deon Maas (uh… o) ten einde ‘n boek te create wat gaan oor “media-onderhoude, hoe kontrakte lyk, die finansiële aspek van ’n kunstenaar wees en hoe om ritmes en musiek met woorde te kombineer.” Hierdie is egter secret codes, en ons ontsluit dit vir jou:

  • “media-onderhoude”: Hiermee verwys Jakkie na hoe mens optimaal jou been kan lig teen elke Afrikaanse huishouding in die land deur hordes konstante onderhoude met Huisgenoot.
  • “hoe kontrakte lyk”: Kontrakte is papier wat voorkom dat jou sang-partner jou figuurlik in die hol naai, soos kommin Corlia met kommin Rudi gedoen het toe sy die lieflinge se tiete gebars het deur te fokkof.
  • “die finansiële apsek van kunstenaar wees”: Dit is ‘n korter manier om te sê “Hoe om geld uit kommin Afrikaners te tap soos water uit Vic Falls, terwyl jy ook eenvoudige ‘die kat sit op die mat langs die bad’-woordjies met synthesizers uitbalanseer”.

Om hierdie fantastiese aanbod nog aanlokliker te maak, gaan die boek ook vol gesegdes van plaaslike en internasionale vermaaklikheidsterre wees. Dit is duidelik dus vir mense wat nie van Wikiquote.org weet nie.

“Die doel van my boek is om jongmense aan te moedig om te begin skryf. Blackie Swart het in ’n stadium gesê die Afrikaanse musiekbedryf is soos ’n blik vol varsgebakte koekies. Almal haal koekies uit en die blik raak leeg. Ons soek iemand wat kan koekies bak. Kyk net hoe jonk was die liedjieskrywers by die Tempo-toekennings. Jongmense kán dit doen.” – Louw in Beeld (08/08/2011).

Ek dink dit is ‘n walglike mistasting. Die aanhaling hierbo moes eerder so gelyk het:

“Die doel van my boek is om my bankrekening aan te moedig om nog te groei. Blackie Swart het in ‘n stadium gesê die Afrikaanse musiekbedryf is soos ‘n blik vol varsgebakte koekies. Almal haal koekies uit en die blik raak leeg. Dit was ‘n klomp kak. Die Afrikaanse musiekbedryf is meestal ‘n groot hoop stomende kak. Almal dink heeltyd hulle vind diamante, maar eintlik is hulle hande net vol kak, en die hoop word al hoe groter. Ons wil nog mense laat verbeel hulle is koekies, terwyl hulle eintlik ‘n klomp drolle is. Kyk net hoe het talentlose Juanita du Plessis ‘n prys gewen by die Tempo-toekennings. Jongmense is meestal soos ander mense – talentloos. Hulle het almal ‘n liedjie binne hulle, maar meeste se liedjies moet maar eerder binne bly, anders kry ons nog herhalings van Rebecca Black se “Friday” of my eie “Gemaak in SA”. Dis wel nie noodwendig ‘n slegte ding vir bankrekenings nie – Afrikaners koop graag tos musiek.”

Het die Afrikaanse musiekbedryf regtig nog talentlose rymelaars met highlights, rympies en synthesizers nodig? Nee. En hoekom wil so min mense dit erken? Waarom word talentlose kak aangemoedig? Goeie musiek is meer as koekiesbak. Jakkie Louw is duidelik nie bereid om die drome van ‘n miljoen talentlose, mompelende poephol-kretins te vernietig nie. Ons is.

Mense wat dink hierdie boek (geskryf deur iemand wie se musiek eenvoudig, oppervlakkig en eentonig is) gaan hulle help om sterre te word, is waarskynlik net sulke kak “musiekskeppers” soos die skrywer van die boek.

Maar wie is ons in elk geval om so te sê? Hy is die bra wat eentonige, vlak tunes verkoop en skatryk word daardeur. (Wel ons hoop hy maak darem iets. Dit moet maar kak wees om so kak werk te doen en nie veel daaruit te maak nie.)

 

Jakkie Louw se musiek is meer in die sin van “Dra jou piel en ‘n kak op jou tong”, maar dit lyk nie goed as dit so obvious is nie.

* Moet nie gefnuik word deur die titel van hierdie post nie. As ek sê “hupstoot”, verwys ek na die stote in ‘n paarsessie tussen Rebecca Black en Justin Bieber se been (en ek bedoel letterlik sy been, want mens kan nie penismetafore gebruik met iemand wat nie ‘n penis het nie).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

string(7) "primary"